South African Mirror
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us

JUSTITIA

Equality before the Law / Gelykheid voor die Reg
Gelykheid voor die Reg

Die Konflik van die Verlede:

'n Feitlike Oorsig

Johan van der Merwe, voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie.
(Afgetree 31 Maart 1995)
Click here for the English version
Picture
Na meer as twee dekades nadat die staatkundige onderhandelinge begin het en die ANC asook die ander rewolusionêre organisasies die gewapende stryd laat vaar het,  bestaan daar tans grootskaalse verwarring en onkunde oor die wese van die geweld wat sedert 1960 tot 1990 in Suid-Afrika gewoed het.

Die WVK wat onbetwisbaar oorwegend uit ANC-ondersteuners of simpatiseerders bestaan het, het die grondslag gelê vir 'n propaganda- veldtog waaraan  die SABC en sekere lede van die media lustig meegedoen het.

'n Enkele voorbeeld van die wyse waarop hierdie propagandaveldtog gevoer is, spreek uit 'n program wat SABC 3 se Special Assignment op 18 November 2008 aangebied het oor die konflik van die verlede.  Dit is so eensydig en verwronge aangebied dat die Stigting vir Gelykheid voor die Reg genoodsaak was om 'n klagte by die Onafhanklike Uitsaai Klagte Kommissie  aanhangig te maak. Na 'n verhoor het die Onafhanklike Uitsaai Klagte Kommissie soos volg bevind :-

“Taking all these facts into consideration, the Tribunal is of the view that one-sided impressions were created in the programme, which are to the detriment of the security force officers.  This does not mean that we are of the opinion that these officers were innocent of any atrocities.  They (or some of them) admitted to such atrocities.  What we find is that there was not sufficient balance in presenting this particular programme, because a lasting impression is created in the mind of the reasonable viewer, firstly, that the security officers were the only people who committed atrocities during the armed struggle, and, secondly, that they then tried to prevent victims from giving evidence against them at the TRC hearings.  In finding thus, it is not our intention to interfere with the editorial prerogative of the presenter.  The presenter is free to take a particular angle or line and to emphasize aspects that he or she considers to be more important than others.  However, when the presenter is dealing with controversial issues of public importance, he or she should treat all parties involved in the issue fairly, and see to it that balance is obtained in presenting different viewpoints. If this is not done, the broadcast can deteriorate into propaganda, a situation that cannot be allowed in any democracy.”
The Other Side of the Story - A True Perspective
Voorbeelde van hierdie soort propaganda verskyn gereeld in die koerante en dit is te betreur dat sekere Afrikaanse Koerante hetsy vanweë onkunde of verslaggewers met bedenklike motiewe dikwels die leiding neem.  Dit is ook jammer dat mnr. F W de Klerk en ander voormalige ministers van die Nasionale Party hulle nooit verwerdig om skewe en verwronge verslae oor die konflik van die verlede reg te stel nie.
​
 Die volgende feite word uit die oog verloor,  doelbewus verontagsaam of kwaadwilliglik verdraai:
  • Die RSA was vir drie dekades in 'n verwoede terreurstryd gewikkel waar die ANC en ander rewolusionêre organisasies die regering met geweld omver wou werp.

  • Motorkarbomme, landmyne, kleefmyne en ander ploftoestelle het op 'n gereelde grondslag ontplof en weerlose persone, van alle rassegroepe wat vrouens en kinders ingesluit het, is gedood of gru vermink en die gemeenskap sodoende daagliks bedreig.   Kleefmyne in Wimpy restourante en ploftoestelle in vullishouers of terreuraanvalle waar persone voor die voet afgemaai kan word, ongeag of dit vrouens of kinders is, was daagliks 'n wesenlike bedreiging.   Sekere winkelsentra het veiligheidswagte gehad om alle plastiese sakke en houers te deursoek alvorens klante tot 'n winkel toegelaat is.  Die Kerkstraatbomvoorval  en die St. Jameskerkvoorval was kenmerkend van die roekelose en barbaarse wyse waarop rewolusionêre organisasies die stryd gevoer het.   Druk uit alle oorde is daagliks op die polisie, veral die veiligheidstak geplaas om die gemeenskap teen hierdie bedreiging te beskerm.  Oënskynlik onthou niemand meer die standpunte wat in daardie jare deur die regering, media, kerk en samelewing gehuldig is dat die terreurvoorvalle tot elke prys gestuit moes word nie.

  • Polisielede is deur die ANC as harde teikens beskou en aanvalle op lede en hulle gesinne het gereeld voorgekom.  Veral swart lede wat in swart woonbuurtes gewoon het was daagliks blootgestel aan hierdie gevaar.  In sekere gebiede moes swart lede en hulle gesinne in tente in veilige gebiede buite die swartwoonbuurte gehuisves word om hulle teen die aanslag van die ANC te beskerm.    Gedurende die tydperk 1973 tot 1990 is  346 polisielede in die rewolusionêre stryd vermoor.
    ​
  • Waar daar die geringste vermoede bestaan het dat 'n persoon inligting aan die polisie verstrek het of met die polisie saamgewerk het, is so 'n persoon as 'n “colaborator” gebrandmerk en op die mees onmenslike en barbaarse wyse met die sogenaamde halssnoermetode lewendig verbrand.  Gedurende die tydperk 1/9/84 tot 31/3/93 is 505 persone, uitsluitlik lede van die swart gemeenskap, lewendig deur die halssnoermetode verbrand.  36 Persone wat betyds gered kon word, het ernstige brandwonde opgedoen..  In dieselfde tydperk is 710 persone, weereens slegs lede van die swart gemeenskap, lewendig verbrand en 320 het ernstige brandwonde opgedoen. Dit het die polisie se vermoë om inligting uit die swart gemeenskap te bekom of om persone te kry om teen lede van Umkhonto we Sizwe en ander rewolusionêre organisasies te getuig, bykans vernietig.  Sodoende het die wetlike bevoegdhede waaroor die polisie beskik het, kragteloos geword.  Selfs die afkondiging van 'n noodtoestand en noodregulasies was onvoldoende om die terreur aan bande te lê.  Op 26 September 1992 het die vorige regering en die ANC 'n sogenaamde ‘RECORD OF UNDERSTANDING “ gesluit waarvolgens 176 gevangenes vrygelaat is. Een van die bepalings van hierdie ooreenkoms het soos volg gelui:

“The two parties agreed that all prisoners whose imprisonment is related to the conflict of the past and whose release could make a contribution to reconciliation should be released.”
  • Met die uitsondering van Barend Strydom, die sogenaamde Wit Wolf, is die ander gevangenes almal op aandrang van die ANC vrygelaat.  Dit het verskeie persone ingesluit wat weens halssnoermoorde lang gevangenisstrafvonnisse uitgedien het. Sodoende het die ANC baie duidelik laat blyk dat die halssnoermoorde deel van hulle rewolusionêre stryd uitgemaak het en inderdaad gepleeg is om hulle belange te bevorder. Die afgryslike dade wat sommige van hierdie gevangenes gepleeg het, oorskadu verreweg die dade waarby Eugene de Kock betrokke was.

  • Lede van die S A Polisiemag is in Suidwes-Afrika (Namibië) asook Rhodesië (Zimbabwe) gebruik om die rewolusionêre aanslag te stuit.  Die opleiding van die polisie moes drasties aangepas word om hulle vir hierdie taak toe te rus.  Dit het ook ernstig ingedruis teen  klassieke polisiëring waar minimum geweld gebruik moet word en wat suiwer daarop gerig is om 'n misdaad aan die man te bring sodat die misdadiger voor die hof  kan verskyn.  Dit was 'n stryd om lewe en dood waar dit gegaan het om die uitwissing van die vyand.   Die lid van die polisie was genoodsaak om dood te maak of self te sterf.

  • Die rewolusionêre stryd in Suid-Afrika is plaaslik, maar ook internasionaal belewe as 'n Oos-Wesstryd en die Sowjet-unie se betrokkenheid en steun aan die ANC  het  ook die element van sowjet-ekspansionisme bygebring. Amerika het die ANC as 'n terroristiese organisasie verklaar.

  • Lede van die polisie, insonderheid die veiligheidstak van die S A Polisiemag, was daagliks aan geweld en al die grusame dade wat daaruit voortgespruit het,  blootgestel.  Dit was 'n algemene tegniek van lede van Umkhonto we Sizwe om kleefmyne en ander ploftoestelle so te stel dat die eerste ontploffing die polisie na die toneel lok en 'n tweede kleefmyn of ploftoestel 'n tyd daarna ontplof om die lede van die polisie te tref.  Verskeie lede van die polisie is op hierdie wyse wreed vermoor.

  • Lede van die veiligheidstak moes dikwels op tonele waar 'n motorkarbom, landmyn, kleefmyn of ander ploftoestel ontplof het en hulle eie makkers asook ander weerlose persone wat vrouens en kinders ingesluit het, aan stukke geruk en die liggaamsdele oor 'n wye terrein geslinger is,  help om liggaamsdele bymekaar te maak.   Dit het onvermydelik 'n onuitwisbare indruk op die gemoed van sodanige lede gemaak wat in sekere gevalle tot 'n verharding in hulle houding jeens lede of ondersteuners van rewolusionêre organisasies gelei het.  In baie gevalle is die trauma en stres wat gevolg het, onderdruk, omdat die eise wat daar daagliks aan hulle gestel is nie ruimte gelaat het dat daar aandag aan hierdie probleme gegee word nie.

  • Kragdadige standpunte deur politieke leiers dat die ANC met wortel en tak uitgeroei moes word, dubbelsinnige opdragte en die koverte wyse waarop dit oorgedra is, het by lede van die veiligheidsmagte die indruk geskep dat alles moontlik gedoen moet word om die ANC uit te wis en dat dit van hulle verwag word om buite perke van die reg op te tree om dit te doen.   Vanweë al die faktore wat reeds genoem is, was dit in ieder geval vir lede van die veiligheidstak onmoontlik om die terreuraanslag met behulp van die wetlike middele waaroor hulle beskik het, te bestry.
    ​
  • Mnr. P W Botha en ander lede van sy kabinet het self in die omstandighede optrede buite die gewone bepalings van die reg gemagtig of stilswyend goedgekeur.   Dit het noodwendig daartoe gelei dat lede van die veiligheidstak wat aan die spits gestaan het van die stryd teen terreur ook die wet in eie hande geneem het. Die desperate omstandighede wat geheers het, het tot desperate maatreëls gelei.
​Dit is alom bekend dat geen moondheid in die wêreld grootskaalse terreur wat die nadruklike of stilswyende goedkeuring van die meerderheid van die bevolking in 'n land weggedra het,  met behulp van wetlike middele kon bestry nie.  Daar is talle voorbeelde om hierdie stelling te staaf en sonder uitsondering was moondhede wat by so 'n stryd betrokke geraak het, verplig om nie-konvensionele maatreëls te gebruik om dit te bestry.  Die wyse waarop Brittanje die oorlog in Maleisië gevoer het, is sprekend daarvan.   Suid-Afrika was geen uitsondering nie waar die polisie die gemeenskap teen die terreuraanvalle van rewolusionêre organisasies moes beskerm onderwyl die meerderheid van die swart bevolking, hetsy vrywillig of weens intimidasie,  dit gesteun het. Terreur het in die algemeen 'n bose kringloop en elke voorval het kragte ontketen wat tot meer geweld gelei het.
THE TRUTH HURTS BUT SILENCE KILLS
Poster issued by the Truth and Reconciliation Commission
Die WVK-proses is uit die staanspoor gekenmerk deur 'n eensydige benadering waar daar dikwels op growwe wyse teen oud-lede van die veiligheidstak gediskrimineer is.

