FLEUR
deur Kaptein M. de W Dippenaar
Dis met ‘n spesiale lekker dat ons kan terugdink aan Fleur. Vir die jong konstabels van die afgelope dertien jaar is Fleur net ‘n naam; vir die res van die polisiemag is Fleur ‘n legende – die baasperd, die kroondiamant tussen die skitterende juwele wat die berede afdeling van die Suid-Afrikaanse Polisie vorm.
Op vierjarige ouderdom is hy vir die koninklike bedrag van vyftig pond deur die polisie gekoop en dadelik na die Kamfersdam polisie remontekamp gestuur om ingebreek te word. Nommer A356 is aan hom toegeken en onder sy bolip op sy tandvleis getatoeëer. Met sy opleiding agter die rug is Fleur verplaas na Aucklandpark, waar hy op patrolliediens geplaas was. Soos wat die geval is met geregsdienaars, is verplasings ‘n alledaagsheid en ook Fleur was dit nie gespaar nie. Hy is weereens verplaas, die keer na Wynberg, Johannesburg. En dit was daar waar Fleur se talente raakgesien is.

Soos die toeval dit wou het het daar in 1954 ‘n tekort ontstaan in die Polisiekollege aan perde wat vir belangrike seremoniële funksies gebruik kon word. Net die bestes en aansienlikstes moes gesoek word, want een van die funksies was begeleiding van Goeweneurs-generaal by die Parlementsopeninge. Fleur is onmiddellik deur die keurders raakgesien en het op 18 September 1954 sy opwagting by die Kollege gemaak. Sy afrigting het begin. Hy het geleer om vinnig en fyn te trippel, te draf en te pronk. Hy het gewoond geraak aan juigende skares en blaasorkeste. Maar Fleur was nie net intelligent nie; hy was ook statig, trots en van nature spoggerig. Sy deftige houding het hom spoedig die leier van die ander perde gemaak.
Dit was ook nie lank nie of hy was bekend aan en bemind deur almal wat hom sien optree het. Vanaf 1955 tot 1962 was hy die voorperd by die Parlementsopening, maar Fleur het ook geskitter tydens herdenkingsfeeste, tentoonstellings, uitpasseringsparades, militêre en staatsbegrafnisse en by talle ander geleenthede. Hy was die bekendste perd van sy tyd in Suid-Afrika. Fleur was sy eie stamboek.
In 1963 kon hy deelneem aan die 50-jarige bestaan van die Suid-Afrikaanse Polisie en by die groot seremoniële feesgeleenthede in Pretoria, Johannesburg en Bloemfontein het hy trots opgetree. Soos te wagte was Fleur feitlik as ‘n reël by tentoonstellings bekroon. Hy was die netste en beste en saam met sy ruiter, die ewe bekende brig. Louis Snyman, was hy een. Ryperd en ruiter het mekaar verstaan. Hulle gedissiplineerdheid was ‘n talent – ‘n fyn ontwikkelde kuns.
Fleur het sy roemryke hoogtepunt bereik, maar meteens het die noodlot toegeslaan. Hy het ‘n beenaandoening gekry en teen die einde van 1963 was hy erg kruppel. Toe selfs ‘n operasie sy toestand nie kon laat verbeter nie, is hy gedurende 1964 op pensioen geplaas. Dit was ondenkbaar om Fleur genadebrood te laat vedien. Soos aan oud-polisiemanne is aan hom ook ‘n welkome ruskans gegun en ‘n rustige oudag. Die vryheid van die Kollegegronde was aan hom toegesê en hy kon wei waar en wanneer hy wou – verkieslik was dit skynbaar altyd die grasperke, want daar het almal wat verbykom hom geliefkoos, vertroetel en bederf met lekkers, groenvoer en wortels.
‘n Mens wonder wat hy moes gedink het – as perde kon dink, bygese, en berede polisiemanne glo dis wel die geval. Was sy herinneringe daar by Kerkplein op 31 Mei 1961 toe hy die glorieryke geleide gedoen het tydens die inhuldiging van die eerste Staatspresident van die nuwe Republiek van Suid-Afrika? Of het hy dalk getob oor die hartseerdag toe hy statig gestap het in die stoet van wyle advokaat Hans Strijdom, in lewe Eerste Minister van die Unie? Was hy nie dalk vol vrese dat hy tog maar verjaag sou word om van honger en koue om te kom of aan ‘n wreedaard verkoop sou word om ‘n stadige marteldood te sterf nie? Of was dit wat hy in woorde sou wou sê dalk dieselfde as wat ‘n onbekende skrywer hom toegesê het:

“My liewe baas, neem u my lewe op die barmhartige manier en u God sal u hierna beloon”?
Fleur was groots en bestem vir roem. Maar iets in hom het hom ook nederig gemaak. Hy het sy ratsheid en spoed getemper met grasie; sy vurige oë kon in liefde versag; sy staalstywe spiere het sy ruiter soos ‘n wieg gedra; hy was ‘n vors op sy troon, wat met oordeel kon pronk.
Indien A.G. Visser hom geken het sou hy dalk net sy gedig “Voorslag” so kon laat afsluit:

“Aangeland in die Hiernamaalse Velde
Sou ons van die Aarde net een ding begeer.
Gee ons die beste, die trouste van Vrinde,
Fleur, ons ou baasperd, gee hom vir ons weer”.
Fleur is in 1970 in sy geliefde Kollege oorlede, versorg en bemind tot op die laaste.
Hierdie praatjie word opgedra aan brig. Louis Snyman – ‘n waardige ruiter vir ‘n waardige perd.
Uitgesaai deur die Afrikaanse Radiodiens (SAUK) in die program “In my kontrei”.

DEEL HIERDIE BLAD