POLISIE-EKSAMENS EN –FLATERS
deur Kaptein M. de W. Dippenaar
‘n Polisie-eksamen verskil maar weinig van enige ander eksamen in die wêreld, met die moontlike onderskeid – slaag jy die eksamen, is verdere bevordering, ‘n vooruitsig soos ‘n komende daeraad. Slaag jy egter nie, verloor jy niks, want jy kan net baat daarby om jou polisielesings oop te maak en deur te lees. Jy gaan moontlik net daardie ietsie meer weet as die volgende ou wat in die eerste plek glad nie eers probeer het nie. En, laat ons eerlik wees, almal wat al ooit aan ‘n eksamen deelgeneem het, het seker maar iewers ‘n stukke twak geskryf wat in die eksaminator se gemoed met ‘n glimlag beloon is.
Advertensie
Om in ‘n eksamenlokaal te sweet is ‘n universele verskynsel en elkeen is daarmee bekend. Maar dit is nie waaroor die praatjie vandag handel nie. Om daardie groot bonkige geregsdienaars in so ‘n hulpelose posisie te sien sweet is in ieder geval nie ‘n storie vir algemene geselsies nie. Belangriker is om vir onsself te lag, vir die snaaksighede wat te voorskyn kom uit die antwoordstelle van diegene wat nie genoeg studeer het nie, nie hard genoeg gekonsentreer het nie, hulle vrae verkeerd gelees het, of sommer pleinweg agterlosig was. Laasgenoemde is die kansvatters.
Kom ons begin met die wat nie genoeg studeer het nie. Wie het nog nie in sy lewe te make gehad met daardie wyse persoonlikhede wat net sekere vrae “gespot” het nie? Voor die tyd is hulle die slimmes wat al die ander eksamenskrywers met mag en geweld wil oortuig oor waarom almal juis die wat net hulle “gespot” het ook moes “gespot” het en indien nie, waarom nie! Dan kom die vraestelle en die gesigte val soos oorryp vrugte in die laat somer. Jy kan sommer sien : “spot”-vrae is nie in die vraestel nie. Nou ja, dan maar gorrel en hoop die eksaminator is iemand wat graag inisiatief beloon. Sela, soos die Psalmdigter sou sê. Weinig eksaminatore, indien enige, sien nie sommer met die eerste oogopslag dwarsdeur daardie gorrel-inisiatief nie. Voorbeelde van die tipe antwoorde wat ‘n mens in hierdie geval kry is legio en dit sou net soveel tydmors wees om ‘n paar aan te haal as wat dit is om hulle te probeer merk. Dis dan wanneer jy agterkom dat jou hoopvolle kandidaat ken nie eers die verskil tussen noodweer en donderweer nie, of as ek dit meer op die man af mag stel, die verskil tussen ‘n aap en ‘n eksaminator. Iewers gaan iemand kry wat hom toekom!
Die volgende groep is daardie polisiemanne wat een of ander gebrek aan konsentrasie toon, hetsy weens oor-ywerigheid om vinnig te kan klaarmaak of eksamenvrees. In sy haas of vrees lees die kandidaat die vraag reg, maar raak dan op papier so deurmekaar dat die resultaat heel amusant word, soos die volgende:

“Die besit van ‘n kind onder die ouderdom van 14 jaar is ‘n misdryf, tensy die eienaar van die vuurwapen onmiddellike beheer en toesig oor die kind het” – wee, Suid-Afrika!
Of hierdie een:
“Waar ‘n persoon oorlede is moet ‘n sterfbed verklaring van hom verkry word” – rus nou in vrede met so ‘n oorywerige polisiemag.
Daar is nog vele sulke foute en behalwe dat dit die eksaminator se taak ‘n oneindige plesierigheid maak, dien dit eintlik geen ander doel nie. Ek gee toe, sommige sulke foute is net snaaks vir die polisie-eksaminatore wat die subtiele verskille dadelik opmerk, terwyl die leek dit nooit sal agterkom nie.
Die derde groepie is natuurlik daardie polisiemanne wat die vraag of vrae heeltemal verkeerd lees. Net een bekende woord is genoeg om die kandidaat sy pen te laat gryp en bladsy na bladsy vol te skryf. Die regte antwoord sal soms nie eers ses reëltjies lank wees nie. Kom ons neem as voorbeeld die volgende vraag: “Beskryf die bepalings van die Drankwet met betrekking tot die gronde waarop ‘n Landdros die verstrekking van drank aan iemand kan belet”. Jaar na jaar het hierdie ou vragie al sy verskyning in vraestelle gemaak en net so gereeld soos klokslag is die vraag verkeerd vertolk. Die meeste kandidate wat ‘n verkeerde vertolking aan die vraag geheg het, het bladsye vol geskryf oor wat gedoen moes word met die order of opdrag wat die Landdros uitgereik het. Die regte antwoord – dit wat regtig vir die polisieman nodig is om te weet – het slegs gehandel oor die gronde van verbod en sal kwalik ses geskrewe reëls beslaan. Hierdie kategorie eksamenskrywer is nie ‘n bewys van onkunde in die polisiemag nie. Inteendeel, hier kom soms sprekende voorbeelde na vore dat die polisiemag in staat is om veel wyer en verder, met die regte kanale langs, op te tree en te handel as wat ooit vereis sou word. Dis net dat die een belangrike leidraad, om die eksamenvraag korrek te beantwoord, nie raakgesien is nie. Die vraag is verkeerd gelees. En watter mens het nog nie in hierdie slaggat geval nie?
Laaste kom ons by die agtelosiges – daardies wat fouteer en flaters maak en agterna self nie kan verklaar hoe so iets gebeur het nie. Net ‘n woordjie – ‘n enkele woordjie – gee ‘n antwoord soms ‘n kinkel wat almal dadelik aan lagbuie laat verstik. Partykeer weer is daar ‘n omskrywing van sommer ‘n alledaagsheid, maar op so ‘n wyse omskryf dat selfs filosowe skielik kan begin wonder.
Neem nou maar hierdie antwoord as voorbeeld:

“Die polisie is verantwoordelik vir die begrafnis van ‘n gevangene terwyl hy doodgaan”, of nog beter: “Die polisie is verantwoordelik vir die begrafnis van ‘n gevangene wat sy lewe laat in die bewaring van die polisie”.
Vergun ons ‘n sug. Waarvoor moet die arme polisie nog alles pa staan! Selfs omkopery kry ‘n regmatige plekkie. Die vraag is: Omskryf “omkopery” – die antwoord: “’n Staatsamptenaar is skuldig aan omkopery as hy ‘n poging aanwend om iets in die hande te kry”. So ‘n antwoord behoor uiteraard selfs Pretoria se staatsamptenare hul regmatige teepouse te laat verbeur van skok en skuldige gewetens.
Om agtelosig te wees beteken ook dat hy ‘n mate van ‘n kansvatter kan wees. So illustreer die volgende antwoord die punt absoluut duidelik. Die vraag is: “Wat is ‘n vermoede?”. Die antwoorde is selfverklarend: “’n Vermoede is iets wat jy dink wat sal ontstaan, byvoorbeeld – ek het ‘n vermoede dat ek nie presies verduidelik het wat ‘n vermoede werklik beteken nie”. Kolskoot.
By agtelosigheid, oftewel kansvattery, kan sekere lewenswyshede ‘n heeltemal ander konnotasie verkry.
Neem nou maar hierdie pragtige antwoord:

‘Blykbaar het die ouers nog nie geleer dat “cocktail-party” ouers, “ducktail” kinders het nie”.
Hierdie praatjie is opgedra aan Kaptein Jack Hurter, ‘n skrywer in eie reg, wat reeds in 1961 eksamenhumor raakgesien het.
DEEL HIERDIE BLAD