KRAGTIG BEKLEE MET DIE WAPENRUSTING VAN GELOOF
deur Kaptein M. de W. Dippenaar
Soos Paulus homself in sy Bybelse brief aan die Efesiërs beskryf as “die gevangene van Christus”, so staan elke lid van die Suid-Afrikaanse Polisie vandag in sy beroep as ‘n “gevangene” van sy of haar Almagtige Skepper – staan hy en sy in nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige God wat oor die afgelope sewentig jaar ‘n wakende hand gehou het oor die geskiedenis en lotgevalle van hulle wat Paulus in sy Romeine-brief so omskrywend tipeer as die “dienaars van God”. Dit kan seker nie vandag meer aan die toeval toegeskryf word dat die polisieman, by name en by implikasie, so volledig en in volle omvang beskryf word in al die grootste geloofskrifte van die wêreld nie. In sowel die Bybel, die Talmud en die Koran verskyn ‘n boek of gedeelte wat ‘n spesifieke verwysing het na hulle wat die aangestelde gesag dienstig is. In die naam van die Allerhoogste. Maar dit alleen is nie wat van hulle gelowiges maak nie.
Nee, die Here se bewarende hand was regdeur die geskiedenis teenwoordig – soos wat dit vandag nog teenwoordig is. Sonder om die verlede te herhaal, bly die vraag steeds aktueel: “Hoe het die Polisiemag die 1918 griepepidemie sonder noemenswaardige verliese oorleef en dit terwyl geregsdienaars oraloor die rol gespeel het van verpleegster, geneesheer en, in groot maat ook, begrafnisondernemer?” Dit was voorwaar ‘n wonderwerk. Weestand was gebied teen die onheile van die tyd. Suid-Afrika – die jongste land – het staande gebly. Daar is natuurlik vele bewyse uit die afgelope sewentig jaar waar Hy, die kenner van goed en kwaad, nooit Sy vegsmanne in hul strydsaak verlaat het nie. Die Spaanse Griep van 1918 bly maar ‘n enkele voorbeeld.
Daar was vele meer. Kom ons probeer 26 Augustus 1966 ontleed. Nie net vir die Polisiemag nie, maar ook vir die Republiek van Suid-Afrika, bly dit ‘n onvergeetlike datum. Ons jong Republiek het gestaan aan die vooraand van sy donkerste nag – die sluipmoord op Dr. Hendrik Verwoerd. Onbewus van die beproewing wat op 6 September 1966 op almal sou gewag het, volg ‘n roetine-polisiepatrollie op 26 Augustus 1966 ‘n berig op dat drie terroriste op Ongulumbashe in die verre noorde van Suidwes-Afrika bespied is. Die term “terroris” het nog weinig betekenis gehad, selfs vir die polisiemag.
Die polisiemanne, wat gaan ondersoek instel het, was in die helikopter, ongeveer 15 meters bokant die grond, toe die terroriste, van onder ‘n boom af, direk op die voertuig losgebrand het met outomatiese wapens. Die polisiemanne het ontkom – die terroriste nie. Een is doodgeskiet en twee gevange geneem. Die vraag was egter: Terwyl honderde koeëls op die stil-hangende helikopter gevuur was, hoe kon dit wees dat slegs die punt van ‘n rotorlem skrams getref is? Was dit nie tog maar die “skild van die geloof” wat die “vurige pyle van die Bose” uitgeblus het nie? Toeval was nie eers ter sprake nie – bestiering wel. Dit kon so tragies anders gewees het.
Soveel vir die bekende – miskien selfs beroemde – gevalle.
Tot vandag nog stroom voorbeelde by die dosyne in – hiëna’s wat landmyne uitgrawe net voordat die Suid-Afrikaanse Polisie se grenspatrollies ‘n toneel op ‘n betrokke roete bereik; in een geval – uiters raar, maar waar – het ‘n leeumannetjie selfs vir drie dae gewaak oor ‘n polisiesersant wat, terwyl hy die grens patroller het, onverklaarbaar slaapsiekte opgedoen het. Sulke gevalle is opgeteken en word skriftelik gestaaf. Dit kon tog geen toeval gewees het nie.
