POLISIE-GRAF OP SWARTBOOISDRIF
deur Kaptein M. de W. Dippenaar
Die ontberings wat geregsdienaars oor die jare meegemaak het, is moeilik voor te stel as mens vandag kyk na die polisie se mooi kantore wat ons land versier, na hul vinnige motors wat menige misdadiger ‘n vaalkol op die maag gee, na hul uiters doeltreffende kommunikasiemiddels en ook na die plegtige begrafnisse wat met soveel tradisionele seremonies gehou word in gevalle waar ‘n polisieman in die uitvoering van sy plig die hoogste offer gebring het. Dit was nie altyd so nie. Al wat huidig nog net so sterk staan as in die verre verlede is die kameraadskaplike lojaliteit, vriendskap en meelewing.
Soos wat die datum 1 April vir die Suid-Afrikaanse Polisie reeds sedert 1913 gelaai is met historiese betekenis, het 1 April 1938 sy eie ironiese naklank gelaat. Op Swartbooisdrif, êrens in die eensame noordweste van Suidwes-Afrika, aan die Kunene-rivier, was eenmaal lank gelede ‘n polisiepos. Net twee polisiemanne het daar diens gedoen en hul uitsluitlike taak was om veesiektes te bestry. Hulle het saam-saam daar aangekom en gelate hul werk begin doen. Vir sersant Swanepoel en konstabel van Eck was dit ‘n lewe van eensaamheid en ongerief, maar ook ‘n lewe wat stoïsyns gedra was met lewenslus en vreugde. Vriendskap en meelewing tussen die twee het sterk gegroei in die vrye natuur.
Een week na hul aankoms op Swartbooisdrif brand hulle polisiegeboutjie tot op die grond toe af en al hul karige aardse besittinkies daarmee saam. Van al die voorraad en meubels kon een item darem behou word. Met groot gesukkel het sersant Swanepoel ‘n groot ou Duitse geelhouthangkas onbeskadig uit die vlamme gered. Vir die twee was dit ‘n opwindende geleentheid en die hangkas ‘n toevallige meevallertjie. Die noodlot het sy eerste kaart op die tafel gegooi.
Soos wat die voorskrifte in die Polisie is, het sersant Swanepoel gevoel iemand hoër-op moes weet van hulle terugslag. Hy het daarop die polisieboodskapper – die sogenaamde “runner” – na die naaste dorp, Ondangua, wat sowat 200 myl weg was, gestuur om te rapporteer. Die boodskapper moes te voet gaan. Danksy Portugese gasvryheid van oorkant die Kunene af kon die twee geregsdienaars darem weer eet en die skyn van “normale” lewe voortsit. Terwyl hulle gewag het vir die amptelike reaksie op die brand het die sersant en konstabel eiehandig begin om van sooie en dekgras ‘n nuwe polisiestasie op te rig. Toe die verwagte reaksie vanuit Ondangua uiteindelik in die vorm van ‘n paar tente en voedselvoorraad op Swartbooisdrif aanland was die nuwe polisiestasie nie alleen voltooi nie, maar reeds plegtig en amptelik in gebruik geneem. Die Duitse hangkas het ook weer ‘n staanplek onderdak gehad.
Maar toe bars die ongeluk in oormaat los. Gedurende Februarie 1938 word konstabel van Eck siek en hy ontwikkel ‘n hewige koors. Terselfdertyd sak die jaarlikse reën in ongekende stortvloed oor die noorde van Suidwes uit en die wêreld word omskep in ‘n feitlik onoorbrugbare meerlandskap. Sersant Swanepoel het eers alleen sy getroue vriendjie probeer behandel teen die koors, menende dat dit tydelik was. Toe hy egter merk dat konstabel van Eck sieker word, in plaas van gesond, het hy besef dat ‘n geneesheer se teenwoordigheid noodsaaklik geword het. Die boodskapper moes maar weer die 200 myl na Ondangua aflê. Maar toestande was anders as met die vorige keer. Die boodskapper was ywerig, maar die reëns het hom op alle denkbare maniere verhinder om te vorder.
