HULDEBLYK AAN GENL. M.C.W. GELDENHUYS
deur Generaal Johan Van Der Merwe
Michiel Christian Wilhelm Geldenhuys het hom op 8 November 1943, tydens die tweede wêreldoorlog, by die S A Polisiemag aangesluit. Dit was die begin van ‘n roemryke loopbaan wat weinig, indien enige van die ander lede van die polisiemag, beskore was.
Hy is na voltooiing van sy opleidingskursus in Johannesburg geplaas waar hy ‘n lid van die speurdiens geword het en in Orlando, Moroka en Kliptown gestasioneer was.
Hy het ‘n lid van die eenheid wat maatskappyebedrog ondersoek het geword en was by die ondersoek van ‘n opspraakwekkende bedrogsaak betrokke wat tot in Londen gestrek het.
Hy is gedurende 1947 na die Handelstak in die Graysgebou in Johannesburg oorgeplaas.
Gedurende 1949 is hy tot tweedeklas speurdersersant bevorder.
Bevorderingsgeleenthede in die speurafdeling was beperk en gedurende 1951 het hy gevra om weer na die uniformafdeling oorgeplaas te word waar hy tot eersteklassersant bevorder is en te radiobeheer in Johannesburg gestasioneer is. Op 1 April 1953 is hy as stasiebevelvoerder op Utrecht aangestel. Op 1 Januarie 1956 is hy tot hoofkonstabel bevorder, ‘n rang wat later deur adjudant-offisier vervang is, en is as die stasiebevelvoerder te New Castle aangestel. Op 0 1 Oktober 1958 is hy tot die rang van luitenant bevorder en te Greenwood Park in Durban geplaas.
Gedurende 1962 is hy as die distrikskommandant van Keetmanshoop aangestel. Sy bekwaamheid het spoedig onder die aandag van genl. Hendrik van den Bergh, wat die hoof van die veiligheidstak was, gekom. Hy is gedurende 1963 na die veiligheidstak oorgeplaas waar ‘n hegte verhouding tussen hom, genl. Van den Bergh en mnr. John Vorster ontstaan het. Hy word kort daarna as die koördinerende offisier van die veiligheidstakke in die Oos-Kaap aangestel waar hy spoedig as die “ystervuis” van die Oos-Kaap bekend geraak het. Gedurende 1964 is hy as die hoof van die Republiek se Intelligensiediens aangestel. Hy was betrokke by die arrestasie van Yuri Loginof, ‘n KGB-spioen. Hy was ook by die arrestasie van Bram Fischer betrokke. Hy het aan die hoof gestaan van die ondersoek na die ontvoering van mev. Etty Glazer en haar seun Sammy wat gedurende Maart 1966 plaasgevind het. Daar is aanvanklik ‘n losprys van R140 000 betaal, maar al vier ontvoerders is opgespoor en gearresteer. Die meeste van die geld is teruggevind.
Die Buro vir staatsveiligheid is gedurende 1969 gestig en genl. Hendrik van Den Bergh is as die hoof daarvan aangestel. Genl Van den Bergh het onmiddellik gereël dat genl. Geldenhuys na die Buro oorgeplaas word waar hy adjunk-hoof van die Buro geword het. Genl. Geldenhuys is gedurende 1974 weer teruggeplaas na die polisie waar hy hoof van die veiligheidstak geword het. Hy is gedurende 1978 as kommissaris van die polisie aangestel.
Op 25 Januarie 1980 het drie MK-terroriste gewapen met AK-gewere en handgranate die Volskasbank in Silverton binnegegaan en 25 van die werknemers gyselaar geneem. Genl. Geldenhuys, op daardie tydstip die kommissaris, het onmiddellik vanaf Kaapstad na Pretoria gevlieg en na die toneel vertrek waar die taakmag reeds ontplooi was. Nadat hy die situasie ontleed het, het hy opdrag gegee dat die terroriste doodgeskiet moet word. Die taakmag het daarin geslaag om die drie terroriste dood te skiet, maar een het ‘n handgranaat laat ontplof wat van die werknemers gedood en beseer het.
EEN van die skokkendste terreurvoorvalle in die geskiedenis van Suid-Afrika het op 20 Mei 1983 plaasgevind. ʼn Motor met ʼn kragtige lading springstof het omstreeks vieruur die middag voor die Nedbankpleingebou in Kerkstraat, Pretoria, ontplof. (Die gebou het in Engels as die Nedbank Square Maritime House bekend gestaan.) Altesame 19 mense is dood, onder wie 12 burgerlikes en 7 Weermaglede. Altesame 219 mense is erg beseer of vermink, onder wie 217 burgerlikes en 2 Weermaglede. Die twee terroriste wat die ontploffing veroorsaak het, Ezekiel Maseko en Freddie Shongwe, is ook in die ontploffing gedood. Hulle was waarskynlik nie goed opgelei hoe om die sender en ontvanger van die afstandbeheermeganisme te aktiveer nie of het deurmekaar geraak en dit in verkeerde volgorde gedoen. Die ploftoestel het gevolglik onmiddellik ontplof toe die afstandbeheermeganisme geaktiveer is. Helene Pastoors, ‘n Belgiese burger wat in Nederland gebore is, het die voertuig met die springstof vanaf Swaziland deur ‘n grenspos die land binnegebring. Sy is ‘n tyd gelede deur die ANC-regering met ‘n medalje vir hierdie gruweldaad vereer.
Ironies genoeg het genl. Geldenhuys die voormiddag van 20 Mei 1983 die hoeksteen gelê van die gedenksteen by die Uniegebou ter nagedagtenis aan al die lede wat hulle lewe in belang van hulle land opgeoffer het.
Hy het op 31 Mei 1983 met pensioen uit die diens getree.
Daar is ‘n groot aantal medaljes aan genl. Geldenhuys toegeken wat onder andere die volgende ingesluit het:
Genl. Geldenhuys het alles veil vir sy land en sy mense gehad. Hy was ‘n Afrikaner in murg en been wat sy taak met groot toewyding en ywer vervul het.

