'N BELEWENIS (I)
deur Majoor Tiaan Crafford
Die Suid-Afrikaanse Polisiemuseum is in die statige en imposante Kompol-gebou in Pretoriusstraat nie ver van Kerkplein af nie geleë. ‘n Vriendelike konstabel groet my by die ingang. My aandag word onmiddellik getrek deur ‘n bykans lewendige toneel waar ‘n verlore kind – te oordeel aan die een skoentjie wat in die veld lê – gesoek word. Die teenwoordigheid van die bekommerde hondegeleider met sy speurhond skep egter ‘n rustige en tevrede gemoedstoestand.
Die blou polisielig oor die ingang van die aanklagkantoor lok my nader. Dit is ryklik versier met ou gebruiksartikels wat dateer vanaf 1913 toe die Suid-Afrikaanse Polisie tot stand gekom het. ‘n Boer wat kom hulp soek, sit aan die teenoorgestelde kant van die toonbank – of het hy net vir ‘n heen-en-weertjie kom dagsê? Buitekant volg ‘n idilliese buitetoneel met ‘n pragtige perd op stal – met saal, toom en al. Die woonkwartiere volg tereg met kookhoekie en alles wat nodig is om jouself en die uniforms skoon en blink te kry, jouself te was, ‘n verdiende nagrus te geniet en godsdiens te hou.
Die volgende waar ek gaan stilstaan is die toegeruste kantoor van die eerste Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie – dieselfde vertrek was inderdaad ook ingeruim vir Kommissarisse vanaf 1934 tot 1958. In skerpe kontras met die geriewe van die vorige saal – en verdien iemand dit nie wat die boonste trappie van die leer bereik het nie – is hierdie plek relatief gerieflik vir daardie era gemeubileer met onder andere ‘n groot swaar lessenaar op ‘n sagte mat, ‘n mooi hanghorlosie en kabinette met glasdeure, waarin rye kennis, statute, regulasies en orders staan. ‘n Silwer handewasbak wat uit ‘n staankas slaan, verleen verdere kleur aan die statige vertrek. Daar staan selfs ‘n yslike telefoon op die lessenaar.
‘n Krakende houtvloer kondig die saal aan waar die kleinode, besondere prestasies, uniforms, ensovoorts, van 7 voormalige Kommissarisse by lewendige potloodsketse uitgestal word. Kolonel (Sir) T.G. Truter, ons eerste Kommissaris, was opgevolg deur ‘n prokureur, kolonel I.P. de Villiers. Laasgenoemde was ons hoof vir 17 jaar lank vanaf Desember 1928. Die swierige swart menasiepak met jaartse ronde koord en 15 knope wat in krulle en draaie op die bors gedrapeer is laat jou 2 maal daarna terugkyk. Die rangtekens hoog opgeborduur met goue draad rond die uitrusting mooi af. Die lang en blink sabel van die innemende generaal-majoor R.J. Palmer, van suiwer staal, met fyn ingelegde patrone en kunstig gemaakte handbeskermer met hangende leertossels is elke man se droom van kindsbeen af. Ek het al baie gehoor van “Jan Kamas”. Onteenseglik moes dit generaal-majoor J.H. Brink gewees het want daar staan die onderwerp van sy bynaam – ‘n paar leerkamaste en spore – alles skitterblink. By die volgende uitstalkas sien ek eers die paar knewel leerpantoffels alvorens ek sien dat die baas daarvan generaal-majoor C.J. Rademeyer was – die Kommissaris tussen 1954 en 1960. Ek lees dat hy die man was wat ons Staande Orders gewysig het sodat elke lid in amptelike briefwisseling en in ander registers die taal van sy keuse mag gebruik. Die volgende Kommissaris was luitenant-generaal H.J. du Plooy en my oog val toevallig op een van die baie belangrike dokumente – ‘n bedankingsbrief van oud Staatspresident C.R. Swart met sy aftrede op 18 September 1962. Die laaste uitstalkas is gewy aan die gewilde generaal J. M. Keevy onder wie se leiding verskeie veranderinge bewerkstellig is. Hy het op 30 September 1968 op pensioen afgetree.
In die volgende saal speel die hele geskiedenis van polisiedienste vanaf die Ratelwag in 1686 voor jou af. Dis amper jammer dat mens nie ‘n dag se tyd het om die droomversamelings van uniforms, rangtekens, kentekens, knuppels, medaljes, dekorasies, lanterns en flitse te bekyk nie.
Die saal daarnaas was dekades gelede as ‘n kluis gebruik en kan slegs verby twee staaldeure wat in dik mure gegrendel is, betree word. Die uitstalling van verskeie soorte handboeie en ‘n rerige voetblok uit die vorige eeu is derhalwe paslik geplaas in hierdie selatmosfeer. Die ou Harley Davidson motorfiets met syspan en ander rytuie laat jou verlang na die rustigheid van vervloë dae. Daar is foto’s van kameel- en perdpatrollies.
Jy word skielik ontnugter wanneer jy uit ‘n stil kultuur-historiese atmosfeer pens en pootjies in die misdaadsaal beland met sy wrede werklikheid – ‘n mekka vir die misdadiger wat Sodom en Gomorra sal laat bloos. Gevaarlike wapens, messe, assegaaie en rewolwers is met voorbedagte rade self geprakseer. Foto’s wat die slagoffers van gruweldade illustreer en skedels waarin voorwerpe tydens aggressiewe dade bly sit het, laat jou versigtig rondkyk. Die mens se drang na geld en sluheid word treffend uitgebeeld met sprekende uitstallings oor muntvervalsing, vervalsing en uitgifte, onwettige handel in diamante en goud, huisbraak en veediefstal. Jy word effektief bedag gemaak oor brandstigting, en die nadelige gevolge wat veldbrande inhou. Jy kry ‘n jammerhart vir plant en dier by die aanskoue van veldbrande en wrede jagmetodes met slagysters en strikke van draad wat tot op die been sny.
Die wêreld van smokkel, dobbel en dwelms is ook nie deur die polisiekunstenaars en vakmanne gespaar nie. Ek staan stom van verbasing na vier foto’s en kyk wat van ‘n verslaafde meise op 18-, 22-, 23- en 24 jaar geneem is. Dit is ongelooflik om die aftakelende en vernietigende uitwerking van verdowingsmiddels op haar gelaatstrekke te lees. Op 24 lyk sy afgerem en moeg vir die lewe – gereed vir die graf.
Met dit in my gedagtes en dankbaar dat jyself nog nie ‘n slaaf is van al die swetterjoel misdade en vergrype nie, stap jy binne in die hande van die terroriste vas – slawe van die Kommunisme. Vir ‘n oomblik deel jy hul vesting onder die grond met hulle waar hul verraderlike planne teen ons land smee. Onwillekeurig beweeg jy verby hul gebruiksartikels, landmyne en foto’s van hul slagoffers en bose handewerk.
En dan die kontras – ‘n perd wat afbuk na sy gesneuwelde polisieruiter. Jy staan stil en kyk na die toneel. Jy kan nie die byskrif miskyk nie… “Vir jou Suid-Afrika!”

Uitgesaai deur die Afrikaanse Radiodiens (SAUK) in die program “In my kontrei”.
DEEL HIERDIE BLAD