South African Mirror
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us

HERINNERINGE VAN ‘N GENERAAL : MY EERSTE PATROLLIE (II)

Saamgestel deur Majoor Tiaan Crafford - sy seun
Herinneringe van ‘n Generaal : My eerste patrollie (II): Polisie-Praatjies en PensketsePOLISIE-PRAATJIES EN PENSKETSE
Om sesuur die oggend vertrek ons per perd.  My perd is vol streke en wil-wil net spring.  Die groot avontuur het begin.  Ou Jacob, die pakmuil kom gedweë agterna.

‘n Uur later arriveer ons op die eerste plaas en ek stel myself bekend aan die boer.  Hy lyk maar so effens agterdogtig oor die nuwe konstabeltjie.  Ons beweeg na die veekrale.  Langs die pad het ou Willem verduidelik hoe skape vir brandsiekte inspekteer word en dat hy alreeds tien jaar daarmee behulpsaam is.  Die boer begin kla oor sy nuwe Ovambo’s wat so sleg is en sê hy hoop ek kan hulle regsien.  Die vorige polisieman het hulle glo elke keer deurgedraf en dan was hulle weer ‘n tydlank reg.

Ons loop tussen die skape deur.  Vir my lyk hulle reg.  Dan word die veeregister uitgehaal.  Nou moet daar getel word.  Ek hou my ewe deskundig en tel vir ‘n vale.  Eers gaan dit maklik maar toe skape so drie-drie uitstorm begin ek klei trap.  Later is almal uit.  Die boer kyk na my – ek kyk na ou Willem – hy tel die klippies in sy een hand – “hoeveel kry die oubaas?” – vra hy aan die boer – “hoeveel kry jy?” – vra die boer vir my – ou Willem antwoord 803 – “ja” sê ek “ dis reg” – my getal was eintlik 904.  Die boer sê: “ja, dis reg” – daar moet 825 wees – die boer verduidelik – vier geslag, drie deur jakkalse gevang – vier ou ooie gevrek en daardie sleg Ovambo het die ander weggesmyt.

Die boer begin kla weer oor die Ovambo en sê ek moet met hom praat oor sy slegtigheid.  Ou Willem verstaan en kort voor lank is daar ‘n groot geraas en ‘n Ovambo wat plegtig belowe om nooit weer so-iets te doen nie.  Diplomaties hou ek my doof en blind.

Eenkant het ‘n paar basterbeeste gestaan.  Die boer verduidelik dis sy ou Damara se diere.  Twee donkies en vier jong kalwers moet gebrand word.  ‘n Vuur word aangesteek en die Veeregister word weer nader gesleep.  Die nommer is K1346 – K vir Keetmanshoop distrik en die nommer is die reeksnommer van die eienaar.  Die vyf ysters word uitgehaal, maar die boer sê ons moet eers gaan koffie drink solank die ysters warm word.

By die huis begin ek met die invul van die landbousensus.  Dis gou duidelik dat die boer maar gaan sukkel – hoeveel bulle, koeie, verse, osse, tollies, kalwers is daar – hy roep sy vrou – hulle begin reken, hulle stry – ek vra waar is oom se veeregisters – hy begin kwaad word en sê hy hou nie sulke goed nie.  By elke paragraaf gaan dit moeiliker – hoeveel perde, hingste, merries, reuns, vullens is daar – hoeveel koeie gemelk, hoeveel room weggestuur.

Later kom roep ou Willem – die ysters is warm.  Ons is nog net halfpad met die sensusvorms.

Die sports met die brand begin.  Daar is net drie helpers – een klein Ovambo, die boer en Willem.  Die boer hanteer die vangriem en behendig word die eerste kalf grond toe gebring.  Dan is dit pote vasmaak en styftrek, brand op regterboud – eers die letter “K” en dan die syfers 1346 netjies daaronder.  Die volgende is ‘n groterige tollie – dit neuk maar – die boer is later stokflou gehardloop.  Ou Willem neem oor en gou is die brand op die boud.  Met die donkies gaan dit gevaarlik sleg.  Die vangriem word om die nek gegooi en die dier gewurg totdat hy staan.  Ons paar is egter te lig en elke keer ruk die donkie ons die hele kraal vol.  Ek is nog maar op my eerste plaas en my rybroek en hemp is al swart van die mis en stof.

Na wat vir my voel soos ure is al die diere gebrand en kan die brandsertifikate uitgereik word.

Op pad huistoe begin ek praat oor die een kollektelys.  Die oorlog bring sy tol, verminktes, ens.  Die boer is dadelik op die oorlogspad.  As Jan Smuts sy mense in Europa will laat doodskiet moet hy maar vir hulle sorg – hy het niks daarmee te doen nie.  Boere kry swaar genoeg en het nie geld vir Hanskakies nie.