Om vir amnestie te kwalifiseer moes oud-lede van die veiligheidstak aan die volgende vereistes voldoen:
  • Hulle moes 'n volle blootlegging doen    
  • Hulle moes bewys dat die daad waarvoor amnestie verlang word met 'n politieke oogmerk verband gehou het en in die konflik van die verlede gepleeg is.
  • Hulle moes bewys dat sodanige dade in die loop van en binne die omvang van hulle pligte en binne die omvang van hulle uitdruklike of versweë bevoegdheid geskied het.
  • Daar moes geen kwaadwilligheid, kwaadgesindheid of nydigheid gewees het nie en ook geen eie belang nie.
Hierdie bepalings van die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening het 'n bespotting gemaak van die bepalings van die slotgedeelte van die Tussentydse Grondwet waar nadruklik bepaal is dat amnestie verleen moet word ten opsigte van enige daad of versuim wat met 'n politieke oogmerk verband gehou het en in die konflik van die verlede gepleeg is.   Dit is duidelik dat mnr. De Klerk en voormalige ministers van die Nasionale Party wat by die opstel van hierdie bepalings betrokke was hulle hoegenaamd nie verwerdig het om te bepaal wat hierdie bepalings in die praktyk vir lede van die veiligheidsmagte ingehou het nie.

Die bevindings van die verskillende amnestiekomitees was uiteenlopend en vol gebreke soos regter Andrew Wilson, advokate Chris de Jager en Francis Bosman asook mnr. Wynand Malan wat in die amnestiekomitees gedien het, onmiddellik sal toegee.   Die minderheidsuitspraak wat mnr. Wynand Malan in die Maponyasaak gelewer het, is 'n uitstekende voorbeeld van die wyse waarop sommige lede van die amnestiekomitees gedwaal het.   Mnr. Malan se uitspraak kan hier gelees word. Daar is ook ʼn opvallende patroon merkbaar wanneer daar na die samestelling van die amnestiekomitees gekyk word in daardie gevalle waar amnestie aan oud-lede van die veiligheidstak geweier en 'n minderheidsuitspraak gelewer is.

Waarskynlik die grootste gebrek in die hele proses is dat daar nooit voorsiening gemaak is vir een of ander vorm van administratiewe hersiening nie.  Dit beteken dat waar 'n amnestiekomitee 'n verkeerde bevinding gemaak het en amnestie geweier is, die persoon aan wie amnestie geweier is, die Hooggeregshof om hersiening moet nader.  Die regskoste in so 'n geval kan enorm wees en 'n miljoen of meer rand beloop wat dit vir die meeste oud-lede van die veiligheidstak onbekostigbaar maak.  Daarbenewens is die gronde waarop hersiening gevra kan word  meer beperk as in die geval van 'n gewone strafsaak. Inderdaad 'n skreiende onreg waaraan oud-lede van die veiligheidstak blootgestel is.   

In die Motherwellamnestieverhoor waar amnestie aan wyle kol. Gideon Nieuwoudt en ander oud-lede van die veiligheidstak geweier is, het advokaat Louis Visser en mnr. Jan Wagener ingewillig om op 'n gebeurlikheidsgrondslag vir brig. Du Toit en kol. Niewoudt op te tree in 'n aansoek om hersiening.

Die aansoek om hersiening het op 23 November 2001 voor ʼn volbank regters in die Kaapse Hooggeregshof gedien. Regter Jeanette Traverso-Coetzee het as voorsittende regter opgetree en is deur regters Dennis Davies en Jerome Ngwenya bygestaan. Al drie regters het eenparig bevind dat die bevinding van die amnestiekomitee in die geval van brig. Du Toit en adjt.off. Ras verkeerd is en dit tersyde gestel. Regter Davies was van mening dat die amnestiekomitee se weiering van amnestie aan kol. Nieuwoudt korrek was. Die ander twee regters het egter daarmee verskil en ook in die geval van kol. Nieuwoudt die bevinding tersyde gestel. Daar is gelas dat ’n nuwe amnestieverhoor gehou moes word.

Tydens die daaropvolgende amnestieverhoor is amnestie aan Brig. Du Toit en adjt.off Ras toegestaan, maar weer eens aan kol. Nieuwoudt geweier.   Volgens adv. Visser en mnr. Wagener het die amnestiekomitee weer ernstig in hul bevinding gedwaal en sou hulle weer hersiening aanbeveel het.  Kol. Nieuwoudt is egter kort daarna oorlede.
Dit beteken dat so 'n proses onbepaald kan voortgaan.

