South African Mirror
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us

COLONEL (SIR) TG TRUTER

Commissioner of the South African Police from 1913 to 1928

Kol. Sir T.G. Truter (1913 - 1928)
Kol. Truter is op 13 Oktober 1873 in George K.P. gebore, waar sy vader, mnr. J.C. Truter, ‘n bekende inwoner was wat verskeie kere as burgermeester van die dorp gedien het.  Sy skoolopleiding het hy op George, die Normaalkollege in Kaapstad en aan die Diocesan College in (Bishop’s) Rondebosch ontvang. Deur privaat-studie slaag hy in die regseksamen vir die Staatsdiens.

Op 1 Desember 1892 begin hy in die kantoor van die koloniale sekretaris in Kaapstad werk en word later tot hoofrekeningkontroleur bevorder.

Met die uitbreek van die tweede Anglo-Boereoorlog gedurende 1899 het hy as manskap by die Second Regiment of Light Horse aangesluit en is later tot offisier bevorder. Met die besetting van Pretoria word hy as hoofklerk van die landroshof aangestel en op 1901-03-16 as assistentlandros van Pretoria. Op 1904-12-01 word hy as residentlandros van Ermelo aangestel en op 1908-04-01 is hy in dieselfde hoedanigheid na Standerton verplaas.

Op 1910-07-01 word hy as sekretaris van die administrateur van Transvaal aangestel en beywer hy hom om die departement te organiseer.

Met Uniewording op 31 Mei 1910 het elke provinsie sy eie polisiemag gehad met ‘n kommissaris aan die hoof daarvan. Op 15 Oktober 1910 word Theodorus Gustaff Truter met die rang van kolonel aangestel as die kommissaris van die polisiemag van al vier die provinsies.

‘n Beraadsleggingskomitee is deur die regering gedurende Augustus 1910 aangestel om die amalgamasie van die verskillende polisiemagte te ondersoek en kol. Truter se taak en ideaal was om dit te verwesenlik. Die Transvaalse Polisie was op hierdie tydstip ‘n baie goeie gevorderde en gedissiplineerde Mag en gevolglik is die konsepwet vir die eenwordende Mag op die Transvaal Politie Wet, Wet 5 van 1908, geskoei.

Kol. Truter se ywer is beloon met die promulgering van die Polisiewet, Wet 14 van 1912 waardeur die Suid-Afrikaanse Polisie op 1 April 1913 tot stand gekom het. Hierdeur word hy dan ook aangestel as die eerste kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie, ‘n pos wat hy met onderskeiding vir agtien jaar sou beklee.

As blyk van waardering vir sy bydrae tot die amalgamasie van die verskillende magte in een Polisiemag, ontvang hy op 31 Desember 1917 die “Companion of the most distinguished Order of St. Michael and St. George” (G.M.G.) asook die rangtitel, “SIR”. Op 3 Junie 1924 word hy tot Britse Ridder geslaan met die toekenning van die “Knight Commander of the British Empire” (KBE) aan hom.
​
Gedurende die agtien jaar as kommissaris het kol. Truter een van die onstuimigste tydperke in die land se geskiedenis deurgemaak, waar hoë vereistes aan die Suid-Afrikaanse Polisie en sy lede gestel is. Nie alleen was daar interne probleme nie, maar gebeure buite die Mag het uiterste beproewinge daargestel wat oorkom moes word. Net ‘n paar hiervan was:
  • Die Mynstaking aan die Witwatersrand van 1913.
  • Die industriële Staking van 1914.
  • Die Eerste wêreldoorlog van 1914 tot 1918.
  • Die geweld van die berugte Forsterbende gedurende 1913 en 1914.
  • Die dood van Genl. De la Rey en die Rebellie gedurende 1914 tot 1915.
  • Die Polisiestaking op 2 November 1917.
  • Talle onluste en opstande, soos die onluste in Port Elizabeth in 1920, Die Bulhoekopstand in 1921 en die berugte Mynstaking in 1922 aan die Witwatersrand wat bykans ‘n rewolusie veroorsaak het waarin talle lede van die Mag gedood en beseer is.
SERVAMUS NOVEMBER 1986SERVAMUS NOVEMBER 1986
Op 30 November 1928 het kol. Truter, die grondlegger en “vader van die Suid-Afrikaanse Polisie,” afgetree na ‘n tydperk van 36 jaar in diens van die staat. Dit was egter nie die einde van sy diens nie, want gedurende die Tweede Wêreldoorlog (1939-45) is hy as hoofbeheerbeampte van die Suid-Afrikaanse Interneringskampe aangestel. Verder het hy hom onderskei as ‘n veelsydige sportman het hy ook op die bestuur van verskeie organisasies in Pretoria gedien.

Op 25 Mei 1902 is kol. Truter in Pretoria met Henriëtta Martina Wagter getroud, ‘n huwelik waaruit twee seuns en ‘n dogter gebore is.
​
Op 1949-04-11 is hierdie pionier van ons Suid-Afrikaanse Polisie in die rype ouderdom van 76 jaar oorlede.

Na al die jare het die Polisiemuseum in besit gekom van twee uiters waardevolle items van hierdie groot figuur uit ons geskiedenis. Onlangs is wyle kol. Truter se amptelike en privaat .45 rewolwers deur sy kleinseun, mnr. Tim du Toit van Pretoria, aan luit. Pretorius van die Polisiemuseum oorhandig vir uitstalling en bewaring in die Musuem.
​
Hierdie twee vuurwapens, (die amptelike een is in ‘n uitstekende toestand) dateer uit 1917 en sal tussen sy persoonlike uitrusting wat reeds uitgestel word, vir die nageslag bewaar bly.

​Artikel opgestel deur luit. Sarel Pretorius (Polisiemuseum) – gepubliseer in SERVAMUS, November 1986.

SUPPLEMENT TO THE NONGQAI - DECEMBER, 1910
SUPPLEMENT TO THE NONGQAI - DECEMBER, 1910
THE NONGQAI - JUNE, 1927
THE NONGQAI - JUNE, 1927

Col TG Truter refused the rank of General in the South African Police
Col TG Truter refuses rank of General in SA Police - Nov. 1923
Letter addressed to Lt Col HC Bredel (Secretary South African Police, Pretoria) signed by Col TG Truter - declining to accept that the rank of Commissioner be raised from Col Maj to General.
Next Commissioner
SA POLICE COMMISSIONERS
1913 - 1994
SEARCH THIS WEBSITE
EXPLORE CATEGORIES
Equality before the Law
Equality before the Law
Former SAP Members Benevolence Trust
Former SAP Members Benevolence Trust
Publications
Publications
NONGQAI - Your national security history magazine without malice.
Free monthly publications
Former SA Police: 1913 to 1994
QUICK LINKS
Press Releases - Equality before the Law
Persverklarings - Gelykheid voor die Reg
Publications / Publikasies
Nongqai Magazine Latest Editions
Historical Documents
Police Commissioners
Police Memorials and Buildings
South African Mirror - Logo
South African Mirror
DISCLAIMER
CONTACT US
UPLOAD FILES
www.samirror.com

Website by Elsden Design Services
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us