Van der Merwe, wat net twee dae voor sy afsterwe 86 jaar oud geword het, is Saterdag (27 Augustus 2022) oorlede.
Hy het onlangs ’n beroerte gehad, en kort daarna ’n hartaanval.
Die generaal en sy vrou, Ans, het ten tyde sy dood in Pretoria gewoon.
Sy dogter, Zelda Cornelius, sê haar ouers het die afgelope Donderdag ook hul 66ste huweliksherdenking gevier.
Die egpaar was van skooldae af saam en ken mekaar meer as 70 jaar.
Vier kinders – drie seuns en ’n dogter – is uit die huwelik gebore, waarop nege kleinkinders en ses agterkleinkinders gevolg het.
“Die afgelope tyd was ’n moeilike tyd vir ons familie. Terwyl my pa siek was, is sy jongste kleinseun in ’n motorongeluk oorlede. Ons het ná raadpleging met die dokter, maatskaplike werker en predikant besef ons móét my pa daarvan inlig,” het Cornelius gesê.
Christiaan van der Merwe (31) van Somerset-Wes is op 5 Augustus in motorongeluk dood.
Die man wat sy as “’n besonderse mens” met empatie en omgee teenoor almal beskryf, sou wou weet.
Van der Merwe was die laaste kommissaris van die ou Suid-Afrikaanse Polisiemag in die sogenaamde vorige bedeling.
Oudbrig. Hennie Heymans sê hoewel Van der Merwe teoreties in 1995 afgetree het, “was die generaal basies nog nie een dag regtig met pensioen nie”.
“Hy het elke dag gewerk aan sake met gepaardgaande probleme wat uit die verlede gespruit het. Hy was voorsitter van die Oud-SAP-liefdadigheidstrust en betrokke by ‘Gelykheid voor die Reg’,” het Heymans vertel.
Gelykheid voor die reg is ’n stigting wat polisielede uit die vorige bedeling bystaan wat ondersoek of vervolg is vir beweerde optrede tydens die apartheidsera, soos dié wat voor die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) moes verskyn.
Heymans sê Van der Merwe was een van ses kinders en het op Ermelo, Mpumalanga, grootgeword, waar die gevolge van die Groot Depressie en Wêreldoorlog II nog gevoel is.
“Sy boksafrigter was die distrikskommandant van Ermelo. Hulle het drie keer per week by die polisiekantoor geoefen,” vertel Heymans.
Ná std. 8 (nou gr. 10) het die 16-jarige Van der Merwe besluit om by die polisie aan te sluit. Daar was nie geld vir verder skoolgaan nie, en sy ouers het dit as ’n goeie geleentheid gesien.
Toe klim hy op 1 Februarie 1953 op die trein na Pretoria en beland in die berede eenheid.
Hy sou later hoof van die veiligheidstak word, lid van die staatsveiligheidsraad, en van 1990 tot 1995 kommissaris van die polisiemag.
“Hy het nooit die ‘klein outjies’ vergeet nie. Hy het altyd tyd vir ons gemaak,” vertel Heymans.

Willie Spies, ’n prokureur, voeg by: “Genl. Van der Merwe het hom tot sy dood beywer vir gelykheid voor die reg en oud-polisiemanne wat deur die ANC-bewind vervolg word, bygestaan. Hy is een van daardie generaals wat by sy manne bly staan het, een van die laaste ware generaals.”
Steyn sê Van der Merwe was ’n omgee-mens en sy leuse was “reg en geregtigheid vir almal”.
“Hy was betrokke by oud-lede en altyd beskikbaar.”

Van der Merwe het byvoorbeeld, volgens Steyn, “in die amnestie-tydperk” vir talle polisielede “ingetree en aan hulle leiding gegee”.
“Hy het sy lewe lank geoefen en was fiks. Hy was liggaamlik sterk. Geestelik ook, ’n Jesus-man,” vertel Steyn.
Nantes Kelder, self ’n oud-polisieman, sê Van der Merwe was die soort leier wat nie geskroom het om saam met sy lede in die voorste linie te baklei nie.
Hy onthou hy het eendag die generaal in sy destydse hoedanigheid as AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid besoek.
“Tannie Ans het vir ons koffie gaan maak. Die generaal het haar gevra om beskuit te bring – maar die gesondheidsbeskuit, want ‘die jong man (Kelder) het dit nodig’.
“En toe spreek hy my aan omdat ek nie gesond leef nie, en myself moet oppas,” glimlag Kelder.