In die geval van die PEBCO 3 waar kol. Deon Nieuwoudt, kapt. Sakkie van Zyl en sersant Johannes Koole amnestie geweier is en daarna weens moord vervolg is, is daar reeds meer as drie jaar gelede om hersiening aansoek gedoen.  Die aansoek word reeds vir die afgelope 3 jaar deur die departement van Justisie vertraag wat tot dusver 
versuim het om hulle antwoord voor te lê.   As gevolg daarvan is die verhoor steeds onbepaald uitgestel.   

Kol. Eugene de Kock en lede van die Vlakplaaseenheid het gedurende Desember 1985 ses lede van Umkhonto we Sizwe in Lesotho doodgeskiet.   Die ses lede van MK was deel van 'n groep wat op die punt gestaan het om die RSA binne te sypel om dood en verwoesting tydens die Kersseisoen te saai.   Tydens die amnestieverhoor was daar onsekerheid wie die opdrag vir die optrede gegee het en generaal Johan van der Merwe het aanspreeklikheid daarvoor aanvaar.  Hy was tydens die voorval 'n brigadier en tweede-in-bevel van die veiligheidstak van die S A Polisie. Tydens die amnestieverhoor het adv. Danny Berger wat vir die slagoffers verskyn het, ruiterlik toegegee dat die MK-lede op die punt gestaan het om die land binne te sypel om dood en verwoesting te saai. Adv. Berger het trouens in sy betoog aangevoer dat een van die redes waarom amnestie nie aan genl. Van der Merwe toegestaan behoort te  word nie, juis is, omdat volgens die getuienis wat hy gelewer het, hy opgetree het om die land en sy mense te beskerm.  Dit het derhalwe op noodweer neergekom waarvoor amnestie nie verleen kan word nie.  Daar het tydens die verhoor onduidelikheid bestaan oor die rol wat die Koördinerende Inligtingskomitee (KIK) asook die Staatsveiligheidsraad (SVR) tydens die voorval gespeel het.  Dr. Niel Barnard, die voorsitter van die KIK het tydens die amnestieverhoor alle kennis van die voorval ontken en aangevoer dat hy eers gedurende die amnestieverhore van Eugene de Kock, wat gedurende 1997 plaasgevind het, daarvan bewus geword het dat lede van die veiligheidstak by die voorval betrokke was. Dr. Niel Barnard was gedurende 1985 die direkteur-generaal van die Nasionale Intelligensiediens asook die persoonlike veiligheidsadviseur van mnr. P.W. Botha, die staatspresident.  Dr. Neil van Heerden, die direkteur-generaal van die departement van Buitelandse Sake, wat ook getuig het, het erken dat hy ongeveer ses maande nadat die voorval plaasgevind het,  verneem het dat lede van die veiligheidstak by die voorval betrokke was.  Dit was redelik algemeen in die geledere van die Inligtingsgemeenskap, wat die Nasionale Intelligensiediens ingesluit het, bekend dat Eugene de Kock en lede van sy eenheid die MK-lede in Lesotho doodgeskiet het. Dit sou trouens 'n skokkende onvermoë in die geledere van die Inligtingsgemeenskap openbaar het as dit nie die geval was nie.  In die lig daarvan is dit uiters vreemd dat dit dr. Barnard 12 jaar geneem het om ook daarvan kennis te neem. 

Daar is kort nadat die voorval plaasgevind het, medaljes vir dapperheid deur die minister van Wet en Orde, mnr. Louis le Grange, met die goedkeuring van die staatspresident, mnre. P.W. Botha aan kol. Eugene de Kock en die lede van sy eenheid wat by die voorval betrokke was, toegeken.  Hulle het albei kennis gedra van die voorval.    Regters Ronnie Pillay en Sissy Khampepe het desondanks amnestie aan genl. Van der Merwe geweier.  Advokaat Francis Bosman het 'n minderheidsuitspraak gelewer en aanbeveel dat amnestie toegestaan word.

Volgens al die getuienis wat gelewer is, het die optrede van kol. Eugene de Kock en lede van sy eenheid in hierdie geval dood en verwoesting voorkom.   Dit beklemtoon opnuut die skokkende wyse waarop die rol wat voormalige lede van die veiligheidsmagte gespeel het om die gemeenskap te beskerm, deur mnr. De Klerk en sy kollegas misken is en vandag nog steeds deur die sekere lede van die media misken word.

Op 25 Julie 1993 is weerlose kerkgangers wat vrouens en kinders ingesluit het, in die St. James kerk, Kenilworth, Kaapstad met AK47-gewere en handgranate aangeval en 11 koelbloedig vermoor.  Talle is gewond.  Dr. Alan Boesak het hom soos volg oor die voorval uitgelaat:
​“We are horrified and deeply distressed by the savage attack on the congregation at St James's Church, Kenilworth, yesterday evening. Not only is this a monstrous crime against humanity, but also a shameful desecration of a place of prayer and worship.

This is the latest in a series of barbaric and vicious armed attacks that have taken place since the announcement of significant agreements at the World Trade Centre. This tragedy can only strengthen our belief that there are dark forces at work, determined to wreck all efforts to build peace and democracy in our country.

