POLISIE - DROMEDARIS
deur Kaptein M. de W. Dippenaar

Indien die Suid-Afrikaanse Polisie hulde moet bring aan ‘n – kom ons noem dit maar – “hulpmiddel”, wat vir jare reeds in onbruik verval het en vandag blote relieke is van vergange polisie-dae, dan is dit daardie kostelike en komieklike ou dier, die kameel. Nie alleen het hy gedien as rytuig van onskatbare waarde nie, maar die plesier en humor wat geregsdienaars van oudsher uit die ou diere-“kollega” geput het, is onuitwisbaar en sonder einde.
Ek meen te sê, die getrouste van vriende was hy nou nie eintlik nie. Nee, inteendeel, hy was vals, skelm, slu en hardkoppig. U mag dink hy was dom. Ons is tog so geneig om vergelykenderwys te verklaar: “Die of daai ou is so dom soos ‘n kameel”. En dis net hier waar jy jou lelik kan vasloop. Of soos ‘n instrukteur op ‘n kameelstasie eendag lank terug sy groepie rekrute meegedeel het: “Julle moet net nie glo dat ‘n kameel ‘n kamèèl is nie.” Watter wyse woorde!
Die ou gedierte was glo maar baie knorrig ook – temperamenteel en humeurig. Terloops, kamele was tegelyk ry- en pakdier, met die onderskeid, ‘n rykameel moes 2 boggels he, en die pakkameel net een. Dit sou dan ook die geval bly tot en met 1922, waarna die kameel met een boggel – die dromedaris – beide as ry- en as pakdier diens moes verrig.
Die Suid-Afrikaanse Polisie het die kameel geërf – eendersyds was die rydiere ‘n nalatenskap toe die “Cape Mounted Police” in 1913 met ander polisiemagte saamgesmelt het om die nasionale polisiemag te word. Andersyds het die polisie hulle buitgemaak toe Duits Suidwes-Afrika die eertydse Unie se mandaat gebied geword het na die Eerste Wereldoorlog. Wat egter ookal die geval was, kamele het vierkantig in die Suid-Afrikaanse Polisie se skoot beland en ‘n onmiskenbare deel van die Mag geword. Teen 1944 was daar altesaam al 326 van hulle in amptelike gebruik. Maar om terug te keer na die beginjare – dis nou so om en by 1915 rond – daar is gevoel dat aangesien ons nou eenmaal die kamele het, polisiemanne opgelei moes word om hulle te kan hanteer. Twee sogenaamde Kameeldepots was gevolglik tot stand gebring – een te Witdraai in die Verre Noord-Kaap, amper Kalahari, en die ander een te Hoffmyer naby Stampriet in Suidwes-Afrika. Oor daardie aanvanklike opleidingsdae word baie storietjies vertel, eintlik te veel om te herhaal, maar ek wil darem so twee aanhaal.
Ou Tieties Mathys, kameeltemmer van die polisie daar uit die vooroorlogse jare, had te vertelle dat ‘n ongetemde kameel ‘n vreeslike ding was. Hy sou hom ewe inskiklik laat lei met ‘n riem of tuig en ewe maklik laat verlei met ‘n lekkertjie of wat. Maar, boeta, sit daardie saal en toom op en jy sien ‘n wildheid van ‘n ander wereld. Dit spoeg en blaas en spring – en veral die springery het soms so geweldig geraak dat kameel se kind sy nek morsaf slaan teen die grond. Nou ja, soms is die dood seker verkiesliker bo ‘n lot erger as die dood en daardie erger lot vir ‘n kameel kon net wees om deur die navolgers van die agtpunte ster rondgedinges te word!
Die tweede staaltjie gaan oor taalgebruik. Die kundiges sal seker ‘n hele leksikon kan saamstel oor wat ons kan identifiseer as “Kameeltaal”. Met ‘n kameel moes jy net op ‘n sekere manier ‘Nie Afrikaans of Engels of Indies of so iets uitheems nie – nee, kameeltaal, met ander woorde, die universele woestyntaal – ‘n tipe Kameel-Esperanto. Praat reg en die kameel gehoorsaam – as hy lus het, bygesê. Sê “koes” en hy kniel. Behalwe die Arabiere van vandag is diegene in Suid-Afrika wat nog kameeltaal ken besig om vinnig uit te sterf. Dis soos ‘n bedreigde spesie.
Kamele het ook ander name as byvoorbeeld perde of honde. Om een of ander rede het iemand besluit dat ‘n kameel – ongeag sy of haar geslag – vernoem word na ‘n oom, tante of ander “geliefde” familielid. So kry jy vir Rebecca, Bessie, Daphne en Gracie – almal kameelmans, -bulle, -ramme of hoe jy hulle ookal noem – terwyl Wiegman, Hans, Oliver en Wilbur kameeldames was. Ons uit die huidige geslag sal nooit weet wat die geval was en wie die name so outokraties en chauvinisties toegeken het nie. Die enigste maatstaf was oënskynlik dat die ou “woestynskip” net op voorkoms moes trek na ‘n minder geliefde familielid. Die kamele self het blykbaar nie beswaar teen hulle name gehad nie. Hulle nagedagtenis staan immer sò opgeteken in die polisie-argiewe. Maar, ai, die geslagsdiskriminasie tog!