Ons begin weer met die landbousensus – so in die gestry tussen man en vrou oor inkomste uit boerdery, haal ek die lys vir Weduwee- en Weesfonds uit en vra die tante of hulle iets sal opsit vir die polisie se weduwees.  Onmiddellik sê sy ja natuurlik moet hulle vir so ‘n goeie doel iets gee en dat hulle elke jaar ‘n goeie bydrae gee.  Ek verlustig my klaar daarin dat my lys met ‘n milde bydrae geopen gaan word, toe sy twee sjielings op die tafel voor my neersit.

Ek begin aanstaltes maak om te groet.  Ou Willem het reeds opgesaal en al ‘n paar keer so ongemerk na die son gewys.  Net toe alles mooi vasgegespe is kom ou Sanna die kombuisbediende daar aangesit.  Ounooi wat van my tjend?  Weer alles losgespe, Geboorteregistrasievorm soek, geduld beproef – naam van moeder – geen problem – naam van vader – daar word oor en weer tussen ounooi en oubaas gepraat – later sê hulle dis ‘n Ovambo wat al terug is – sê maar sy naam is Sam Nujoma – naam van kind – weer gepraat – sy, ou Sanna wil graag die oubaas vernoem maar dan moet die oubaas vir die tjend ‘n verskalf gee.  Ons is uiteindelik weg.  Die son steek reeds oneindig seer op ‘n vel wat lank laas in die buitelug was.

Die volgende twee plase is ‘n herhaling van die eerste – behalwe dat ek leer om die sensusvorms vinniger in te vul en net die helfte van die vrae te vra.  In die tussentyd het ek vyf sjielings op my “Governor-General Fund” lys ryker geword en nog een sjieling op my Weduwee- en Weesfonds lys.

Sononder die eerste aand besluit ou Willem ons moet by daardie groot kameelboom afsaal en oornag.  Daar staan so hier en daar ‘n droë blinkhaar graspol.  Ek laat my nie tweemaal nooi nie – elke spiertjie in my lyf is tot brekens toe seer van die hele dag se geskud op my vurige perd.

Eers word die diere versorg.  Afgesaal en droog gevryf – nou kry elke dier ‘n voersak om die kop.  As dit klaar is word die diere met die spankouse aan die voorpote gespan en aan hulleself oorgelaat.

Toe word vuur gemaak, water in die pot gegooi en kort voor lank sit ek en ou Willem elkeen met ‘n heerlike beker swart koffie.  In die tussentyd begin die papwater kook en ou Willem begin vertel hoeveel pap al in daardie pot gemaak is.

Later rol ou Willem die komberse oop en maak bed.

Terwyl ons so om die vuur sit merk ek ‘n groot skerpioen op wat na die vuur toe kom.  Later nog een en nog een en nog een.  Ou Willem se daar is donderweer in die lug en ons is nou in die wereld van die skerpioene.  Ek kruip later in en wil eers bekommerd raak oor die baie skerpioene maar die moegheid oorweldig my en so met die getjank van jakkalse en gehuil van ‘n wolf raak ek aan die slap.
​
Die volgende oggend lê drie yslike groot skerpioene onder my kopkussing.  ‘n Nuwe dag het aangebreek.  Die patrollie moet voort.


Hierdie praatjie en die vorige een kom uit die herinneringe van genl.-majoor C.P. de W. Crafford, voormalige Kwartiermeester van die Suid-Afrikaanse Polisie en eenmaal ook ‘n konstabel, maar een met ‘n sin vir humor.

Utgesaai deur die Afrikaanse Radiodiens (SAUK) in die program “In my kontrei”.
Polisie-Praatjies en Pensketse
DEDIKASIE EN VOORWOORD
INHOUDSOPGAWE
Volgende hoofstuk:
‘N UNIEKE DIALEK

DEEL HIERDIE BLAD

Aanbevolle Leesstof

SEARCH THIS WEBSITE
EXPLORE CATEGORIES
Equality before the Law
Equality before the Law
Former SAP Members Benevolence Trust
Former SAP Members Benevolence Trust
Publications
Publications
NONGQAI - Your national security history magazine without malice.
Free monthly publications
Former SA Police: 1913 to 1994
QUICK LINKS
Press Releases - Equality before the Law
Persverklarings - Gelykheid voor die Reg
Publications / Publikasies
Nongqai Magazine Latest Editions
Historical Documents
Police Commissioners
Police Memorials and Buildings
South African Mirror - Logo
South African Mirror
DISCLAIMER
CONTACT US
UPLOAD FILES
www.samirror.com

Website by Elsden Design Services
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us