BRIGADIER GCR (GEORGE) BASTON KPM
Acting Commissioner of the South African Police from 1940 to 1945
Brig George CR Baston was acting Commissioner of the South African Police Force (1940 - 1945) whilst Maj Gen IP de Villiers served in the Union Defence Force. He was the first officer to hold the rank of Brigadier in the SA Police Force.
Dit sal ‘n erge versuim wees om die waarnemende kommissaris tussen 1940 en 1945, ons eerste polisiebrigadier, brig. G.R.C. (George) Baston, uit ons “galery van kommissarisse” weg te laat. Gedurende die betrokke tydperk is kol. I.P. de Villiers, wat as kommissaris aangestel is, aan die Unie Verdedigingsmag (UVM) toegewys en het brig. Baston as kommissaris waargeneem. Naas die Eerste Wêreldoorlog en die 1914-rebellie, was die Tweede Wêreldoorlog ook ‘n uiters moeilike tydperk in ons land se geskiedenis.
Gebore in Skotland, kom hy na Suid Afrika en sluit in 1901 by die SA Constabulary aan en in 1906 is hy reeds ‘n hoofkonstabel (Adjudantoffisier). Gedurende 1913 is hy ‘n eersteklas-hoofkonstabel en gou volg sy aanstelling as sub-inspekteur (Luitenant). Hy vorder redelik vinnig deur die range en word ‘n hoofadjunkkommissaris. Gedurende 1941 neem hy die leisels by genl.maj. I.P. de Villiers oor en in September 1942 word hy aangestel in die nuwe polisierang van brigadier. Hy was dus die eerste persoon in die polisie wat die rang van brigadier gedra het. Tydens sy aftrede word ruiterlik erken dat hy bevel gevoer het in ‘n uiters moeilike tyd. Hy word met die “King’s Police Medal” vereer. Hy word bestempel as iemand wat totaal apolities was wat geen vooroordele teenoor mense gehad het nie. Bron: Nongqai Vol 8 No 5 bl.. 18 |
1913 - 1994