'N BELEWENIS (II)
deur Majoor Tiaan Crafford
Met volle verwagting stap ek na die tweede deel van die Suid-Afrikaanse Polisiemuseum. ‘n Meer – die Boksburgmeer doem onheilspellend voor jou op – ‘n tas dryf op die water en jy onthou hoe die wêreld aan die praat was oor die afkopvrou-saak. Die laaste bedryf in hierdie drama was die selfmoord wat die vermoedelike moordenaar met elektriese krag gepleeg het. Ek vertoef ‘n paar sekondes by die toneel en loop my dan vas teen ‘n ewe makabere toneel – die Fosterbende. Die voorstelling van hul laaste oomblikke in ‘n grot waar die bende hul eie lewens en Foster besig is om die lewe van sy vrou te neem, voer jou vir ‘n oomblik terug na die jare in 1914.
Vervolgens van ons gifmoordenaresse met al hul duiwelse toebehore wat dit weer op hul brood gekry het vir hul dade deur vir die galg te kwalifiseer. Dit tref dat bykans alle moordenaresse in Suid-Afrika die mooi naam van “Maria” had – so ironies dat Maria die moeder was van Hom wat sonder enige kwaad is. Tussen al die besondere moordsake wat daarna uitgestal word, interesseer die moord langs die treinspoor my. Die moordenaar, ondersersant J.H. Coetzee van die Spoorwegpolisie, het aanvanklik gesorg dat hy die saak self ondersoek.
‘n Treurige dag vir die gemeenskap van Charlestown en die Suid-Afrikaanse Polisie was op 6 Mei 1927. Ses polisiemanne wat ‘n moeilike man, ene S.A.J. Swart, wou arresteer, word in mistige weer deur hom voorgelê - hy skiet vyf van die geregsdienaars dood en wond een. Nadat hy in sy waansin nog 3 mense gedood en 2 gewond het, skiet hy eers sy eie vrou dood en daarna homself.
Die lang arm van die gereg en sy vernuftigheid word duidelik in die volgende uitstalkas uitgespel. ‘n Onidentifiseerbare lyk wat in ‘n drom verbrand is word op 24 Augustus 1947 gevind. Nadere ondersoek dui daarop dat twee rewolwerskote deur die skedel toegedien is. ‘n Stukkie plaat met kunstande, gedeeltes van die verbrande klere en ‘n stukkie hemp met wasserykenmerke op die boordjie word ook in die drom gevind. ‘n Graaf lê ook naby die toneel. Uit die wassery serienommer word vinnig vasgestel dat die oorledene ene Douglas Barry Bruce was wat 10 dae vantevore vanaf Engeland hierheen geïmmigreer en by die Elgin Hotel, Johannesburg, tuisgegaan het. Ooreenstemmende wassery kenmerke op sy klere is in die betrokke hotelkamer gevind. Verdere speurwerk lei na Engeland waar onomwonde by ‘n tandarts vasgestel is dat die gevonde kunstande aan Bruce behoort het. Na ‘n intensiewe soektog word ‘n blanke man en ‘n dame gearresteer. Die eienaar van die graaf het nie vergeet wie sy graaf geleen het nie.
Verwonderd beweeg ek aan en verwyl enkele oomblikke by ‘n knap stukkie speurwerk – eerder ‘n spanwerk poging van verskillende afdelings in die Suid-Afrikaanse Polisie – wat ewe knap deur die ambagsmanne uitgebeeld is. Die uitstalling vertel ‘n verhaal wat in die eerste minute van 1 Januarie 1977 te Randburg begin het. ‘n Man vier die Nuwejaar deur ‘n skoot met sy geweer in die lug te skiet. Etlike kilometers daarvandaan dring die koeël deur die dak van ‘n huis en verwond ‘n 8-jare dogtertjie in haar bed. Sy word later as dood gesertifiseer. ‘n Koeël is aan die dogtertjie gevind. Die speurders vind die koeëlgaatjie wat die sinkplaatdak met ‘n sekere hoek bokant die bed van die dogtertjie binnegedring het. By die Ballistiese Seksie van die Suid-Afrikaanse Kriminele Buro is vasgestel watter tipe wapen die betrokke projektiel afgevuur het. Met die hoek waar die oorledene getref is en die koeëlgaatjie in die dak as basiese vertrekpunt, kon die Forensiese Laboratorium van die Suid-Afrikaanse Polisie Hoofkantoor vasstel dat die geweer ongeveer 3 kilometer suid-wes van die betrokke huis afgevuur was. Alle vuurwapens is derhalwe in die gegewe omgewing nagegaan en so kon die Suid-Afrikaanse Kriminele Buro ballisties vasstel welke vuurwapen die betrokke koeël afgevuur het. Die eienaar is skuldig bevind aan stafbare manslag.
Met trots stap ek aan verby die Stasiebom-geval van Harris, die skrikbewind van die Pangaman, muti-moorde en bevind my nou in die hut van ‘n toordokter – kleimure, grasdak en selfs ‘n beesmisvloer. ‘n Gebrek aan oorspronklikheid is nêrens te bespeur nie.
Dit bring my by ‘n geprakseerde voorarm met ‘n ysterhak vir ‘n hand wat ek laas slegs in my nagmerries as kind gesien het. Dit was ‘n ledemaat wat ene Willem McLaughlin of “One-hand-Mac” soos hy alombekend was, hier aan die beginkant van die eeu gebruik het. Behalwe dat hy vreesaanjaend was, was hy ook ‘n moordenaar wat ene Stevens doodgeskiet het. In ‘n kroeg trek die dienaars hom toe amper vas. Hy ontvlug en in die proses skiet hy nog ‘n man plat wat in sy pad was. Met ‘n fiets ry hy tot in Mosambiek, ontvlug vandaar na Australië waar hy uiteindelik gearresteer en uitgelewer word aan Suid-Afrika om tereg te staan op klagtes van moord. Voor sy vonnis van doodstraf het die Regter hom ‘n geleentheid gegee om iets te se. Hy het egter die vloek uitgespreek oor speurdersersant Mynott wat hom na Suid-Afrika ge-eskort het en oor die kaptein van die betrokke skip, die S.S. Waratah. Die sersant is kort daarna deur die Fosterbende voor sy huis doodgeskiet en die S.S. Waratah het die Durbanse hawe verlaat, soos “One-hand Mac” voorspel het, maar het op pad na Oos-Londen heeltemal verdwyn.
Met al die muti-moorde, toorgoed van die toordokter en vervloeking agter die rug verlaat ek vinnig maar trots die Suid-Afrikaanse Polisiemuseum. Dit was voorwaar ‘n belewenis.

DEEL HIERDIE BLAD