PYNLIKE GROEI TOT VOLRYPHEID
deur Kaptein M. de W Dippenaar
Vir ‘n mens is die ouderdom 70 jaar ‘n aanduiding van ‘n lang lewenspad wat geloop is – ‘n pad besaai met mooi, maar ook pynlike herinneringe. Vir ‘n instelling soos die Suid-Afrikaanse Polisie is 70 jaar egter nog maar baie jonk, dog nie sò jonk dat kinderskoene eintlik meer ‘n gepaste beskrywende naam sou wees nie. Kyk ‘n mens na die polisiemag se geskiedenis oor die afgelope sewe decades val een ding duidelik op. Soos wat ‘n mens gebore word en deur verskeie stadia gaan tot volrypheid, so het die Mag dieselfde paadjie gevolg.
Op 1 April 1913 is diè baba toe ook gebore. Geleerdes het te vertel dat ‘n geboorte vir die kind self ‘n traumatiese ervaring is – gelukkig is dit so dat een of ander blokkasie, wat deur die jare vorm, daardie ervaring in die gemoed uitwis. Soos ander babas het die Suid-Afrikaanse Polisie onmiddellik nà geboorte sommer tot ‘n groot familie behoort, trouens, ‘n familie wat wêreldwyd versprei is. Geen land op ons ou aardbodem is immers sonder ‘n selfstandige polisiemag nie, om nou nie eers te praat van lande soos Italië wat glad drie polisiemagte het nie. En soos dit met families gaan was daar dadelik na die geboorte volop raad en baie hulp – soos vandag nog die geval is – maar die direkte verantwoordelikheid vir die jare van opvoeding was steeds die van Moeder Suid-Afrika.
Ag, en toe daardie moeilike babatyd, toe moeder en kind mekaar moes leer verstaan en bymekaar moes aanpas. Die onbegrip wat ten hemele skreeu. Pynlike maagkrampe soos die mynwerkstakings van 1913 en 1914, ontydige winde soos die Rebellie in 1915 en lastige nat doeke soos die eerste en laaste polisiestaking wat die nuus in 1917 oorheers het. En toe eendag, meteens, verstaan die moeder die kind – begrip wat grootliks meegebring was deur die polisiemag se hulp en meelewing tydens die Groot Griep van 1918. Maar nog is het einde niet, want net toe moeder dink dat die tyd van rus en vrede aangebreek het kom die tandekry stadium.
Was dit nou ‘n gesukkel. Die groot staking van 1922 aan die Witwatersrand staan in party geskiedenisboeke selfs opgeteken as ‘n gepoogde Rooi Rewolusie. Die lyding was groot en die rus maar bitter min, dog nooit was daar tou opgegooi nie. Eers toe die regte raad – ‘n hardhandige teenoffensief – teen die vandalistiese en gewetenlose stakers ingespan is, kon rus en vrede terugkeer. Die babakwale was iets van die verlede.

Die kinderjare het gevolg, maar daar was nie noemenswaardige skete nie. Gewone kindersiektes is elke huis se kruis en die Suid-Afrikaanse Polisie was dit nie gespaar nie. Soos waterpokkies, pampoentjies en masels het onrus, ‘n staking of wat en toe die groot diamantstormlope in 1927 en 1929 opgeduik. Die polisie kon dit hanteer. Die kind was besig om groot te word, seker te vinnig ook, soos dit maar gaan met kindgrootmaak, want op ‘n dag het hy sy puberteitstadium bereik, die tienderjare wat tog so tipies met storm-en-drang gepaard gaan. So tussen die storms van rebelsheid, buie en twisgierigheid deur het die kinderlike afhanklikheid, liefde vir die ouer en tekens van ‘n verantwoordelikheidsin, wat nog moes volg, ook geskyn, soos sterre op ‘n somersnag.
