HERINNERINGE VAN ‘N GENERAAL : MY EERSTE STANDPLAAS (I)
Saamgestel deur Majoor Tiaan Crafford - sy seun

Die datum 15 Oktober 1941. Twee dae vantevore het ek vanaf Pretoria Depot op my stasie aangekom. Die laaste ent van my reis was met die hoefsmid van Keetmanshoop saam met ‘n luukse 1937 Chef bakkie. Dit sou my laaste reis vir baie maande met so ‘n moderne vervoermiddel wees.
In die Depot was ek meegedeel dat my stasie Keetmanshoop iewers in Suidwes-Afrika sou wees. Tot op daardie stadium het ek nog nooit in my lewe van so ‘n plek gehoor nie. Maar op Keetmanshoop is ek deur die distrikskommandant meegedeel dat ek verplaas is na Grabstein. (Ter wille van die luisteraars kan ek noem dat Grabstein – ook Grafsteen genoem – 120 myl oos van Keetmanshoop op die rand van die Kalahari geleë is. Pragtige wêreld as dit reën en die beste karakoelwêreld in Suidwes-Afrika).
Ons het die aand nege-uur op die stasie arriveer, in diep rooi sand afgeklim en is ontmoet deur die stasiebevelvoerder wat glad nie vriendelik was nie. Hy wou by die hoefsmid weet wat hy moet doen met ‘n jong rekruut wat niks weet nie. Hy het g’n tyd om te sukkel en mense te leer nie.
Die polisiestasie was ‘n ou wit gekalkte sinkgebou. Rye-rye wit kalkklippe het oral in krom en skewe rye in die donker vertoon.
My kamer het gespog met ‘n antieke ysterkatel en ‘n bonkige klapperhaarmatras. My aardse besittings: - ‘n polisietrommel en een groot tas. Die sersant het gese daar’s jou kamer, pak maar uit – en onthou hier is nie water nie – die windpomp is stukkend. Ek het rondgekyk maar kon niks sien waarin ek my goed moes pak nie. Die hoefsmid het belowe dat hy met sy volgende besoek oor ongeveer ses weke vir my ‘n klerekas sou bring.
Vroeg die volgende oggend is ek vriendelik gegroet deur twee Swart lede op die stasie. Die oudste een, ou Willem, was reeds bejaard maar so ‘n opregte vader en hy het my dadelik laat tuis voel. Tydens stalparade – dit was elke oggend stiptelik om sesuur – het ou Willem my meegedeel dat ons twee die volgende oggend vroeg op patrollie moes vertrek vir so ongeveer 12 dae. Daardie selfde dag nog is ek ook deur die sersant aangesê om die volgende dag patrolliegebied Nr. 2 te doen, dat ek moes gou maak want Nr. 4 moet ook nog dieselfde maand gedoen word. Op al my vrae is ek net kortliks meegedeel dat ek vir Willem moet vra en dat my instruksies op my patrollierapport sou wees.
Nou moet ek eers net noem dat daar in daardie wêreld destyds geen kafee of winkel was nie. Twaalf dae patrollie het beteken dat alles wat jy nodig het moes saam gaan. Kos, klere, water, ens. Gelukkig het die hoefsmid ons maand se voorraad blikkieskos van Keetmanshoop af saamgebring.
Kort-kort gaan maak ek ‘n draai by ou Willem. Die paksaal vir die pakmuil is vir my vreemd. Daar lê ‘n hele lorrievrag goed wat gepak moet word. Dit lyk min of meer soos volg:

Twee ¼ sakke gebreekte mielies,
twee leersakke met ‘n ysterpot vir pap, ‘n pot om water in te kook, ‘n erg verweerde koffieketel, twee groot staalflesse in sak toegewerk vir water, drie voersakke, drie paar spankouse. |
Advertensie
|
Die een sak word uitsluitlik gehou vir kosvoorraad – mieliemeel, koffie, suiker, blikkieskos. Willem glo aan apartheid en sê die basie se kos mag nie by sy kos wees nie en dit word dan ook deurgaans afsonderlik gehou.
Eenkant lê ‘n stapel brandysters – Willem verduidelik dat dit moet saamgaan want die grootvee van die Swartes moet tydens hierdie patrollie gebrand word. Hy sê dat hy die brandregisters en die vee-inspeksieregisters ook op die pakmuil sal moet sit want dit is baie en kan nie op die perde gelaai word nie.
Later verduidelik ou Willem dat hy vroeg die volgende môre my komberse sal kom rol en dat ek net my beddegoed, reënjas en die noodsaaklikste skoon klere mag vat anders word die rol te groot.
Daardie middag ontvang ek toe my patrollierapport. Nog nooit vantevore so-iets gesien nie – die sersant verduidelik net hier en daar die allerbelangrikste. Lank voordat hy klaar gepraat het, het ek alweer alles vergeet of so deurmekaar geraak dat ek maar moes opgee en hoop vir die beste.
Later lees ek die patrollierapport – dit lui soos volg:

- Gaan op patrollie na wyk Nr. 2 – perde C105K en C119M en pakmuil C109N.
- Besoek al die plase en inspekteer alle kleinvee vir brandsiekte.
- Brand alle naturelle grootvee op plase waar nodig.
- Voltooi landbousensusvorms op al die plase en kry volle besonderhede op onbewoonde plase.
- Tel alle vee op Kroongrond en stel vas of graslisensiegelde tot datum betaal is.
- Inspekteer alle karre vir wiellisensies en honde vir hondelisensies.
- Doen registrasie van geboortes en sterfgevalle op alle plase waar nodig.
- Gaan kontrakte van Ovamboplaasarbeiders na en vervolg boere wat onwettige arbeiders in diens het.
- Ondersoek Grabstein ROM.1/9/41 op plaas Zamekomst – Onwettige smokkel met karakoelramme.
- Waarsku alle boere om hulle beeste duidelik te brand en veeregisters in orde te hou.
- Waarsku alle boere om hulle hekke op openbare paaie in stand te hou en vervolg boere waar nodig.
- Voltooi vraelyste (streng vertroulik) van Duitsers op plase Morgenzon en Amabele.
- Kollekteer op aangehegte lys vir “Governor-General Fund” en verduidelik aan boere dat dit vir goeie doel is.
- Gee aandag aan alle klagtes en ondersoek volledig.
- Kollekteer op aangehegte lys vir Polisie se Weduwee- en Weesfonds.
Ek lees weer oor en oor. Maar duidelike begrip vir wat alles behels bly weg. Die sersant kom maak my nog meer deurmekaar – “Onthou daar is twee vorms vir die landbousensus” – “Onthou daar is nou ‘n nuwe vorm vir die registrasie van geboortes”. “Onthou dat jy genoeg saakdossiere saamvat” – en so gaan hy voort.
Later lê daar ‘n stapel boeke, vorms en papier wat in my saalsakke moet kom. Ou Willem kom weer help – hy maak ‘n plan met die oortolliges. Die volgende oggend sou ons vertrek.

DEEL HIERDIE BLAD
Hierdie boek is ’n formidabele stuk lewensgeskiedenis wat op meesterlike wyse deur Chris Crafford op die rype ouderdom van 91 jaar neergepen is. Dit spreek boekdele van sy kleurryke lewe vol interessante belewinge in die destydse ‘Duitswes’, wat vandag bekend staan as Namibië, sowel as op verskeie plekke in Suid-Afrika waar hy deur sy lewe gewoon en gewerk het.