South African Mirror
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us

JUSTITIA

Equality before the Law / Gelykheid voor die Reg
Gelykheid voor die Reg

PERSVERKLARING DEUR DIE STIGTING VIR GELYKHEID VOOR DIE REG

30 April 2016
FIAT JUSTITIA RUAT CAELUM – LAAT GEREGTIGHEID GESKIED ONGEAG DIE GEVOLGE:
​JANUSZ WALUS
Click here for the English version
Volgens mediaberigte dring die SAKP daarop aan dat Janusz Walus die name van die persone wat die opdrag vir die moord van Martin Thembezile (Chris) Hani gegee het, bekend moet maak. Die verklaring  lui verder dat dit alom bekend is dat die weermag en die nasionale intelligensiediens die moord op Chris Hani en ander ANC/SAKP-leiers beplan het.

Die wyse waarop die parool van Janusz Walus deur die ANC/SAKP-alliansie in die algemeen benader word en die mediaberigte daaroor laat die vraag ontstaan watter gewig die toepaslike bepalings van die Grondwet, reg en geregtigheid asook etiese en morele beginsels in Suid-Afrika dra. 
​
Die slotgedeelte van die tussentydse Grondwet, wat ook die grondslag vir die huidige Grondwet is, lui onder andere soos volg:
​“Ten einde versoening en herstrukturering te bewerkstellig, moet amnestie verleen word met betrekking tot dade, versuime en misdrywe wat met politieke oogmerke in verband staan en wat in die loop van die konflik van die verlede begaan is”
Die ondersoek na die moord op Chris Hani is op ‘n deeglike en deursigtige wyse gedoen. Adv.  Klaus von Lieres und Wikau, toe die prokureur-generaal van die Witwatersrand,  het 'n lid van sy personeel, die welbekende adv. Gerrie Nel, afgesonder om met die ondersoek te help.  'n Speurder van Scotland Yard is as waarnemer aangestel  om deurentyd die verloop van die ondersoek dop te hou.  “Commander” Churchille Coleman is vir die doel deur Scotland Yard aan die ondersoekspan toegewys. Daar het nooit tydens die ondersoek, die daaropvolgende strafregtelike verhoor of die amnestieverhoor enige getuienis aan die lig gekom dat behalwe Clive Derby-Lewis, Janusz Walus en Gaye Derby-Lewis wat weens die moord vervolg is, enige ander persoon by die moord betrokke was nie. 

Die ANC/SAKP-alliansie het daarin geslaag om die Wet op die bevordering van Nasionale Eenheid wat die amnestieproses gereël het, so saam te stel dat dit as politieke  speelbal gebruik kon word. Sodoende is Clive Derby Lewis en Janusz Walus weens die moord op Chris Hani amnestie geweier. Hani was ‘n geharde kommunis en het die halssnoermoorde wat allerweë as onmenslik en barbaars veroordeel is, in die openbaar gesteun. Daarteenoor is amnestie aan 4 Apla-lede wat weerlose kerkgangers, met inbegrip van vrouens en kinders, in die St James kerk in Kenilworth in die Kaapstad met AK-47-gewere en handgranate afgemaai het, toegestaan. Mnr. Letlapa Mphahlele, wat in daardie stadium die president van die PAC was en wat opdrag vir die aanval gegee het, is aanvanklik weens die moorde vervolg, maar die saak is van die rol geskraap en het in die niet verdwyn. Die Nasionale Vervolgingsgesag het tot dusver nog nie ‘n vinger verroer om met die vervolging voort te gaan nie. Mnr. Mphahlele het in die openbaar op TV verklaar dat hy geweier het om amnestie vir die voorval te vra.

Ofskoon daar verdoemende getuienis beskikbaar is om sekere lede van die NUK van die ANC weens verskeie moorde, wat die moorde op weerlose vrouens en kinders insluit,  wat onder ander voortspruit uit die  Kerkstraat-, Ellis Park- Amanzimtotibomvoorvalle te vervolg, het die Nasionale Vervolgingsgesag ook in hulle gevalle nog geen stappe gedoen om hulle te vervolg nie. Daarteenoor is verskeie leiers van die Nasionale Party, generaals en ander oudlede van die weermag en polisie vervolg en word hulle nog steeds vervolg.

JOHAN BOTHA
VOORSITTER
STIGTING VIR GELYKHEID VOOR DIE REG

SEARCH THIS WEBSITE
EXPLORE CATEGORIES
Equality before the Law
Equality before the Law
Former SAP Members Benevolence Trust
Former SAP Members Benevolence Trust
Publications
Publications
NONGQAI - Your national security history magazine without malice.
Free monthly publications
Former SA Police: 1913 to 1994
QUICK LINKS
Press Releases - Equality before the Law
Persverklarings - Gelykheid voor die Reg
Publications / Publikasies
Nongqai Magazine Latest Editions
Historical Documents
Police Commissioners
Police Memorials and Buildings
South African Mirror - Logo
South African Mirror
DISCLAIMER
CONTACT US
UPLOAD FILES
www.samirror.com

Website by Elsden Design Services
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us