South African Mirror
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us

Eugene de Kock uit tehuis ná werkers se beswaar


​Deur Seugnet van Zyl | 21 Julie 2017 18:25
Eugene de Kock'n Onlangse foto van 'n soek Eugene de Kock. Foto: Anemari Jansen
Eugene de Kock (68), voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, is “veilig” en “rustig” nadat hy vroeër die week uit ’n ouetehuis in Pretoria verwyder is.

De Kock was vir sowat twee weke ’n inwoner van die Ons Tuis-tehuis in Riviera, Pretoria, voordat versorgers en hulpverpleërs teen sy intrek kapsie gemaak het.

“Dis eintlik jammer, want dit sou vir sy menswees goed gewees het,” sê ds. Dries Beukes, waarnemende bestuurder van die Ons Tuis- en Monument-tehuis.

Anemari Jansen, vertroueling en skrywer van die boek oor De Kock, Assassin for the State, het Vrydagmiddag by navraag slegs gesê De Kock is op ’n veilige plek.

“Ek kan nie regtig nou kommentaar lewer nie, maar hopelik sal die storie ’n beter einde hê.”

Beukes sê hy het eers ’n week nadat De Kock in Ons Tuis ingeneem is, daarvan gehoor.

“Ons is ’n diensorganisasie. Ons evalueer ’n persoon of hy geskik is vir ’n tehuis al dan nie.”

Beukes sê die evalueringsproses is vertroulik waar maatskaplike werkers hul eie oordeel gebruik.

“Hy is siek. Iewers moes hulle ’n heenkome vir hom soek.”

Rapport het einde Junie berig dat ’n uitgeteerde De Kock in ’n bedenklike toestand in ’n senuweekliniek in Pretoria behandel word.

Jansen het destyds gesê hy het in Desember ’n algehele fisieke en geestelike ineenstorting gehad.

Volgens haar het hy aanvanklik weens ’n longembolisme by die dood omgedraai.

“Dit was sy liggaam se reaksie nadat hy reeds erg depressief was.”

Jansen het toe ook gesê dat De Kock geen vaste heenkome het nie.

“Hy word van een veilige huis na die volgende geskuif. Hy het nêrens wat hy sy eie kan noem om sy voete in die samelewing te vind nie.

“Hy is in sy kop nog nooit werklik uit die tronk vrygelaat nie, want hy is steeds ’n gevangene van sy omstandighede,” het sy aan Rapport gesê.

Volgens Beukes het ’n “jong maatskaplike werker” De Kock laat opneem sonder dat sy eens besef het wie hy is.

“Dis ’n mens. Ons tref nie onderskeid tussen mense nie. Ons het vir niemand nog ’n misdaadnavraag gedoen nie. Hierdie persoon het ’n wettige parool.”

Hy sê De Kock het skade aan niks en niemand berokken nie.

Volgens Beukes was sowat 30 versorgers en hulpverpleërs teen De Kock se intrek gekant.

Hy sê hulle was bang en het vir hul lewe gevrees.

“Ek het hulle gevra waarvoor. Hy het nie ’n wapen nie. Toe het hulle ook gesê dat hulle nooit ingelig is dat hy ’n inwoner daar sou wees nie, maar ons lig hulle eintlik nooit oor enigiemand in nie.”

Die Sowetan het berig ’n vrouewerker het gesê: “Hy het baie mense doodgemaak. As daar ander mense is wat hom wil dood hê, is ons in gevaar.”

Nog ’n werker het aan die koerant gesê: “Hulle dink ons ken nie ons geskiedenis nie. Hulle dink ons is dom.”

Beukes het benadruk dat De Kock nie ’n kluisenaar in die tehuis was nie en nie net in sy kamer gebly het soos van die werkers beweer het nie.

“Daar was instruksies op sy kamerdeur, maar hy het in die eetsaal geëet.”

De Kock is in 2015 met streng paroolvoorwaardes vrygelaat nadat hy 20 jaar in C-Max, die maksimumsekerheidsafdeling van die Kgosi Mampuru-tronk in Pretoria, opgesluit was.

Hy is daarna steeds deur beamptes van vermoedelik staatsveiligheid bewaak en waar hy gebly het, was ’n geheim.

De Kock het Ons Tuis Woensdag omstreeks 14:00 glo vergesel deur ses mans in drie voertuie verlaat.

Oudgenl. Johan van der Merwe, voorsitter van die polisie se liefdadigheidstrust, het in Junie aan Rapport gesê ’n aftreeoord met versorging is een van die moontlikhede om De Kock te vestig nadat sy siekefondsvoordele vir behandeling by die senukliniek uitgeput is.

Dié trust werk saam met Jansen om geld in te samel om De Kock te help met sy uitgawes en ’n plek te kry waar hy permanent kan intrek.

De Kock, wat die polisie destyds met ’n skeidingspakket verlaat het, kry geen pensioen nie.

Bron: netwerk24.com


Aanbevole leesstof:
Die Konflik van die Verlede : 'n Feitlike Oorsig
Recommended reading:
The Conflict of the Past : A Factual Review
FUNDRAISING - Special Project
Eugene de Kock: Sluipmoordenaar van die staat
Eugene de Kock: Assassin for the State
SEARCH THIS WEBSITE
EXPLORE CATEGORIES
Equality before the Law
Equality before the Law
Former SAP Members Benevolence Trust
Former SAP Members Benevolence Trust
Publications
Publications
NONGQAI - Your national security history magazine without malice.
Free monthly publications
Former SA Police: 1913 to 1994
QUICK LINKS
Press Releases - Equality before the Law
Persverklarings - Gelykheid voor die Reg
Publications / Publikasies
Nongqai Magazine Latest Editions
Historical Documents
Police Commissioners
Police Memorials and Buildings
South African Mirror - Logo
South African Mirror
DISCLAIMER
CONTACT US
UPLOAD FILES
www.samirror.com

Website by Elsden Design Services
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us