We wish to express our deepest and most sincere sympathies with the families of the deceased in their grief. From the bottom of our hearts we wish them the strength and courage to endure a tragedy that goes beyond the personal and must affect our country as a whole.

We call on the security forces to launch an immediate and urgent investigation into this terrible crime and to bring its perpetrators to justice. For the sake of all South Africans, it is absolutely crucial that the sinister forces behind these horrifying attacks are brought to book before they can do any more damage."

-- Issued by Allan Boesak, Chairperson.
Tydens die amnestieverhoor van die APLA-lede wat die aanval uitgevoer het, is die volgende bevinding gemaak:

“APLA has publicly accepted responsibility for this attack and in its submission to the TRC it stated:
"It should therefore not surprise anyone that targets like the St James Church, King Williams Town Golf Club, Heildeberg Tavern etc were selected. The leadership of the APLA takes full responsibility for all these operations. The APLA forces who carried out these operations followed the directives from their commanders and those directives were from the highest echelons of the military leadership. We do not therefore regret that such operations took place and there is therefore nothing to ask forgiveness for”
Mnr. Letlapa Mphahlele, die president van die PAC, in wie se opdrag die aanval uitgevoer is, het aanvanklik weens hierdie moorde in die hof verskyn, maar die saak is uitgestel en het sedertdien in die niet verdwyn.    Dit is opvallend dat terwyl persone  soos mnr. Jacques Pauw en sy geesgenote by elke moontlike geleentheid heftig daarop aandring dat oud-lede van die veiligheidstak vervolg moet word, hulle geen woord rep oor gevalle soos die van mnr. Mphahlele en lede van die NUK van die ANC nie.

Oor die getal NUK-lede wat aansoek om amnestie gedoen het, was daar groot verwarring. Aanvanklik was daar 37 wat aangegroei het en as gevolg van swak administrasie deur die WVK later so verstrengel geraak het dat dit moeilik is om te bepaal wat die werklike getal was.  Amnestie is nietemin aan almal geweier.  In hulle aansoek om amnestie het die NUK-lede hulle soos volg uitgelaat :
"​We, the applicants, having at various times between 1 March 1960 and 10 May 1994, as indicated below been members and leaders of the African National Congress (hereinafter referred to as the ANC), elected and/or appointed to serve in various structures including its highest organ, the National Executive Committee, do hereby make the following declaration:

During the said period, the ANC played the foremost role in the leadership of the struggle of the masses of our people for the end of the hateful system of apartheid, appropriately dubbed a crime against humanity by the international community.

In the course of our people’s struggle, with the intent to induce the apartheid government of the National Party to abandon apartheid with its concomitant violent repression, and with the intent to achieve, bring about and promote fundamental political, social and economic changes in the Republic, the ANC, inter alia, established its military wing, Umkhonto we Sizwe, through which it prosecuted an armed struggle.

At all material times, Umkhonto we Sizwe operated under the political authority, direction and leadership of the ANC.

Due to its peculiar circumstances, and the attacks mounted upon it by its adversary, the apartheid government, the ANC established various organs at various times such as the RC, PMC and a security organ NAT which at all material times also operated under its authority, direction and leadership.116 Due to the circumstances which prevailed in the townships, in the early 1990s as a result of third force activities, the leadership of the ANC established and, in some instances encouraged the establishment of self-defence units (SDUs), which played a critical role in the defence of defenceless communities.

In the event, and to the extent that any of the activities of any of the above-mentioned institutions and structures including the SDUs could in any manner whatsoever be regarded as the kinds of acts or omissions or offences envisaged in the Promotion of National Unity and Reconciliation Act, we collectively take full responsibility therefore applying for amnesty in respect thereof."
EEN van die skokkendste terreurvoorvalle in die geskiedenis van Suid-Afrika het op 20 Mei 1983 plaasgevind. ʼn Motor met ʼn kragtige lading springstof het omstreeks vieruur die middag voor die Nedbankpleingebou in Kerkstraat, Pretoria, ontplof. (Die gebou het in Engels as die Nedbank Square Maritime House bekend gestaan.) Altesame 19 mense is dood, onder wie 12 burgerlikes en 7 Weermaglede. Altesame 219 mense is erg beseer of vermink, onder wie 217 burgerlikes en 2 Weermaglede.  Mnr. Mandela het in sy boek “The long walk to freedom” sy spyt oor die voorval uitgespreek, maar terselfdertyd gemeld dat die ANC aanvaar het dat voorvalle van hierdie aard in die loop van die  gewapende stryd gaan plaasvind.
 
Verskeie van die NUK-lede was in die buiteland tydens die tydperk toe die aanslag op sy hewigste was en sodoende vervolging vrygespring.
​
Kol. De Kock is in Oktober 1996 in die Hooggeregshof in Pretoria tot lewenslank plus 80 jaar gevangenisstraf gevonnis weens die vier moorde wat te Nelspruit en 'n vyfde wat te Pengemyn plaasgevind het.. Hy is altesame tot twee lewenslange termyne  plus 212 jaar gevangenisstraf gevonnis weens ses ander moorde (insluitend die moord op Japie Maponya), verskeie pogings tot moord en ander aanklagte.   Met uitsondering van die moorde wat te Nelspruit plaasgevind het, het die verskillende amnestiekomitees in al die ander gevalle bevind dat die moorde wel met 'n politieke oogmerk verband gehou het en in die konflik van die verlede gepleeg is. Hy is in twee van hierdie gevalle amnestie geweier, omdat hy volgens die mening van sommige komiteelede nie 'n volle blootlegging gedoen het nie.    'n Aansoek om hersiening sou in hierdie gevalle waarskynlik geslaag het.   Selfs advokaat Hattingh wat  kol. De Kock in al sy amnestieverhore verteenwoordig het, het egter toegegee dat daar geen moontlikheid was dat hersiening in die Nelspruitvoorval sou slaag nie.  Dit sou hom derhalwe niks gebaat het om hersiening te vra nie.

