DIE POLISIEMAN EN SY TROETELDIER
deur Kaptein M. de W. Dippenaar

Van studente in die algemeen word gewoonlik met groot meerderwaardigheid gesê dat hul optrede en verspottighede tog maar oor die hoof gesien moet word – hulle is in elk geval nie mense nie! Van polisiemanne sal dikwels uit misdaadgeledere verklaar word dat ‘n platpoot ‘n vark is of selfs ‘n hond – die uitleg van hierdie stukkie “lewenswaarheid” moet dan wees dat ‘n geregsdienaar geen gewete sou hê nie. Wàt kan verder van die waarheid wees! Die polisie is lief vir diere en gun aan elke diertjie sy plesiertjie – solank dit binne die grense van die Wet is, bygese! Maar jou saak is jou saak, veral as daardie saak ‘n polisieman se troeteldiere aanbetref. En dis net hier waar al wat geregsdienaar is se Achilles-hiel blootgelê word.
Daar waar ‘n klomp konstabels, sersante en hoër range op die grense van ons land saamgetrek word vir grensdiens word immer en altyd troeteldiere aangetref. Oor die grillerige aard van sommige van die diere sal ons maar liewer nie veel sê nie. ‘n Hond en ‘n kat kan al amper as standaarduitrusting op ‘n grensbasis beskryf word. Donkies, voëls, ape en, in een geval, selfs ‘n zebra en ‘n olifant wat onafskeidbaar bevriend is met mekaar, kom in mindere of meerdere mate taamlik algemeen voor. Minder algemeen is sulke grillerighede soos bobbejaanspinnekoppe, likkewane en verskillende soorte slange. Laasgenoemde troetel – “goedjies” is darem gewoonlik persoonlike eiendom en word met die grootste liefde en sorg vertroetel deur sy polisieman-baas.
Dit is ‘n ongeskrewe reël onder polisielede op grensdiens dat ‘n troeteldier slegs vernoem mag word na (1) die betrokke kompanie of (2) ‘n persoon uit eie geledere wat om een of ander uitstaande persoonlikheidskenmerk ‘n groot indruk op almal gemaak het. Op enkele uitsonderings na word aan die dier dan nog ‘n rang toegeken. So kry ons sersant Romeo – ‘n getroue ou basterbrak êrens in ‘n basis op die R.S.A.-grens, Fourie en Fourie-se-vrou – twee apies wat tydens ‘n padblokkade vir “lelik op straat” in hegtenis geneem en behou is – en konstabel Lima – ‘n getroue huiskat wat sorg dat haar grensbasis vry van muise en rotte gehou word.
Geen grensbasis het ook net een dier nie – daar is talle van verskillende spesies wat in die grootste liefde en buurmanskap saamlewe binne die grense van die kamp.
Wanneer kompanies wissel, word daar met groot hartseer afskeid geneem van die diere-vriende en met dreigemente wat ruik na sulfer en swaelsuur word die diere vir toekomstige versorging, saam met die res van die amptelike toerusting, aan die volgende kompanie oorgedra. ‘n Polisieman se sagte hart is soms moeilik om te begryp. Moontlik sal die psigiaters eendag met vele interessante verklarings vorendag kom.
Maar nou wonder ‘n mens; gaan dit by die polisiebeampte se eie huis beter as wanneer hy met grensdiens is. Die antwoord is definitief “nee”, maar die diere word darem op ‘n meer beperkte skaal toegelaat. Dit moet nie vergeet word nie – by die huis is vroulief daar om die gesag te handhaaf en met manlief so baie van die huis af weg met amptelike diens kan niemand haar kwalik neem as sy nie geneë neem met die gedagte om vir liefde met die diereryk te kompeteer wanneer eggenootpolisieman die slag wel by die huis is nie. Die gevolg is dat ‘n polisiehuisgesin gewoonlik darem ‘n hond of kat, of albei, het wat met hang-ore en hang-sterte getrou op hul uniform-draende baas sit en wag.
