SLIM VANG SY BAAS
deur Majoor Tiaan Crafford
‘n Terrein waar geregsdienaars alles van hawer tot gort ken, is deursoeking – visentering soos die wetboeke sê.
.
Jy moet nooit enigiets vir die Suid-Afrikaanse Polisie probeer wegsteek nie. Baie dink sy wegsteekdingetjie is veilig verborge “sodat geen kat of muis” dit sal kry nie en kan gevolglik maar snags rustig slaap. Maar as die lang arm van die gereg ingevolge artikels 19 tot 25 van die Stafproseswet ‘n perseel moet betree of ‘n persoon, houer of perseel moet visenteer of op iets beslag moet lê, verbeurd moet verklaar of oor iets moet beskik, kan jy maar net sowel daardie versteekte ietsie uithaal en aan die polisie oorhandig. Of dit met sy uitsnuffelvermoë of ‘n sesde sintuig te make het, kan nie verklaar word nie, maar dit kry, sàl hy.
Alles wat ‘n gaatjie of hol plekkie maak word dan ook deur die “slimmes” probeer. Aan die persoon self, waar hy dink hy die beste ‘n ogie oor kan hou, word menige dingetjies, veral dwelmmiddels, weggesteek.
Die polisie weet al te goed om sommer in haarkapsels rond te vroetel – in bollas en onder pruike. En moet tog nie tussen die tone, voetholtes, agter die ore, binne in die neus en veral die mond vergeet nie. Baie is lief om dit met ‘n lyntjie aan die tande vas te maak en dan in te sluk. Indien die slimme ‘n meneer is, kan jy maar weet dit is in sy pyp, pen, pols- of sakhorlosie, brilhuisie, kunsledemaat of sambreel. Die wat kammakastig kreupel of doof is het dit sweerlik in die hol handvatsel van sy kierie of kruk of in die batterykassie van sy gehoortoestel gebêre.
Tussen die twee nommerplate van ‘n voertuig bly maar steeds die droom van ‘n daggasmokkelaar. Maar al sy moeite is om sy perde dood te jaag om ‘n kwagga te vang – al die moeite verniet. Want polisieman se kind weet van naafdop tot noodwiel, agter bekleedsel en buffer, in brandstoftenks en bakholtes, asbakkies en armleunings.
In u eie huis is niks ook veilig nie. Die polisie weet tog te goed dat inbrekers na u kosbaarhede sal soek onder matte, vloerplanke en bo-op die plafon, onder en agter wasbakke en baddens, in voetstukke van lampe of in yskaste of vrieskaste, binne-in blompotte, toiletbakke, klaviere en opgestopte diere, in verwarmers, kaggels en skoorstene, en so meer. Nou, as die inbrekers dit weet, hoeveel te meer nie die polisieman, wat ‘n deskundige op die gebied van soek en vind is, nie?
Die fyner kunsies van deursoeking word ook met opruimings by onwettige handel in drank aangeleer. By ‘n ander seksie mense is daar altyd een “siek in die bed”. Die “ongesteldheid” is om dosyne bottels “op die ys” onder die komberse te hou sodat dit die “koors kan breek”. En, asseblief, moet nooit vergeet om die krane in die huis oop te draai en die inhoud slegs te toets nie. Jy hoef nie baie verbaas te wees as die witblits of mampoer in strome na jou toe vloei nie. Per geleentheid het ‘n Swart bediende nog nie kans gehad om die drank in hul bedoelde houers te skep toe die polisie hul opwagting daar maak nie. Met hul inspeksietjie in die kombuis het sy so sing-sing die aand se skottelgoed in die sorghumbier in die wasbak staan en was.
Kosbare voggies wat met groot eerbied behandel was, was die wat plegtig in ‘n doodskis vervoer is. Oneindig baie moeite word gedoen om die kromhoutsap na ander dorstiges te vervoer. So is op ‘n keer gevind dat die agterband van ‘n lopende trekker vol witblits gepomp is. Aan oorspronklikheid is daar geen tekort nie, soos toe ‘n donkiekar se uitermate lang garingboom disselboom verdag voorgekom het. In die holkant daarvan het die mannetjies met die kurkhoede netjies in gelid gelê.
20 Oktober 1979 was die dag van die bokskampioene Gerrie Coetzee en Big John Tate, - die dag van die skielike groot reën en die dag wat soveel verrassings en ook teleurstellings ingehou het. Van heinde en verre het duisende toeskouers gekom – opgewek en met blye vooruitsigte om die ietsie, wat menige êrens aan hom of haar versteek het, later te gebruik en veral die oorwinning van Gerrie te vier.
Maar, o weë, by elke hek was ‘n vriendelike dameskonstabel en een manlike konstabel wat elkeen eers moes deursoek. Sommige van die toeskouers, sou jy reeds sweer, het met die druiwekar by Loftus Versveld aangekom en so onskuldig soos duifies sonder gal. Uit pure “veleëgeid” word die konstabels ook vinnig bevorder en lui gesprekke normaalweg so “Môre Sersant”… “Luitenant kan my maar deursoek”… “Dis die baba se rooibostee wat in die bababottel is, majoor”… en “Kolonel kan nie sê ek het nie probeer nie”.
In die gees van begrip vir die werk van die polisie is almal deursoek en trommels vol drank gekonfiskeer, sommige waarvan sommer in die poele reënwater uitgegooi is. En die polisiehonde wat die hele dag en nag diens moes doen, wou met niks anders hul dors les as met daardie water nie. Wat nogal komies was, maar niks gehelp het aan die dilemma van sommige mans nie, was dat die rye by die vroulike konstabels wat visenteer het, deurentyd tien maal langer was as die van hul manlike eweknieë. Op die ou end het ons met ‘n wavrag gekonfiskeerde goed gesit. In wynsakke, motorolie bottels, aarvoedingsakkies met pypies en al, binne verkykers, botteltjies binne broodrolletjies en so aan, is die voggies versteek.
Ondanks die verdere teleurstelling dat Gerrie Coetzee voor ‘n skare van ongeveer 80 000 nie die paal gehaal het nie, het die verrigtinge tog feestelik, maar vredeliewend, afgeloop. Die Suid-Afrikaanse Polisie is uit verskeie oorde gelukgewens met hul optrede en die les wat homself weer eens bewys het…SLIM VAN SY BAAS.

Uitgesaai deur die Afrikaanse Radiodiens (SAUK) in die program “In my kontrei”.
DEEL HIERDIE BLAD