Met opleiding, spraakleer en naamgeëry agter die rug het die verdere lewe vir die kameel in diens van die polisie seker maar so vaal daar uitgesien soos die woestyn – inderdaad! Ek meen te se, wat bly oor? Patrollie, patrollie en nogmaals patrollie! Geen wonder Neef of Nig So-en-So het sy of haar nek uit pure versoeking sommer al in die Depot gebreek nie.
Indien patrollies vir die polisiekameel egter blote roetine en verveling-by-herhaling was, was dit beslis nie die geval die die polisieman nie. Kameelpatrollie was seker een van die mees opwindende werksopdragte wat ‘n geregsdienaar kon onderneem. Benewens ‘n boer se reaksie op die “Governor-General’s Fund”, die Polisie Weduwee- en Weesfonds en Landbousensus, kon niks meer plesier verskaf as wat die kameelpatrollie onder bevel en aanvoering van Kameraad Kamèèl verskaf het nie. Ons van vandag mag amper-amper die polisieman van destyds beny. Geen moderne motorfiets, voertuig of skoen kan immers so oorspronklik reageer nie.
‘n Kameel kan in die “ou” taal tot 60 myl per dag sonder inspanning aflê en boonop, as dit moet, tot 7 dae sonder water klaarkom. ‘n Misdadiger te perd sou gevolglik moes bars om voor te bly. Polisieregulasies het egter bepaal dat die ou dierasie elke paar uur afgesaal moes word om te rus. En gepraat van rus – daar waar kameel se kind vandag rus, merk hy in sy ongelooflike geheue. Nooit weer sal jy in die nabye omgewing kan verbytrek nie of hy kies koers na daardie vorige rusplek. En bewaar jou siel as jy sou besluit dat spore, houe of ander strafmaatreels hom van rigting moet laat verander. Dit was sulke tye dat menige polisieman seker gewens het hy kon sy maandelikse loon op ‘n ander wyse verdien. Sou die ou skepsel hom boonop vir jou vererg en jy onskuldig in jou onkunde, staan dalk voor hom om hom die rede vir jou misnoë luidrugtig mee te deel, spoeg of blaas hy jou met sy verwerkte pensmis. Met ander woorde, sy maniere sou nie juis die voorblad van die koerant gehaal het nie; overgeset synde, die kameel was die ongekultiveerde “lid” van die Mag.
Sedert 1958 het hulle skielik uit die polisie se geskiedenis verdwyn. Hulle rol was afgehandel – die moderne tegnologie het oorgeneem. Die polisie is tevrede – hulle ou kamele was goed versorg tot op die laaste. Nou nie dat die ou dierasie hul ouderdom so èrnstig opgeneem het nie. Om die waarheid te sê, daar is drie voortbrengsels uit sulke kameel-ouetehuise wat vandag nog ewe lustig die lewe behou – een op Rundu, waar hy genadebrood eet, en twee op Swakopmund, waar hulle dien as toeriste-aantreklikheid. Ongelukkig vir ons almal, en beslis frustrerend vir al drie kamele, is hulle van dieselfde geslag.
Maar, nou ja, met brandstof die prys wat dit is en toenemende droogte oraloor mag ons dalk net miskien kort voor lank weer ‘n geregsdienaar op ‘n woestynskip sien voortvaar – besig om sy diens op ‘n uiters interessante dog ietwat argaïse wyse te verrig.

Die praatjie is opgedra aan die “Grand Dame” van Kameelgeskiedenis, Mev. Ursula Massmann van die Sam Cohen Biblioteek, Swakopmund.
Utgesaai deur die Afrikaanse Radiodiens (SAUK) in die program “In my kontrei”.

DEEL HIERDIE BLAD
Video - Desert Patrol (1940)
S.A. POLICE WITDRAAI
L/S camp of wooden huts in desert. C/U sign in English and Afrikaans, "S.A. POLICE WITDRAAI". Various shots of a herd of camels running, grazing and being herded beside a desert oasis, they have numbers drawn on their necks. M/S policeman of the desert patrol fitting harness to camel, mounting and moving off. C/U camels' hooves moving across sand of the desert. M/S of the three man desert camel patrol moving across sand dunes.
Cataloguer's note: the soundtrack to this item is missing.
FILM ID:1284.24