Vir menige inspekterende offisier het die verskynsel van troeteldiere in die enkelkwartiere ook al as ‘n taamlike tammeletjie na vore getree. Gewoonlik woon al die ongetroude lede op ‘n stasie by die enkelkwartiere in en dit kan nogal ietwat van ‘n problem-situasie skep as elke ongetroude polisieman met sy eiesoortige dierevriend sy intrek neem. Normaalweg sal amptelike wenkbroue dus net so effens lig oor ‘n goudvissie in ‘n bak of ‘n voeltjie in ‘n kou, maar verder as dit word dinge ook nie eintlik gevoer nie. Die skyn van afkeur moet darem net so ‘n bietjie deurskemer: net vir ingeval dinge later hande uit mag ruk, sien.
Maar, nou ja, soos die lewe maar is, het alle polisiebeamptes nie altyd ore om te hoor as daar gepraat word of oë om te sien wat in die reëls en regulasies uitgespel word nie – veral as daardie polisiebeampte jonk is en nog deur die skool van die lewe en deur die vereistes van sy beroep gedissiplineer moet word. Dit is dan wanneer kansvattery, ondeundheid of sommer net avontuurlus kaalhande oorneem en troeteldiere van alle soorte en groottes slaan skielik soos masels in die enkelkwartiere uit. Dis net meteens eendag mode – die in-ding – en almal het ‘n kat, ‘n hond, ‘n eend, ‘n spinnekop (‘n grote, natuurlik) of ‘n witmuis (wat weens die immorele aard van witmuise heel gou ‘n hele klomp witmuisies word) om die tyd mee te verwyl. En soos in ouerhuise word die onderwerp van vertroeteling, diepgaande bestudeer en bespreek. Gedragspatrone word ontleed, hulp en raad vryelik uitgedeel en elke nuwe toertjie moet tot vervelens herhaal word vir almal om te deel.
Dis dan wanneer polisieman-se-kind op sy gelukkigste is, want wat is dan nou lekkerder as om ‘n onwettigheid aan te vang.
Nie te lank terug nie het ‘n afdelingskommissaris, wat om verstaanbare redes liewer nie geïdentifiseer sal word nie, op ‘n kleinerige stasie binne sy afdeling besoek afgelê en sommer so vir interessantheidsonthalwe die enkelkwartiere ook geïnspekteer. Groot was sy afgryse toe hy in een van die kamers ‘n bos-apie aantref. Behalwe dat ape as ‘n roetine-saak nie in enkelkwartiere aangehou mag word nie, word ‘n spesiale permit om die diertjie te kan aanhou ook vereis. Dit kon nie anders nie, die kwessie van die bos-apie en sy polisieman-eienaar moes in die inspeksie-verslag amptelik bevraagteken word. Die stasiebevelvoerder was uiteraard eers in die diepste dieptes van ellende oor hoe om hierdie ernstige navraag te beantwoord. Gelukkig kon die jong konstabel sy bevelvoerder tevrede stel – die spesiale permit was in sy besit en heel wettig. Met ‘n tipiese polisie-sin vir humor, en terwyl hy die kwessie van die bos-apie se teenwoordigheid in die enkelkwartiere diplomaties verswyg, het die stasiebevelvoerder die hoë navraag toe as volg skriftelik beantwoord:-

“Paragraaf 1 –
|
Die betrokke aap is ‘n neef van konstabel P.A. van Niekerk”
|
“Paragraaf 2 –
|
Die lid het sy neef na die Polisiestasie gebring met die oog op indiensneming, maar die Stasiebevelvoerder het nie sy weg oopgesien om twee ape op die stasie te hê nie.”
|
Die jong konstabel was erg onthuts oor die antwoord. Die afdelingskommissaris se reaksie het genadiglik reeds in die newels van die verre verskiet verlore gegaan.
Mag die Suid-Afrikaanse Polisie se eiesoortige sin vir humor en hulle besondere liefde vir diere nog lank lewe!

Uitgesaai deur die Afrikaanse Radiodiens (SAUK) in die program “In my kontrei”.
DEEL HIERDIE BLAD