Die Verhaal van Ou Grootwiel
(omheinde myngebied by Alexanderbaai)
Jan du Preez
Jan du Preez
ALEXANDERBAAI het polisiemanne sien kom en gaan. En in elke groet was daar, naas die blydskap, ook heimwee en soms ‘n traan. Vir twaalf maande was die Baai tog hul werkplek en tuiste, want in die verlatenheid van die woestyn moes hulle geregsdienaars van Suid-Afrika wees.
Hulle moes keer dat die diamantsmokkelaars se grypsug nie die diamant bedryf en ook die landsekonomie so knou dat dit doodbloei nie. En daar was meer één manier: die eindelose en vervelige voetpatrollies deur die sand en in winternag se kou onder die naghemel van Namakwaland. Vir ‘n hele jaar lank. En in die sand lê die spore van hul swaarkry en verlange vasgevang in sweet en traan. Dit is die verhaal van ou Grootwiel...
Bogenoemde is 'n ekstrak uit bladsy 2 van Jan du Preez se e-boek. KLIK HIER om die volledige verhaal af te laai in PDF-formaat. WAARSKUWING: Die PDF-dokument is 22,856 KB |
DEEL HIERDIE BLAD