GENERAL JV VAN DER MERWE
Commissioner of the South African Police from 1990 to 1995
As the last commissioner of the South African Police, under the old dispensation, most of the past burdens fell on the shoulders of General Johan van der Merwe. After the death of General Johann Coetzee and General Hennie de Witt, he and General Geldenhuys protected the interests of former members who faced a barrage of attacks from the ANC/SACP alliance. The two generals established the Former-SAP-members Benevolent Fund (Afr.: Oud-SAP-lede Liefdadigheidstrust) to support the physical and moral welfare of former members of the South African Police.
Johan Velde van der Merwe sluit op 17 jarige ouderdom by die Suid-Afrikaanse Polisie as ‘n junior-konstabel. Hy is al die jare in die uniformtak en na aanstelling as offisier word hy na die veiligheidstak oorgeplaas. Aanvanklik is hy belas met grensbeheer en grensbewaking, later word hy die afdelingsbevelvoerder van die veiligheidstak in die Vrystaat. Reeds vroeg in sy loopbaan is hy geoormerk as ‘n leier. Die uitdagende pos van afdelingsbevelvoerder in Suidwes-Afrika (SWA - nou Namibië) word hom aangebied. Met die ganse wêreld se oog gerig op SWA toon hy sy staal, gou is hy die veiligheidshoof, die senior-hoofadjunkkommissaris van polisie en kommissaris van polisie.
Nadat hy sy matriek verwerf het, behaal hy ook die B Irus-graad. Hy is allerweë bekend vir sy lojaliteit aan die Mag en sy lede (hy was nooit ‘n dag met siekteverlof nie). Genl. Van der Merwe is ‘n ware rolmodel en iemand wat alles veil gehad het vir Suid-Afrika en sy mense.
Wat die binnelandse- en buitelandse bedreigings betref het hy die belange van die staat en sy mense gedien met volle oorgawe. Dit is juis ironies dat hy en diegene wat in die voorposte gestaan het, juis uitgelewer is aan diegene teen wie hy en die mag so onverbiddelik geveg het!
Hy is die skrywer van ‘n boek Trou Tot Die Dood Toe en het reeds verskeie kort publikasies die lig laat sien. Na aftrede dien hy steeds bykans voltyds die belange van oudlede van die SA Polisie.

1913 - 1994