South African Mirror
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us

OM AAN DIE BEWEEG TE BLY

deur Majoor Tiaan Crafford
OM AAN DIE BEWEEG TE BLY: Polisie-Praatjies en PensketsePOLISIE-PRAATJIES EN PENSKETSE
Patrolliewerk, hetsy dier-, voet- of voertuigpatrollie is en bly die basis van die Suid-Afrikaanse Polisie waarom en waarop ander verrigtinge gebou word.  Ons moet gevolglik aan die beweeg bly en u sal seker nie verder wonder hoekom polisiemanne se broeke agter so maklik blink skuur nie.

Vir die afgelope 70 jaar, dit wil sê vanaf 1913 toe die Suid-Afrikaanse Polisie sy ontstaan gehad het, is miljoene der miljoene kilometers aan patrollies afgelê.  Aanvanklik was patrollies rustig daaraan toe te oordeel aan statistiek van 1913 wat onder andere die volgende getalle toon:  Perde – 1 948, Muile – 262, Donkies – 44, Kamele – 3, Trapfietse – 244, Skotskarre – 14, Patrolliewaens of te wel “Black Marias” – 7 en Motorkarre – 6.  Die misdadigers het egter meer geslepe en vinniger geraak.  Soos hulle moes ons ook begin laag vlieg oor die aarde en besit ons tans reeds meer as 10 000 voertuie.  Die Suid-Afrikaanse Polisie het selfs in 1968 al die vinniger lewe van spoed beleef deur 3 vliegtuie en 2 helikopters op hul naam te hê.

Naas die perd wat sy eervolle deel in die geskiedenis van die Mag dra, is daar die kameel wat net soveel bygedra het tot die romantiek van die patrollies.  Alhoewel die kameel as ‘n uitstekende vervoermiddel in die Kalahari gedien het, was daar altyd ‘n bottel koolteer en ‘n verfkwas byderhand in die saalsak.  Om sy pote teen die warm sand te beskerm was dit die teer geverf.  Die manikuur in die winter, wanneer die kameel verhaar, was om hom met ‘n hark uit te hark en dan, daarna, met ‘n harde besem by te kom.

Gedurende die Tweede Wereldoorlog het die Suid-Afrikaanse Polisie die eerste polisiemag geword om ‘n motorfietskontingent op die been te bring.  Hulle het naamlik in die destydse Abbisinië (Etiopië vandag) geveg en gehelp om Keiser Haile Selassie, die Leeu van Juda, op die troon terug te plaas.

OM AAN DIE BEWEEG TE BLY: Polisie-Praatjies en PensketsePOLISIE-PRAATJIES EN PENSKETSE
Die aankoop van vervoermiddels was nog altyd as ‘n baie gewigtige transaksie bejeën.  So is formeel vanaf die hoogste vlak ‘n Raad van Ondersoek ingevolge artikel 46(1)(9) van die Polisieregulasies vir die 24ste dag van Junie 1947 belê met die doel “dat ‘n sekere donkie van Enkeldoring wat tekoop aangebied is aan die Goewerment van die Unie van Suid-Afrika deur inspekteur J.H. Cloete van die Suid-Afrikaanse Polisie en Goewermentsveearts G.J. de Wet ondersoek en evalueer waarna ‘n mening en aanbeveling oor die onderwerp gegee moet word”.  Die Raad bevind dat die donkie, ‘n vaal reun, 6 jaar oud, 8 hand hoog en nie gebrand nie, diensbaar, gesond en geskik vir polisiewerk vir twee pond aangekoop kan word.  Aangesien die onderhawige donkie egter nie alleen die waterkar kan trek nie, word verder aanbeveel dat ook ‘n tweede donkie aangekoop moet word.  Dieselfde wyse moes gevolg word om die bykomende donkie op Enkeldoring te kry.

Selfs ‘n ondiensbare waterkar van Sustershoek het op paslike wyse gedurende 1956 “op pensioen” gegaan met ‘n brief tot die effek aan die Sekretaris van die Tesourie en afskrifte daarvan aan die Kontroleur en Ouditeur-generaal en die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie.