Die oorlogsjare het aangebreek. Teen die einde van 1939 reeds was die sogenaamde “Rooi-eed” kwessie ‘n oorsaak vir interne twiste, verdeelde lojaliteit en bittere verwyte. Die Mag het in twee geskeur en gevoelens het hoog geloop. Soos die buierige tienderjarige wat almal om hom ongemaklik laat voel, maar tog darem sorg dat sy huiswerk op datum is, het die polisie egter nooit vergeet wat hul hooftake in die samelewing was nie. Misdaadvoorkoming en –bekamping het steeds voorrang geniet en die polisie het sy duim ten volle op die situasie gehad. Na die oorlog het dit voorgeduur maar geleidelik is ou wonde geheel want tyd is ‘n geneespleister. Die tiener was besig om volwasse te raak. Maar ‘n laaste moeilike stuiptrekking het gevolg: Sharpeville.
Vir jare al word verwyte teen daardie eenmalige voorval geslinger en eintlik oordonder die lawaai, veral uit die buiteland, die pragtige diplomasie en takt wat aan die dag gelê was tydens ‘n situasie wat in die grootste bloedbad in die land se geskiedenis kon ontaard. Die jong man se komende verantwoordelikheid en volwassenheid het soos ‘n helder komeet na bo geskitter die dag op Caledonplein in Kaapstad toe 20 000 aggressiewe mense deur onderhandeling vreedsaam uiteengegaan het. Die eerste volwasse tree was ‘n volmaakte een. Dit kon so tragies anders gewees het.
Die oorgang van puberteit na volwassenheid het stil verloop. Die jong man het intussen sy talente begin toon en hulle benut. Rivonia is ontmasker, die voorval met die bekende Stasie-bom suksesvol opgelos en ‘n opgeleide K.G.B.-agent vasgetrap. Die jongman het ook sy diensplig verrig – na die Bosoorlog in eertydse Rhodesië was die Suid-Afrikaanse Polisie behoorlik opgelei vir grensdiens. Hy het ook geleerd geraak. Die Kriminele Buro, Narkotiese Buro, Forensiese Laboratorium – verskeie ander afdelings – het die polisie algaande beter bekwaam en opgelei vir ‘n steeds moeiliker wordende misdaadprobleem. En toe kom 1976 – die Soweto onluste, wat regdeur die Republiek uitgebars het. Maar die polisie was nie meer op wankelende bene nie; hy kon alleen optree, sy man staan en sy volwassenheid met redelikheid handhaaf. Die Mag was mondig. Volrypheid is bereik.
Waar staan die Suid-Afrikaanse Polisie vandag? As grootmens deel hy sugte en versugtinge, wense, ambisies en drome vir sy spruite – die jong polisiemagte van Transkei, Bophuthatswana, Venda en Ciskei. En, natuurlik, die ou heel jongstetjie, die Suidwes-Afrikaanse Polisie. Die bekommernisse van ouer-wees het seker maar pas begin, dog dis weer eens ‘n uitdaging en vir ‘n uitdaging het die Suid-Afrikaanse Polisie nog nooit gestuit nie. Inteendeel, dit word slegs beskou as nog ‘n trappie op die leer van bewese suksesse.
Die groeiproses was nie sonder seerkry nie – dis nou in geheel gesien. Ek meen, watter mens kan met eerlikheid sê dat hy nog nooit seergekry het nie – ‘n enkel wat swik, ‘n toon word nerf-af gestamp, ‘n eerste bloedneus ontvang. Vir die polisie het die seerkry gelê – en dis nog steeds die geval – in lewensverlies. Na 70 jaar is dit bekend dat by ‘n 600 lede hul lewens verloor het in die uitvoering van hul pligte. Maar selfs al was die getal net een is dit nogtans een te veel.
En dit is hulle, ongeveer 600 gestorwe kollegas, aan wie die dank en lof gaan. Aan God, egter, alle eer.

Uitgesaai deur die Afrikaanse Radiodiens (SAUK) in die program “In my kontrei”.
DEEL HIERDIE BLAD