Moontlik is die verborgenheid van die ware geloof met vrymoedigheid deur onverklaarbare gebeurtenisse bekend gemaak – elke polisiebeampte glo so.
Maar is die geloof waarmee ‘n polisieman besiel word dan ‘n gelate geloof? Aanvaar hy net ‘n Godswakende Hand as vanselfsprekend? Nee, inteendeel. Hy evangeliseer inderdaad nie die hele lewe nie en loop ook nie te koop met geloofsake met ‘n Bybel onder die arm nie. Dis meer ‘n stille geloof, gegrondves in diepe oortuiging en onderskraag deur onopsigtelike dade as dankoffer vir die groot genade om deel te kan wees van die magtige diens. Vaderlandsvryheid en –reg bly hul hoofverantwoordelikheid voor die aangesig van God en medemens en die taak word blymoedig en lewenslustig aanvaar en uitgevoer. Dit is ‘n onwrikbare voorreg – ‘n onstuitbare reg.
Ook in die alledaagse voortbestaan word hierdie geloof uitgelewe. Selfs in die kleinste gemeente word ‘n polisieman in die kerkraad aangetref – nie as bewaker van die reg nie, maar as gelowige handhawer van die geestelike stryd. Vra vir bydraes vir Bybelverspreiding, vir sendingwerk, vir goeie werke en so meer, en die Polisiemag se bydraes is altyd van die grootstes. Hierdie bydraes neem ook nie net die vorm van geld aan nie, maar is meermale aktiewe hulp en deelname. Tot in die kleinste en nietigste vorm van dienslewering aan die kerk bly die polisieman “altyd getrou” en die geloof ter wille.
Reeds sedert 1952 beskik die Polisiemag oor ‘n eie kapelaanskorps. Hoewel ‘n enkele predikant vir bykans tien jaar alleen en op ‘n tydelike basis geestelike bearbeiding en algemene welsyn onder polisiebeamptes moet behartig, het die behoefte aan groter en meer intense geestelike onderskraging sodanig gegroei dat predikante voltyds as integrale deel van die Polisiemag aangestel is. Ondervinding het geleer dat die polisieman so gevul is met onrusbarende gedagtes van moorde en ander misdade teen die mensdom, dat die onsekerheid wat deur die gedagte meegebring is in hom ‘n diepe besef van sy eie nietigheid en ‘n afhanklikheid in die krag en leiding van God gekweek het. Sy godsdienssin het geleidelik sterker ontwikkel en die polisie-kapelane het deur noue kontak gesorg dat die “wapenrusting van God” ‘n deel word van elke geregsdienaar se daaglikse toerusting. Met die krag van Bo en in noue kontak met die kerk beskik polisiemanne vandag oor ‘n sterk borswering om ons land ‘n veiliger plek te maak.
En nou, in 1983, in “Bybeljaar”, soos die “Wagters op die Mure” van ouds, staan hulle voortdurend wakend, gestut deur die besef:

“Eiekrag is sandgebou,
selfs die sterkste gaan verlore
as hy nie op God vertrou –
Hy, die Weter waar die weg is,
Kenner van die goed en kwaad,
sal, solank die strydsaak reg is,
nooit die vegsman ooit verlaat.”
selfs die sterkste gaan verlore
as hy nie op God vertrou –
Hy, die Weter waar die weg is,
Kenner van die goed en kwaad,
sal, solank die strydsaak reg is,
nooit die vegsman ooit verlaat.”
Hierdie praatjie is met dank saamgestel uit woordgrepe vervat in die Bybel, die “Credo van die Suid-Afrikaanse Polisie”, die amptelike polisielied “Altyd getrou” en Danie Stegman se gedig “Die Brandwag”.
Uitgesaai deur die Afrikaanse Radiodiens (SAUK) in die program “In my kontrei” – op Saterdag 27 Augustus 1983 – die vyftigste herdenking van die vertaling van die Bybel in Afrikaans.

DEEL HIERDIE BLAD