- S A Polisiester vir uitnemende leierskap
- S A Polisiester vir voortreflike diens
- S A Polisiester vir uitmuntende diens
- S A Polisiester vir verdienste
Genl. Geldenhuys het alles veil vir sy land en sy mense gehad. Hy was ‘n Afrikaner in murg en been wat sy taak met groot toewyding en ywer vervul het.

Na sy aftrede het genl. Geldenhuys die voorreg gehad om sy pensioen tot en met gedurende 1994 te geniet. Gedurende 1994 het die ANC-regering aan bewind gekom en dit was onmiddellik duidelik dat die voormalige lede van die S A Polisiemag, insonderheid die veiligheidstak wat daarin geslaag het om die rewolusionêre aanslag met groot welslae af te weer, ‘n duur prys daarvoor gaan betaal. Ek en genl. Geldenhuys het saam met genl. Johan Coetzee, genl. Hennie de Witt en ons eweknieë van die weermag verskeie samesprekings met mnre. Mandela, de Klerk en Mbeki gevoer in ‘n poging om die voormalige lede van die polisiemag teen vervolging te beskerm. Dit het egter geen welslae opgelewer nie. Die werksaamhede van die WVK het gedurende 1996 ‘n aanvang geneem en dit was uit die staanspoor duidelik dat die oudlede van die voormalige veiligheidstak die spit gaan afbyt. Ek en genl. Geldenhuys was verplig om onmiddellik ‘n regstryd met die WVK aan te knoop wat uiteindelik in die appèlhof geëindig het en in ons guns beslis is.
Genl. Geldenhuys en Annatjie het baie hard gewerk om te help om fondse in te samel vir die regskoste van oudlede van die veiligheidstak. Annatjie het konfyt gemaak, gebak en was jaar vir jaar getrou op haar pos by ons jaarlikse skaapbraai.
Die welsyn van lede van die polisiemag het Genl. Geldenhuys en ook vir Annatjie baie na aan die hart gelê. Geen moeite of opoffering was vir hulle ooit te groot as dit by die welsyn van lede van die polisiemag gekom het nie.

Ons salueer ‘n groot Gees wat diep spore in die polisiemag getrap het!
1913 - 1994