HUMOR IN DIE AANKLAGKANTOOR
deur Majoor Tiaan Crafford

So tussen die hartseer verhale van die ontnugterdes, platgeslaandes en terneergedruktes, word die lewe van ‘n polisieman verryk met humoristiese voorvalle wat daagliks in die aanklagkantoor ervaar of gedurende die stiller uurtjies van die nag opgediep en oorvertel word.
Dit is al snaaks genoeg dat in die dertig-veertiger jare die aanklagkantoor van Witdraai ‘n grot in die kalkwalle van die Kurumanrivier was. Normaalweg is dit maar bedrywig in die aanklagkantoor en moet polisielede met Salomo se wysheid en Job se geduld bedeeld wees om almal tevrede te stel.
Op ander plekke is dit stiller, soos op Punzana in die Ciskei waar Swartjie, ‘n hoenderhen, daagliks haar eier kom lê bo-op die possak wat in die aanklagkantoor staan. Net so rustig was ‘n sekere stasietjie lands ‘n rivier in Transkei dat die inhoud van ‘n belangrike polisieregister, die Voorvalleboek, waarin so gereeld soos klokslag geskryf moes word, nie veel om die lyf gehad het nie. Toe die inspekterende offisier eendag daar opdaag was die stasie verlate – die Voorvalleboek drie dae laas opgeskrywe en die manskappe besig om vis te vang langs die rivier. Die Leviete is hulle behoorlik voorgelees. By ‘n volgende geleentheid kom dieselfde inspekterende offisier op presies dieselfde omstandighede af – die lede weer by die rivier, maar die Voorvalleboek diè slag twee dae vooruit geskryf.
So van die Voorvalleboek gepraat. ‘n Inspekterende offisier het eenmaal bevind dat dit absoluut noodsaaklik is dat die enigste perd op die stasie beslaan moes word en het ‘n instruksie in die Voorvalleboek gemaak: “The horse must immdediately be shod”. Die “shod” met ‘n “d” is deur die Afrikaanssprekende konstabel ietwat verkeerd verstaan en soos dit ‘n pligsgetroue en lojale lid betaam, is die betrokke ongelukkige perd, onmiddellik na die offisier se vertrek, doodgeskiet.
Aan opwinding is daar ook geen perke nie. Die polisie help daagliks om troeteldiere soos katte, voëltjies, apies en kapokhoendertjies, vanaf huis se dakke, uit bome en so meer, te gaan haal. Selfs die uithaal van swerms bye of slange wat die veiligheid van huis en haard bedreig, kom dikwels voor. ‘n Sekere vrou het beangs versoek dat die sersant die spoke uit haar huis moes kom verwyder. Dit was inderdaad muise op die plafon van haar huis.
Ander koddige klagtes wat aangehoor moet word is onder andere die volgende:-

“My man het my met ‘n vis oor die kop geslaan”, of “R20 000 se biltong is uit my besigheid gesteel”, of “My man het gisteraand ‘n muisval in sy broek se sak gestel wat my baie seergemaak het toe ek ‘n paar pennies wou uithaal” en dan
die kruise van sommige huis:-
“Ek wil my vrou skei omdat ek die wasgoed moet was, ek die kos moet kook, sy vir dae stilbly en slegs haar mond oopmaak om my kos te proe en dan net se hoe sleg dit smaak”.

‘n Wetsgehoorsame skoolhoof het op ‘n keer ‘n inbraak by die skool kom rapporteer. Al wat vermis was, was die groot ou vriend van baie leerlinge – die rottang. Die skuldiges was drie seuns wat die heel intiemste bevriend was met die tugmiddel.
Die eienaardigste dinge word ook soms as gevonde eiendom by die aanklagkantoor ingehandig wat dan weer in die eiendomsregister ingeskryf moet word. Op Newcastle is, byvoorbeeld, eendag rolle dagga ingehandig wat elk netjies toegedraai was in die voorblaaie van ons eie polisietydskrif – die Servamus – waarop die “polisiester” duidelik pryk. Hierdie voorval moes noodwendig lei tot die ewige vreugde van die Servamus se redaksionele personeel want dit het nou uiteindelik geblyk dat die tydskrif vir “nuttiger” doeleindes gebruik kon word as bloot die ontspanningslektuur van geregsdienaars. Die hoë gehalte van die glanspapier waarop die tydskrif gedruk word, moet gevolglik net daardie ekstra bysmakie gee wat onwettige daggarook ‘n “suiwer plesier” maak.
By Pretoria-Noord is ‘n splinternuwe doodskis, wat verlate langs die Bon Accorddam gevind is, by die polisiestasie ingehandig. Sorgvuldig is die waarde daarvan bereken en dan ook ingesluit by die aantekening in die register. Geld was egter nog altyd ‘n rariteit – veral vir ‘n sekere polisiekonstabel wat jare gelede die volgende inskrywing gemaak het toe gevonde geld deur die eerlike vinder ingehandig was:-

“10 Pond verlate gevind – waarde : 2 sjielings”.
Hierdie konstabel se insig in inflasionêre tendense wat sou volg, moes selfs met verloop van jare ekonome met verwondering na hul asems laat snak het.
By ‘n besondere inskrywing is daar nie twyfel oor wat ingehandig is nie naamlik “Een geraamte – eienaar onbekend”.

DEEL HIERDIE BLAD