DIE LEKKER VAN POLISIEMAN WEES
deur Majoor Tiaan Crafford

Omdat ‘n polisieman gedurende sy loopbaan met alles en alle soorte mense onder die son te doene kry, is sy lewe ryk aan mensekennis en ervaring – ‘n groot deel waarvan op die komieklikste wyse na sy kant toe kom. En moenie dink hulle is sulke engeltjies nie – self ook maar lief om ‘n ui te tap.
So het die speurders op ‘n plekkie in Natal gedink hulle sal die stasiebevelvoerder ‘n kool stowe toe hulle op ‘n ongeluk afgekom het waarin 4 mense beseer was. Hulle het ‘n jong “rekruut” voorgese om die betrokke stasiebevelvoerder te skakel en, in analogie van die Dierebeskermingswet dat lydende diere afgemaak kan word, hom mee te deel van die ongeluk, dat hy ingevolge die wet ‘n grondeienaar se toestemming gekry het en daarna die vier beseerdes doodgeskiet het. Die stasiebevelvoerder het ten aanhore van hierdie makabere verhaal die stasie met telefoon en al uitgestorm en die pad fyn gedeel.
Dis lekker om soms vir onsself te lag. ‘n Konstabel het een keer op diens sy stewels uitgetrek en so ‘n uiltjie geknip. Toe hy wakker word was sy stewels gesteel – hy het dit tot vandag toe nog nie weer gekry nie.
Baie jare gelede het die Opleidingskollege ‘n spoggerige Shetland-ponie by name Christmas gehad wat saam met sy geleider voor in parades gestap het. Die twee was soos Dawid en Jonathan. Op ‘n dag is albei in die stal gevind – die skoot hoog deur. Dit was duidelik dat hulle al heelwat kromhoutsap ingehad het. Op ‘n vraag wat aangaan, het die geleider stamelend geantwoord: “Maar dit ish Christmas sje verjaarsdag”.
Die verleentheid word ook soms te groot om te hanteer. By gebrek aan boeie het ‘n konstabel een maal sy gordel gebruik om die onbeheerbare booswig mee vas te bind. Ten aanskoue van baie het sy broek afgeval, wat hy gedurende die gedoente amper verloor het.
In Windhoek het ons eens ‘n militêre begrafnis gehad. Op die heel stemmigste stadium moes die trompetter die laaste taptoe blaas. Erens het hy die kluts kwytgeraak en die deuntjie wat gespeel word om persone na ‘n eetsaal op te roep “Come to the cookhouse door, boys” geblaas.
‘n Konstabel het eenkeer ‘n dame wat ‘n verkeersoortreding gepleeg het probeer stop deur op sy fluitjie te blaas. Al reaksie wat van haar kant gekom het was ‘n skewe gesig wat sy vir hom getrek het. Hy het nie op hom laat wag nie en so ‘n afgryslik lelike gesig vir haar terug getrek dat sy kakebeen heel uitgespring het. Dit kom nou daarvan as ‘n mens lelik wil wees.
Op Newcaste het ‘n onwettige diamanthandelaar hom as ene luitenant van Tonder van die Suid-Afrikaanse Polisie, met aanstellingsertifikaat en al, voorgedoen. Hy het seker gedink hy droom toe hy gearresteer word deur ‘n werklike luitenant van Tonder.
Dan wonder ‘n mens of die kool die sous werd was in die volgende geval. Die polisie het oop en toe by ‘n brandende skuur, waarin 15 000 baie gras was, aangekom. Kort voor lank was die vuur geblus, maar nie met water nie – dit was nie byderhand nie – met kanne wyn.
‘n Man is op ‘n dag aangekla dat hy sy seun by die suster van sy voormalige vrou gesteel het – dit terwyl die seun so vuil was dat niemand hom uit die ashoop sou wou skop nie. Op ‘n vraag waarom hy dan nou sulke dinge doen, was die verweer: “Om hom ‘n slag te bad”.
Ook raar, maar waar, het hom jare gelede in Alexandra woonbuurt, Johannesburg, afgespeel – weer ‘n bewys dat ‘n skrobbering op sy tyd altyd vrugte afwerp. Die adjudant-offisier het ‘n jong Swart man langs die pad gesien, wat hy wou ondervra. Laasgenoemde het die hasepad gekies, maar is ingehaal. Hy wou boonop nie die geregsdienaar se vrae beantwoord nie. Die adjudant-offisier het hom deur die mosterd getrek en ‘n oorveeg gegee. Die volgende oggend sien die adjudant hoe die moeilikheid aankom toe hy deur die venster van sy kantoor kyk. ‘n Horde swartes, met die betrokke jongman vooraan, is in aantog om hom te kom aankla! Hy wonder nog waarheen hy nou verplaas gaan word, toe kom die lofbetuigings en eerbetonings van die groep na sy kant toe. In groot dankbaarheid word aangekondig dat die Swarman vir die eerste keer in sy lewe kon hoor – te danke aan die oorveeg.
Selfs kriminele maak ook soms die werk van polisiemanne ‘n plesier met die dinge wat hulle aanvang. Een is op ‘n dag vrygespreek omdat hy ‘n polisieman platgeslaan het. Aan hom is gevra wat sy verweer is: “Ek het ‘n by op die kraag van sy uniform gesien en wou nie dat die hom steek nie”.
‘n Bankrower is weer in dieselfde bank, wat hy 6 dae vantevore van R5 000 beroof het, gearresteer. Hy wou die Adam aflê en het teruggekom om vir hom ‘n spaarrekening te open.
‘n Ander man het die polisie een nag op hol gehad toe hy hom vroeër in die hotelregister ingeboek het en sy beroep as ‘massamoordenaar’ aangedui het. Sy verweer was dat hoteleienaars nie die reg het om te weet wat sy beroep is nie.
Op Magaliesburg het ook eendag ‘n snaakse ding gebeur. Toe die stasiebevelvoerder die oggend vroeg die selle wou besoek, het dit soos mis voor die son verdwyn. Gedurende die nag het die prisoniere die sinksel, wat op die grond langs geroes het, van binne af opgetel en daarmee weggeloop. Eendrag maak mos mag!

Uitgesaai deur die Afrikaanse Radiodiens (SAUK) in die program “In my kontrei”.
DEEL HIERDIE BLAD