Met konstabel van Eck reeds ylende van koors het die noodlot sy tweede kaart op die tafel gegooi. Sersant Swanepoel, steeds getrou en gedienstig-wakend oor sy siek kollega, het ook die koors opgedoen en gevoel hoe sy kragte geleidelik, dog beslis, begin afneem. Terselfdertyd het boodskapper, na vele ontberings, Ondangua bereik en die noodberig oorgedra. Nog ‘n problem het opgeduik. Daar was geen geneesheer op Ondangua nie. Al raad was om die berig en die versoek vir ‘n dokter se teenwoordigheid met die eenvoudige radiostelletjie na Windhoek, 400 myl daarvandaan, oor te sein. Die noodlot het sy troefkaart gegooi – as gevolg van die steurnisse in die weer, kon Windhoek die radioberig nie opvang nie. Al uitweg was om die noodsein te rig aan enigeen wat dit moontlik kon ontvang.
Meer as ‘n duisend myl vanaf Ondangua het ‘n radio-amateur in Vryburg met sy radio gesit en speel toe hy die krakerige seine optel. Hy het dadelik ‘n boodskap na Pretoria gestuur en Pretoria het Windhoek telefonies van die noodsituasie in kennis gestel. ‘n Distriksgeneesheer is onmiddellik gestuur na Swartbooisdrif, dog vir honderde myle voor hom het van die moeilikste terreine om te oorkruis in die hele Suidwes-Afrika gelê. Die dokter het hom in aller yl voortgehaas na die afgeleë polisie-pos. Hy was te laat.
Op 1 April 1938 – op die 25ste herdenking van die Polisiemag se ontstaan – het konstabel van Eck aan sy siekte beswyk. Sersant Swanepoel, op daardie tydstip self al ernstig siek, het swak en met steeds afgenemende liggaamskragte ‘n graf gegrawe en toe na iets gesoek om sy afgestorwe maker in weg te lê. Sy moeë oë het op die Duitse hangkas geval. Met al sy oorblywende kragte het hy die kas middeldeur gesaag en van die een helfte ‘n kis gemaak. Van die ander helfte is die deksel vervaardig. Wyle konstabel van Eck het ‘n waardige kis gekry. Met die hulp van die plaaslike bevolking is hy ewe waardig in sy graf te ruste gelê, terwyl sersant Swanepoel met konsentrasie wat weens die koors begin afdwaal, ‘n gepaste stukkie uit die Bybel gelees en weemoedig gebid het.
Oplaas, uitgeput, alleen en met ‘n koors wat kritieke afmetings aangeneem het, het sersant Swanepoel op sy bed gaan lê. Sy laaste gedagte voordat hy begin yl het was oor wie hom sou begrawe. Ook vir hom was die einde naby, maar dit was nog nie sy tyd nie. Ylend en oënskynlik sterwend het die dokter hom daar aangetref. Met groot sorg en die regte geneesmiddels is sersant Swanepoel teruggedokter na die lewe. Hy is versigtig vervoer tot in Outjo, waar hy kon aansterk, en toe na Windhoek, waar hy volkome herstel het. Sy polisie-kollegas het hom met oop arms en baie liefde terugverwelkom in die Mag. Hy is nie weer terug na die noorde van Suidwes-Afrika gestuur nie. Niemand het die leë polisiegeboutjie van sooie en dekgras ooit weer beman nie.
Swartbooisdrif het opgehou om as polisie-pos te bestaan. Net ‘n eensame graf is vandag nog stille getuie dat daar eenmaal lank gelede geregsdienaars daar gewerk het – die graf van ‘n polisieman.
Enkele jare gelede het ‘n groep polisiemanne, wat grensdiens verrig het in die noorde van Suidwes-Afrika, die graf van wyle konstabel van Eck opgespoor. Met sorg het hulle dit opgebou en gerestoreer. Sedertdien het elke groep vanuit polisie-geledere wat na die operasionele gebied gegaan het om grensdiens te verrig hulself die taak opgelê om die graf te versorg en in stand te hou. Konstabel van Eck is nie vergete nie – met kameraadskaplike lojaliteit, vriendskap en meelewing word daar steeds na die polisie-graf op Swartbooisdrif omgesien.

Hierdie praatjie word opgedra aan meneer C.P. Swanepoel, wat vele jare gelede die Griekse tragedie-in-die-kleine opgespoor en die waarheid te boek gestel het.
DEEL HIERDIE BLAD