Die indruk wat soms geskep word dat Eugene de Kock aan die pen gery het terwyl die generaals skotvry daarvan afgekom het spruit uit algehele onkunde.   Kol. De Kock het in die Nelspruitvoorval generaal Krappies Engelbrecht probeer betrek, maar daar is tydens die strafregtelike- en ook amnestieverhoor volstrekte getuienis gelewer dat sy bewerings ongegrond is.   Jacques Pauw het in die Rapport van 10 Januarie 2010 onder andere daarop aangedring dat genl. Engelbrecht vervolg moet word.  Dit is nie duidelik of dit kwaadwillig gedoen word of 'n algehele  gebrek aan vermoë is om die getuienis wat tydens die strafregtelike verhoor en ook die betrokke amnestieverhoor gelewer is, te begryp nie.  Daar is nie 'n greintjie getuienis waarop genl. Engelbrecht vervolg kan word nie en mnr. Pauw word gedaag om aan te toon op water gronde hy van mening is genl. Engelbrecht vervolg kan word.   Daar is geen getuienis van watter aard ook al dat enige generaal aandadig was aan enige van die moorde waaraan kol. De Kock skuldig bevind is nie.  In die Maponyageval was generaal Le Roux 'n kolonel en is saam met kol. De Kock  amnestie geweier.   Soos mnr. Wynand Malan egter in sy minderheidsuitspraak met groot oortuiging aangetoon het, is amnestie in die Maponyasaak verkeerdelik geweier.  Mnr. Pauw en sy geesgenote kan gerus die uitspraak van mnr. Malan lees en dalk 'n persoon wat oor regsagtergrond beskik kry om dit aan hulle te verduidelik.

Skynbaar moes die beginsel van gelykheid voor die reg  wyk voor die nydige wyse waarop daar op die vervolging van voormalige lede van die veiligheidstak aangedring word. Soos enige ervare advokaat in die strafreg sal bevestig, bestaan daar op die grondslag van gemeenskaplike opset bloot op sigwaarde verdoemende getuienis om al die lede van die NUK, veral diegene wat in die “Political and Military Council” gedien het, wat nie amnestie gekry het nie, te vervolg.  Dit is egter opvallend dat daar nooit daarop aangedring word dat gelykheid voor die reg gehandhaaf moet word nie.

Die moontlike begenadiging van kol. Eugene de Kock is die afgelope tyd fel teëgestaan en persone wat vermoedelik nie die vaagste benul het wat Afrikanerskap beteken nie, het dit luidkeels namens die Afrikaner veroordeel.   Nog minder het hierdie persone die vaagste benul van die weersinwekkende omstandighede waaraan kol. Eugene de Kock tydens sy loopbaan blootgestel was nie.  Hy is by verskeie geleenthede met medaljes vir dapperheid vereer.   Tydens die onderhandelinge het die lede van die Vlakplaaseenheid 'n verleentheid vir mnr. De Klerk en sy kabinet geword wat in daardie stadium meer oor die guns van die ANC begaan was.  Daar moes gevolglik ontslae geraak word van die eenheid.  Lede van die vlakplaaseenheid is as melaats beskou en dit het sonder twyfel groot bitterheid by hulle veroorsaak.  

Onderwyl onderhandelinge oor amnestie aan die gang was en algemene amnestie nog sterk onder oorweging was, het regter Goldstone begin om sake teen kol. De Kock en ander lede van die veiligheidstak te ondersoek wat regstreeks met 'n politieke oogmerk verband gehou het en in die konflik van die verlede gepleeg is.  Genl. Johan van der Merwe het by mnr. De Klerk beswaar gemaak en daarop aandring dat sodanige ondersoeke gestaak moet word, maar mnr. De Klerk wou nie gehoor gee nie en het aangevoer dat dit die indruk sou skep dat hy wandade van die veiligheidstak wil verdoesel.  Lede van die  S A Polisie is egter nadruklik deur mnr. De Klerk verbied om soortgelyke sake teen die ANC te ondersoek.   Indien gelykheid voor die reg gehandhaaf sou gewees het en reg en geregtigheid geskied het, sou die ondersoek van alle sodanige sake agterweë gehou gewees het tot tyd en wyl daar duidelikheid oor die amnestie-aangeleentheid was. In so 'n geval sou kol. De Kock sonder enige twyfel met 'n baie ligter vonnis daarvan afgekom het, want hy sou slegs weens die Nelspruitvoorval en die diefstalklagtes vervolg kon word.  Die ander aanklagte wat verband gehou het met dade wat met 'n politieke oogmerk in die konflik van die verlede gepleeg is, sou,  soos later soos in die Wet op Bevordering van Nasionale Eenheid bepaal is, agterweë gehou gewees het tot tyd en wyl die amnestieverhore afgehandel is. Die regter sou ook die voordeel gehad het van al die wesenlike aspekte wat tydens die amnestieverhore blootgelê is wat beslis die verhoor in 'n ander lig sou gestel het. Dit sou ook vir die regter moontlik gewees het om die dade wat tydens die Nelspruitvoorval gepleeg is op te weeg teen die dade wat die 176 gevangenes gepleeg het wat ingevolge die “RECORD OF UNDERSTANDING”  vrygelaat is waar dit sogenaamd  in belang van nasionale versoening geskied het.  

