South African Mirror
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us

JUSTITIA

Equality before the Law / Gelykheid voor die Reg
Gelykheid voor die Reg

PERSVERKLARING DEUR DIE STIGTING VIR GELYKHEID VOOR DIE REG

12 Junie 2017
HEROPENING VAN DIE GEREGTELIKE DOODSONDERSOEK NA DIE DOOD VAN AHMED TIMOL
Click here for the English version
Die geregtelike doodsondersoek na die dood van Ahmed Timol word na 45 jaar heropen met regter  Billy Mothle  as voorsitter. Volgens mediaberigte is daar verskeie bewerings oor hoe Timol tydens sy aanhouding deur die Veiligheidstak gemartel is en uiteindelik van die 10de verdieping van John Vorsterpleingebou afgegooi is.

Die volgende besonderhede is oor Timol bekend:

Hy het gedurende 1966 die onderwys bedank en onder voorwendsel dat hy op ‘n pelgrimstog na Mecca vir die “Hajj” gaan, die land verlaat. In Saudi Arabië het hy dr. Yusuf Dadoo en Maulvi Cachalia, albei geharde lede van die ANC/SAKP-alliansie, ontmoet.  Hulle het hom albei aangevuur om intens by die stryd van die ANC/SAKP betrokke te raak. Timol het Saudi Arabië gedurende 1967 verlaat waar hy ‘n onderwyspos aanvaar het en met Rajani Palme Dutt kennis gemaak het. Laasgenoemde lid was ‘n lid van die kommunistiese party van Groot-Brittanje. Hy het ‘n lid van die SAKP/ANC-alliansie geword en ook by Umkhonto we Sizwe (MK) aangesluit. Daarna het hy na Moskou  vertrek waar hy saam met Thabo Mbeki by die Lenin Instituut opleiding ontvang het. Na voltooiing van sy opleiding aan die Lenin Instituut het hy na Londen teruggekeer waar hy deur Jack Hodgson, ‘n geharde kommunis, verder opgelei is.
​
Mnr. Ronnie Kasrils, gewese Minister van Intelligensie, het in sy getuienis voor die amnestiekomitee in 2001 waar hy om amnestie gevra het, die volgende besonderhede verstrek:
“After completing military training in the Soviet Union and spending time at a MK camp in Tanzania, I was deployed to London. I was part of a command consisting of Yusuf Dadoo, Joe Slovo, Jack Hodgson and myself. Our task was to assist in building the underground in South Africa and this involved recruiting and training cadres, smuggling material into the country and directing operations. These were mainly propaganda operations but also involved setting up infrastructure for MK. Some cadres involved were Alex Moumbaris, Tony Holiday, Ahmed Timol, Raymond Suttner, David and Sue Rabkin, Tim Jenkin and Steve Lee”.
Ahmed TimolAhmed Timol
Timol is op 22 Oktober 1971 tydens ’n padblokkade in Coronationville, Johannesburg, in besit van SAKP-pamflette betrap. Hy is aan die Veiligheidstak in Johannesburg oorhandig, wat hom ingevolge die bepalings van artikel 6 van die Wet op Terrorisme  aangehou het. Hy was ’n lid van die ANC/SAKP en is daarvan verdink dat hy by ondergrondse bedrywighede betrokke was. Volgens inligting waaroor die Veiligheidstak beskik het, het hy aan die spits gestaan van die SAKP se ondergrondse  bedrywighede in Suid-Afrika.
    
Op 27 Oktober 1971, tydens ondervraging deur lede van die Veiligheidstak op die tiende verdieping van John Vorsterplein in Johannesburg, het Timol onverwags na die venster gestorm, dit oopgemaak en uitgespring. Hy het hom doodgeval. Die lykskouing is deur dr. Nicolaas Jacobus Scheepers, toe die senior staatspatoloog in Johannesburg, gedoen. Dr. Jonathan Gluckman het vir die naasbestaandes van Timol die lykskouing bygewoon en dr. Hieronymus Koch het die Polisie verteenwoordig. Tydens die lykskouing is beserings aan die liggaam van Timol opgemerk wat reeds besig was om te genees.  Die patoloë kon nie die presiese tyd waarop die beserings opgedoen is, bepaal nie. Dokters Scheepers en Gluckman het gemeen dat dit tydens aanhouding deur die Veiligheidstak opgedoen kon gewees het. Dr. Koch het egter skerp verskil en bevind dat die wyse waarop die beserings reeds genees het, daarop dui dat dit voor aanhouding opgedoen moes gewees het.

