Commissioner of the South African Police from 1975 to 1978
Generaal Prinsloo was ‘n voormalige hoof van die veiligheidstak en die eerste veiligheidshoof van die nuwe bedeling om as kommissaris aangestel te word.
Sy aanstelling het ‘n nuwe patroon daargestel en ná hom, met die uitsondering van genl. Hennie de Witt, was alle kommissarisse van die polisie veiligheidsmanne.
Die Soweto-onluste vind tydens sy dienstermyn plaas.
Hy was ‘n hoogs intelligente, maar baie onpretensieuse offisier. Hy was vriendelik maar ietwat ingetoë. Sy bynaam was Klaasvakie omdat dit baie gelyk het of hy aan die slaap is. Hy het dit geweet en het eenmaal gesê: “Julle dink ek slaap! Maar ek is wawyd wakker!”
Hy het ‘n landbouhoewe gehad en het as stokperdjie met skape geboer.
Die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en Militêre Inligting het by geleentheid die polisie se veiligheidstak genooi vir voorligting. Ná die weermag se voorligting met kaarte en dies meer het hulle genl. Prinsloo gevra wat hy dink. Sy antwoord was: “Dis mooi en dis indrukwekkend. Ek wil egter nie weet waar die terroriste was nie, maar waar hulle is of sal wees!”