In die geheel beskou met inagneming van alles wat gebeur het, is dit 'n skreiende onreg dat kol. De Kock nog nie begenadig is nie. 

Dit is moeilik bykans onmoontlik om bykans 30 jaar later te verduidelik wat in die gemoed van lede van die veiligheidstak omgegaan het toe hulle op die toneel waar 'n motorkarbom, landmyn, kleefmyn of ander ploftoestel ontplof het, liggaamsdele bymekaar moes maak en in plastiese sakke moes geplaas het.  Dikwels die liggame van vrouens en kinders van alle rassegroepe.  Hoe hulle dikwels op video’s wat deur verslaggewers gemaak is moes aanskou hoe 'n persoon wat daarvan verdink is dat hy met die veiligheidstak saamgewerk het met 'n buiteband vol brandstof aan die brand gesteek is en hoe ondersteuners van rewolusionêre organisasies, soos bevestig is veral ondersteuners van die  ANC , juigend en gillend om hom dans terwyl die slagoffer stadig  'n grusame dood sterf.  Hoe jeugdiges om dieselfde rede juigend en gillend om slagoffers gedans het en die slagoffers stadig met messe en ander skerp voorwerpe gekap en gesny het totdat die slagoffer later genadiglik gesterf het.   Hoe hulle by die sterfbed van 'n kollega gestaan het wie se longe deur 'n kleefmyn verbrand is wat besig was om 'n pynlike wyse stadig dood te smoor.

In 'n Brief aan die Rapport op 10 Januarie 2010 skryf mnr. Koos van der Merwe, 'n  bekende lid van die parlement en een van die weinige politieke leiers uit die ou bedeling wat die moed van sy oortuiging en die ruggraat het om sy saak in die openbaar te stel, soos volg:-
​Die Redakteur
Rapport
Deur epos:
 rapport@rapport.co.za

Geagte redaksie

Na aanleiding van Jacques Pauw se ope brief aan president Zuma in Rapport van 10 deser, skryf ek hiermee ook ‘n ope brief aan die president. Mnr Pauw pleit emosioneel daarvoor dat president Zuma moet woordhou om “elkeen van die polisiemanne wat gemoor het, aan die pen te laat ry”. Mnr Pauw het die saak teen die polisie gestel en ek wil graag help om die saak teen ANC-moordenaars te stel. Audi alteram partem. Ek reageer nie op die Eugene de Kok-saga nie en stem met Rapport se mening daaroor saam.

Geagte president Zuma

Ek aanvaar dat u kennis geneem het van mnr Jacques Pauw se beroep op u in Rapport van 10 deser om woord te hou deur “elkeen van die polisiemanne wat gemoor het, aan die pen te laat ry”. U sou hierdie belofte in Februarie 1990 aan hom in Harare gemaak het.

Sou u aan mnr Pauw se oproep gehoor gee en opdrag gee dat vervolgings teen die polisie van die ou Suid-Afrika ingestel word, is die vraag of u dan ook al die ANC-lede wat moord en ander wreedhede gepleeg het, “aan die pen gaan laat ry”. Mnr Pauw is klaarblyklik nie gepla met die moorde en wreedhede wat die ANC gepleeg het nie.

As ons dan na 16 jaar nog nie die hoofstuk oor ons apartheidsverlede wil afsluit nie, dan kan u sekerlik in alle billikheid nie net een kant vervolg en die ander met moord laat wegkom nie. Vergun my asseblief die geleentheid om kortliks besonderhede van ANC-moorde en wreedhede te gee, wat tans nog ongestraf is.

Amnesty International (Sien Amnesty International 2 December 1992: All Index: AFR 53/27/92) het in 1992 ‘n 24 bladsy verdoemende verslag teen die ANC uitgebring en bevind onder andere –

“For a dozen years or more, prisoners of the ANC were subjected to torture, ill-treatment and executions. These abuses took place at military and prison camps run by the ANC in several African countries, notably Angola, Zambia, Tanzania and Uganda...”

Volgens Amnesty was die slagoffers hoofsaaklik lede van MK. Die ANC se verduideliking van die wreedhede is dat hulle agente van die Suid-Afrikaanse regering was. Die waarheid is dat baie van hulle inderdaad bona fide MK-lede was wat bloot oor toestande gekla en vrae oor ANC-beleid geopper het. “In either case,” bevind Amnesty, “torture and execution of prisoners cannot be justified”.

Amnesty beskryf die aaklige omstandighede van die ANC-aangehoudenes in die ANC-kampe. Aangehoudenes kon hulself en hul klere slegs eenkeer in ‘n aantal weke was. Net een drom water is gebruik en is van sel tot sel aangestuur sodat meeste selle ‘n drom “water” gekry het wat dik van die vuil was. Daar was geen kans om komberse te was nie, wat spoedig met luise besmet was. Sommige aangehoudenes het gekla dat hulle slegs een koppie drinkwater per dag gekry het. Siektes, soos malaria en maagkoors, het uitgebreek en daar was geen geneesheer beskikbaar nie en eerstehulp-personeel was in die algemeen onsimpatiek en het selfs aangehoudenes aangerand. Marteling en wrede aanrandings het algemeen voorgekom.

