South African Mirror
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Latest Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • Previous Editions >
      • 2020 Nongqai Editions
      • 2019 Nongqai Editions
      • 2018 Nongqai Editions
      • 2017 Nongqai Editions
      • 2016 Nongqai Editions
      • 2015 Nongqai Editions
      • 2014 Nongqai Editions
    • Historical Background
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us

JUSTITIA

Equality before the Law / Gelykheid voor die Reg
Gelykheid voor die Reg

PERSVERKLARING DEUR DIE STIGTING VIR GELYKHEID VOOR DIE REG

12 April 2018
AFGELOPE ONTHULLINGS DEUR PAUL ERASMUS
Click here for the English version
Die afgelope sogenaamde onthullings deur Paul Erasmus het opnuut die vraag laat ontstaan of die waarheid- en versoeningsproses ‘n oefening in futiliteit was. Die slotgedeelte van die Tusentydse Grondwet wat ook die grondslag vir die huidige Grondwet vorm, lui soos volg:
“Die aanvaarding van hierdie Grondwet lê die vaste fondament vir die mense van Suid-Afrika om die verdelings en tweespalt van die verlede, wat gelei het tot growwe skendings van menseregte, die verbreking van menslikheidsbeginsels in gewelddadige konflik en 'n nalatenskap van haat, vrees, skuld en wraak, te oorbrug.”
Alle partye en persone wat by die konflik van die verlede betrokke was, het geleentheid gehad om ten opsigte van alle onregmatige dade wat tydens die konflik gepleeg is, volledige besonderhede aan die verskillende komitees van die WVK voor te lê. Jerry Richardson het gedurende 1999 aansoek om amnestie vir die moorde van Stompie Sepei, Lolo Sono en Quqi Zwane wat gedurende 1988 gepleeg is, gedoen. Hy was ‘n lid van die Mandela United Football Club wat deur Winnie Mandela beheer is. Hy het tydens sy aansoek aangevoer dat Winnie Mandela opdrag vir Stompie Sepei se moord gegee het. Daar kon egter geen stawende getuienis aangevoer word dat Winnie Mandela wel by die moord betrokke was nie. Sy is wel skuldig bevind aan die ontvoering en aanranding van Stompie Sepei.

Daar is tydens die amnestieverhoor omvattende getuienis aangehoor oor die ontvoering en moord op Stompie Sepei en die ander twee persone.

Paul Erasmus beweer dat al die lede van die Mandela Football Club informante van die veiligheidstak was. Enige lid van ‘n inligtingsgemeenskap, hetsy plaaslik of internasionaal, wat vertroud is met die werwing en hantering van informante. is bewus daarvan dat die werwing en hantering van ‘n informant ‘n moeisame en tydrowende proses is. In die geval van Winnie Mandela was daar slegs een lid van die Veiligheidstak op Soweto wat voltyds aandag aan haar gegee het. Dit sou vir so ‘n lid prakties onmoontlik gewees het om al die lede van die klub te werf en te hanteer. Daarbenewens het enige swart persoon wat gedurende die tagtigerjare met die veiligheidstak saamgewerk het, die gevaar geloop dat hulle en ook hulle familie deur die halssnoermoorde vermoor kon word. Dit was vir die veiligheidstak uiters moeilik om enige persoon wat oor die bedrywighede van Winnie Mandela verslag kon doen, as informant te werf. Die identiteit van ‘n beriggewer is tot elke prys beskerm en slegs die lid wat so ‘n informant hanteer het, was ​daarvan bewus gewees. Trouens so ‘n informant se lewe was op die spel.

Die sogenaamde onthullings deur Paul Erasmus meer as 30 jaar nadat die moorde plaasgevind en 20 jaar nadat die amnestieverhoor gehou is, laat onder andere die volgende vrae ontstaan:
  • Waarom het hy nie tydens die amnestieverhoor van Jerry Richardson, toe hierdie aangeleenthede van wesenlike belang was, die onthullings gedoen nie? Hy kon selfs regsbystand en beskerming gekry het as hy dit verlang het.
  • Hoe sou hy te wete gekom het dat die lede van die klub informante is? Hy was nooit aan die Veiligheidstak van Soweto verbonde of by hulle werksaamhede betrokke nie.
  • Waarom verstrek hy nie die gewone besonderhede van elke geval ten opsigte van datum, plek en name van persone wat betrokke is soos in belang van die waarheid verwag sou word nie?
Die enigste wyse waarop die waarheid na verloop van al die jare nou bepaal kan word, is deur middel van ‘n leuenverklikkertoets. Van die voormalige lede van die veiligheidstak wat betrokke was, is reeds oorlede en kan derhalwe nie hulle kant van die saak stel nie.
​
Die Stigting vir Gelykheid voor die Reg wil Paul Erasmus vra of hy in belang van die waarheid bereid is om hom aan ‘n leuenverklikkertoets te onderwerp ten opsigte van die volgende vrae:
  • Dat al die onthullings wat hy gedoen het, volgens sy wete die volle waarheid is;
  • Waar hy hom aan onregmatige dade skuldig gemaak het, dit met die volle goedkeuring en wete van hoër gesag geskied het en;
  • Hy geen verskuilde agenda het met die onthullings nie.
​Die Stigting vertrou dat die lede van die Media by wie die waarheid swaarder weeg as sensasie, sal help om die waarheid te laat seëvier.
STIGTING VIR GELYKHEID VOOR DIE REG

SEARCH THIS WEBSITE
EXPLORE CATEGORIES
Equality before the Law
Equality before the Law
Former SAP Members Benevolence Trust
Former SAP Members Benevolence Trust
Publications
Publications
NONGQAI - Your national security history magazine without malice.
Free monthly publications
Former SA Police: 1913 to 1994
QUICK LINKS
Press Releases - Equality before the Law
Persverklarings - Gelykheid voor die Reg
Publications / Publikasies
Nongqai Magazine Latest Editions
Historical Documents
Police Commissioners
Police Memorials and Buildings

South African Mirror - Logo
South African Mirror
DISCLAIMER
CONTACT US
UPLOAD FILES
www.samirror.com

Website by Elsden Design Services
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Latest Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • Previous Editions >
      • 2020 Nongqai Editions
      • 2019 Nongqai Editions
      • 2018 Nongqai Editions
      • 2017 Nongqai Editions
      • 2016 Nongqai Editions
      • 2015 Nongqai Editions
      • 2014 Nongqai Editions
    • Historical Background
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us