SPYKERBEKKE
deur Majoor Tiaan Crafford

Die uitdrukking “dis ‘n hondelewe” is nie van toepassing op die polisiehonde in die Suid-Afrikaanse Polisie Hondeskool, Pretoria, nie. Barbara Woodhouse sal hierdie hondjies niks kan byleer nie. Hulle grootmaak, voeding, versorging en opleiding is so volledig – en menslik – hond se kind moet nog net kan praat. Hulle het nie eers geleentheid om siek soos ‘n hond te word nie, want daar is ‘n voltydse veearts.
Oor die jare heen is daar eksperimente met kruisteling gedoen. Die eindresultaat is ‘n kruis tussen die Engelse bloedhond met sy uitstekende vermoë om spoor te sny en die Dobermann-Pincher wat hom as ‘n besonder intelligente en beweeglike dier onderskei het.
Saam met hierdie skerptand-geregsdienaars kan misdaad nou behoorlik met hand en tand beveg word. Die Duitse herdershond is die Nemesis van menige smokkelaars. Baie smokkelaars, so berug soos die bont hond, het dan ook ‘n heilige ontsag vir die honde wat hul neuse so maklik in ander se sake steek. ‘n Daggasmokkelaar wat hom verbeel hy is die goewerneur se hond se oom het gedink hy het die ware Jakob wat ‘n hond van sy dagga af sou “wegtoor”. In elke tas waarin hy die dagga vervoer het, het hy ook ‘n muti gevoeg wat hy by die toordokter ten duurste aangekoop het. Maar hy het die hond aan die stert beet gehad met sy eksperiment. Elke hond kry egter sy dag en was die smokkelaar lamgeslaan toe ‘n Duitse herdershond hom “arresteer”!
Van die knap polisiehonde word dikwels na hul alma mater in die Honderskool vir verdere opleiding in die opsporing van springstowwe opgeroep en doen daarna, na behoefte, grensdiens. Hy is ‘n knap landmynopspoorder en ‘n terroris kan maar handdoek ingooi as hy ongeveer 500 meter verder snuf in die neus kry.
Die Spykerbekke doen ook meer as een man se werk as dit by skarebeheer kom. Op meer as een Saterdag kan slegs 8 honde reuse skares by sport of ander saamtrekke beheer wanneer humeure soms hoog opvlam.
As gevolg van die knap prestasies van die polisiehonde word heel dikwels menslike kwaliteite deur sommiges aan hulle gekoppel. ‘n Krimineel met ‘n skuldige gewete het gehoor dat die betrokke hondegeleider op die toneel sy hond “Rolf” noem. Toe Rolf alleen op hom afpeil, het die booswig benoud uitgeroep: “Asseblief baas Rolf, ek sal alles vertel”. By ‘n ander geleentheid het Keiser hond se gedagtes gekry toe ‘n betreder die hasepad kies. Hy het hom agterna gesit en tot stilstand gebring. Die betreder het reeds sy bewysboek uitgehad en aan Keiser getoon met die versoek: “Lees, lees hier, alles is O.K.!”
‘n Besondere ongeëwenaarde rekord in die hondewêreld is die van Sauer, ‘n Dobermann, wat in ‘n veediefstalsaak ononderbroke vir 160 kilometer in Beaufort-Wes se wêreld spoor gesny het.
Vir besondere dapperheid, trou en buitengewone volharding het verskeie honde dan ook eervolle vermeldings en toekennings ontvang.
Al gehoor van Natie se prestasie? Op 25 Junie 1965 het ‘n 2½ jarige Swart kind in die beboste wêreld van Vryheid soek geraak. Na ‘n uitgebreide soektog deur al die plaaswerkers is eers die aand van die volgende dag op ‘n kind se spoortjie afgekom. Die polisie is ontbied. Toe die hondegeleider, sersant Repsola, die volgende dag, - bykans 2 dae nadat die kind vermis is, - met Natie daar aankom, het hulle hul teen ongeveer 50 verwoede Zulus vasgeloop. Die situasie was netelig – beskuldigings oor wie verantwoordelik is vir die verdwyning van die kind is heen en weer geslinger. Die vrees dat sy reeds deur wilde diere verskeur kon wees, was nie ongegrond nie. Met takt en geduld is die onthutses oorreed om tog net vir Natie ‘n kans te gee – maar sê maar nou net hulle is nie suksesvol nie. Natie het egter die spoor gevat en dit onverpoosd vir 8 kilometer gevolg, tot stilstand gekom en sy vonds met ‘n knor aangekondig. Sy het in ‘n donga gelê en nog gelewe. Die vreugde van die moeder het geen perke geken nie. Die aggressie onder die familie en ander naasbestaandes het verander in ‘n gesindheid van vriendskap en dankbaarheid.
‘n Groot aantal honde het die afgelope paar jaar in die uitvoering van hul pligte die hoogste offer betaal. Ter ere van hulle is ‘n Helderusplek in Durban en ‘n gedenksteen in die Hondeskool opgerig. Tot die end het Smokey getrou aan sy plig gebly en ‘n ontsnapte moordenaar aangekeer – die mes in sy nek ten spyt.
Die besondere lojaliteit, trou en beskerming jeens sy baas – sy beste vriend – tref jou. Ons onthou nog die ongelooflike voorval tydens die Soweto onluste. ‘n Bottel is na ‘n hondegeleider geslinger. Met ‘n geweldige sprong het sy hond die bottel netjies vasgevat net voor dit sy baas sou tref – ook getrou aan sy baas soos diè aan sy medemens is.

Uitgesaai deur die Afrikaanse Radiodiens (SAUK) in die program “In my kontrei”.
DEEL HIERDIE BLAD