Aangesien mnr Pauw ‘n aantal voorbeelde genoem het, doen ek dieselfde:
  • ​MK-lede wat in Angola aangehou was, het verskeie kere in opstand gekom. In 1984 is ‘n opstand in die Pango-kamp onderdruk; die opstandelinge is aan bome vasgemaak; aangerand; geslaan en gesmelte plastiek is op hul naakte liggame gedrup. Sewe is aangekla en deur ‘n ANC-sekuriteitsbeamte verhoor; sonder regverteenwoordiging; is skuldig bevind en doodgeskiet.
  • In Nova Instalacao-kamp is aangehoudenes in donker, klam selle aangehou sonder komberse of matrasse en moes op betonvloere slaap. Toilette was geblokkeer en urine en ontlasting het in die selle ingevloei. Kos was bitter skaars, siektes volop en mediese hulp onverkrygbaar. Selby Msimang en Ben Thibane het gesterf.
  • Marteling het veral ook in die Revolutionary Council-gebou in Lusaka plaasgevind met knuppels, draad, tuinslange, doringdraad, staalpype, fietskettings, lippe is met brandende sigarette gebrand, testikels is met tange geknyp en elektriese skokke is toegedien. Soms is voetsole geslaan en sommige is in watergevulde selle aangehou. Sommige gevangenes is gedwing om op rooimier-neste te sit.
  • Thabo Twala is in Maart 1990 in “Sun City”-kamp in Lusaka doodgeslaan.
  • Senior MK-bevelvoerder Thami Zulu is in November 1989 dood nadat hy 14 maande lank aangehou is.
  • Mzwai Piliso, ‘n ANC-sekuriteitshoof, het erken dat gevangenes aangerand en op die voetsole geslaan is.
  • Amnesty se verslag bevat volle besonderhede van die ANC-wreedhede.
​Daar is ook die boek MBOKODO van Mwezi Twala en Ed Benard wat in 1994 verkyn het. Twala is self in ANC-kampe aangehou en vertel van sy onmenslike ondervindings.

President Mandela het in 1991 ‘n Kommissie van Ondersoek aangestel om die beweerde wanpraktyke te ondersoek. Die Kommissie bevind dat daar wyd verspreide martelings en mishandling was en dat die gebeure nie versinsels van ANC-vyande is nie. Die Kommissie se beperkte mandaat het verhoed dat bevindings oor moord en “verdwynings” gemaak kon word. Sommige getuies is wreed aangetas, gebroke en hul lewens is verwoes deur armoede, onderbroke skoolgaan en ongeskiktheid.

President Mandela het in 1991 ‘n Kommissie van Ondersoek aangestel om die beweerde wanpraktyke te ondersoek. Die Kommissie bevind dat daar wyd verspreide martelings en mishandling was en dat die gebeure nie versinsels van ANC-vyande is nie. Die Kommissie se beperkte mandaat het verhoed dat bevindings oor moord en “verdwynings” gemaak kon word. Sommige getuies is wreed aangetas, gebroke en hul lewens is verwoes deur armoede, onderbroke skoolgaan en ongeskiktheid.
​
Die Kommissie maak die belangrike aanbeveling dat ‘n werklik onafhanklike ondersoek ingestel word om die moorde en “verdwynings” te ondersoek, wat natuurlik nog nooit gebeur het nie.

Die Kommissie het ‘n vertroulike lys name aan president Mandela gegee van persone wat na bewering skuldig aan die wandade was, maar sê die lys moenie tot die genoemdes beperk word nie. Die ANC het nie die name bekend gemaak nie.

Geagte president, dan is daar die voorlegging wat mnr FW de Klerk in 1996 aan die WVK gemaak het waarin hy onder andere sê 505 mense is wreed met die sogenaamde halssnoer-metode om die lewens gebring.

Ek doen met eerbied aan die hand, mnr die president, dat as u sou besluit om mnr Pauw se advies te volg, u dan almal wat oortree het, laat vervolg. Ook die ANC-skuldiges.

U sien, niemand is nog ooit oor die moorde en wreedhede in die ANC-kampe vervolg nie. Niemand is ook nog ooit vir die onbeskryflik aaklige halssnoer-moorde vervolg nie.

Ten slotte, mnr die president, anders as mnr Pauw, doen ek ‘n beroep op u om die boek oor die verlede te sluit. Laat ons eerder die item “versoening” die ereplek heel bo aan ons sakelys gee.

Die uwe
JH VAN DER MERWE LP
rapportpauw100110

Lees verder: Die audi alteram partem-reël
SEARCH THIS WEBSITE
EXPLORE CATEGORIES
Equality before the Law
Equality before the Law
Former SAP Members Benevolence Trust
Former SAP Members Benevolence Trust
Publications
Publications
NONGQAI - Your national security history magazine without malice.
Free monthly publications
Former SA Police: 1913 to 1994
QUICK LINKS
Press Releases - Equality before the Law
Persverklarings - Gelykheid voor die Reg
Publications / Publikasies
Nongqai Magazine Latest Editions
Historical Documents
Police Commissioners
Police Memorials and Buildings
South African Mirror - Logo
South African Mirror
DISCLAIMER
CONTACT US
UPLOAD FILES
www.samirror.com

Website by Elsden Design Services
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us