Tydens die WVK-verrigtinge het mev. Hawa Timol, ma van mnr. Ahmed Timol, voor die komitee vir die growwe skending van menseregte getuig dat toe sy die lyk van haar kind ontvang, hy aangerand was, sy gesig vol bloed en die kis met bloed gevul was. Mev. Timol het met behulp van ’n tolk in haar moedertaal, Goedjarati,  getuig. Dit is moeilik om te bepaal of haar getuienis oor die lyk van haar seun beeldspraak was, of die tolk verkeerd getolk het en of dit doelbewuste leuens was. Soos die bevindings van die lykskouing en die geregtelike doodsondersoek toon, is mev. Timol se getuienis indien dit letterlik verstaan word, flagrante leuens.

Die geregtelike doodsondersoek is deur landdros J.J.L. de Villiers van Johannesburg gehou met D.W. Rothwell  en A.L.T. Beukes as staatsaanklaers. Advokate  I.A. Maisels SA en  G. Bizos, asook opdraggewende prokureurs M.S.H. Cachalia en M.A. Loonat het die Timolfamilie verteenwoordig.
​
Landdros de Villiers het bevind dat Timol selfmoord gepleeg het, enersyds uit vrees dat hy gedwing mag word om inligting oor die ondergrondse bedrywighede van die SAKP en die lede wat daarby betrokke was, bloot te lê, en andersyds omdat hy geweet het dat lang gevangenisstraf waarskynlik op hom wag. Landdros De Villiers het ook bevind dat volgens al die getuienis wat aangebied is, die beserings aan die liggaam van  Timol wat nie deur die val veroorsaak is nie, waarskynlik voor sy aanhouding opgedoen is. Die landdros het verder bevind dat daar geen getuienis is dat  Timol deur die lede van die Veiligheidstak aangerand of mishandel is nie.

Dit is baie moeilik om te bepaal hoe enige geregtelike doodsondersoek na 45 jaar enige  geloofwaardige bevinding kan maak wat van die aanvanklike bevinding verskil. Daar moet met die volgende feite rekening gehou word:

  • Al die  lede van die Veiligheidstak wat by die ondervraging  betrokke was, is reeds oorlede.
  • Dr. Jonathan Gluckman en verskeie van die ander sleutelgetuies is reeds oorlede.
  • Tydens die geregtelike doodsondersoek het twee ervare en bekwame advokate, I A Maisels en George Bizos, die familie verteenwoordig. Die aansoek was ook aan hersiening na die Hooggeregshof onderwerp.
  • Dit het tydens die geregtelike doodsondersoek duidelik geblyk dat die Veiligheidstak geen motief hoegenaamd gehad het om Timol te vermoor nie. Hy was ‘n waardevolle bron van inligting en almal was terdeë daarvan bewus dat sy onnatuurlike dood op ‘n geregtelike doodsondersoek sou uitloop waar elke handeling van die Veiligheidstak onder die vergrootglas sou kom.
  • Daar het tydens die amnestieverhore geen voorval op die lappe gekom waar lede van die Veiligheidstak enige persoon in die loop van hulle werksaamhede weens  kwaadwilligheid, kwaadgesindheid of nydigheid vermoor het nie. Geen geloofwaardigheid kan aan die  getuienis wat voor die komitee vir die growwe skending van menseregte afgelê is, geheg word nie. Die betrokke komitee se werksaamhede het onder die leiding van eerwaarde Desmond Tutu en dr. Alex Boraine gestaan wat in growwe verontagsaming van nadruklike riglyne wat deur die  appèlhof neergelê is, uit die staanspoor geweier het om die audi alteram partem reël toe te  pas en getuies aan kruisverhoor te onderwerp. Hulle het botweg geweier om volgens die uitspraak van die appèlhof,  lede van die polisie wat daarvan beskuldig is dat hulle aangehoudenes gemartel het, toe te laat om hulleself te verweer.
STIGTING VIR GELYKHEID VOOR DIE REG

SEARCH THIS WEBSITE
EXPLORE CATEGORIES
Equality before the Law
Equality before the Law
Former SAP Members Benevolence Trust
Former SAP Members Benevolence Trust
Publications
Publications
NONGQAI - Your national security history magazine without malice.
Free monthly publications
Former SA Police: 1913 to 1994
QUICK LINKS
Press Releases - Equality before the Law
Persverklarings - Gelykheid voor die Reg
Publications / Publikasies
Nongqai Magazine Latest Editions
Historical Documents
Police Commissioners
Police Memorials and Buildings
South African Mirror - Logo
South African Mirror
DISCLAIMER
CONTACT US
UPLOAD FILES
www.samirror.com

Website by Elsden Design Services
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us