Die ekonomie van die land het met rasse skrede vooruitgegaan en die polisie het gevolglik ook gemoderniseer.  Voet- en fietspatrollie het deels plek gemaak vir voertuie met hoë frekwensie langafstand radio’s, radiotegnici, polisiemotorhawens en ‘n meganiese skool vir die opleiding van werktuigkundiges en motorbestuurders.

Voetpatrollie bly egter steeds die ideale vorm van patrollie.  Die voetpatrollieman het nie net ‘n beter waarnemingsposisie nie, maar is voortdurend in noue kontak met die publiek aan wie hulpdienste makliker verleen kan word wat die welwillendheidsaard van die Suid-Afrikaanse Polisie beklemtoon.  Voetpatrollie bring jou ook in aanraking met die snaakste dinge onder die son.

Jare gelede was ‘n konstabel alleen ‘n sekere nag op voetpatrollie langs Braamfontein spoorwegstasie.  Op die spoorterminaal het ‘n leë passasierswa eenkant gestaan.  Om te kyk of alles pluis is, het hy sy rondtediens in die betrokke passasierswa gemaak en op een van die banke net so ‘n bietjie skuins gelê.  Die volgende oggend word hy wakker in Potchefstroom.  Wat sy verduideliking aan die wyksersant was, weet net hy.

Dan gebeur dit tog te dikwels dat moeders jou ten onregte voorkeer en vra:  “Kom maak net gou my driejarige seuntjie bang – hy wil nie sy kos eet nie.”

Eens is ‘n 76-jarige man gearresteer.  Onder sy klere was die volgende gesteelde goedere versteek:  2 kartonne sigarette, 4 horlosiebande, 2 pype, 4 brille, 25 boorpunte, 11 sakmesse, ‘n ring, ‘n skeermes en eienaardig genoeg, ‘n huweliksertifikaat!
Met motoriste het jy net sulke ammusante petaljes – soos ‘n vark in ‘n sak wat langs die bestuurder sit en met ‘n skyfie van ‘n “Baked Beans” advertensie op die voorruit in die plek van die motorlisensie.

En dan die jaagduiwels.  ‘n Motor wat eendag in dolle vaart deur ‘n ander motor al om die straatblok agtervolg is, kon na ‘n geruime tyd deur die voetpatrolliekonstabel by ‘n stopstraat voorgekeer word.  “Wie jaag jou so?”  Die konstabel kon seker nie help om te glimlag toe die antwoord vinnig en benoud kom nie:  “My vrou”.

‘n Volgende persoon het sy hoë snelheid toegeskryf aan sy eie troue waarvoor hy reeds laat was.  Hy moes egter 25 pond van die bruidskat opdok toe vasgestel is dat hy reeds ses maande vantevore in die eg verbind is.

Die lief en leed van elke huis loop dikwels oor tot op die straat.
​
Die sersant vra ewe belangstellend aan die besopene, wat hy na die aanklagkantoor lei, hoekom hy dan nou so diep in die bottel gekyk het.  Met groot begrip moet die sersant toe die volgende aanhoor:  “My vrou het vandag 35 hoede en 40 rokke op skuld gekoop.”


Uitgesaai deur die Afrikaanse Radiodiens (SAUK) in die program “In my kontrei”.
Polisie-Praatjies en Pensketse
DEDIKASIE EN VOORWOORD
INHOUDSOPGAWE
Volgende hoofstuk:
SPOOKSTORIES

DEEL HIERDIE BLAD
SEARCH THIS WEBSITE
EXPLORE CATEGORIES
Equality before the Law
Equality before the Law
Former SAP Members Benevolence Trust
Former SAP Members Benevolence Trust
Publications
Publications
NONGQAI - Your national security history magazine without malice.
Free monthly publications
Former SA Police: 1913 to 1994
QUICK LINKS
Press Releases - Equality before the Law
Persverklarings - Gelykheid voor die Reg
Publications / Publikasies
Nongqai Magazine Latest Editions
Historical Documents
Police Commissioners
Police Memorials and Buildings
South African Mirror - Logo
South African Mirror
DISCLAIMER
CONTACT US
UPLOAD FILES
www.samirror.com

Website by Elsden Design Services
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us