VERGETE OFFERS
deur Majoor Tiaan Crafford
Aan almal wat hiervan kennis mag neem. Saluut!
So begin die bevelskrif van die Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika wanneer uitsonderlike Suid-Afrikaanse Polisie Medaljes toegeken word.
In woorde kan jy nooit genoeg dankie sê vir al die helde wat die Suid-Afrikaanse Polisie al opgelewer het nie. Die beste poging om dit te vermag is die hoogste toekenning wat gemaak kan word – die Suid-Afrikaanse Polisiekruis vir Dapperheid wat sedert 1963 toegeken kan word. Ses helde is al daarmee vereer. Vyf is postuum – nadat hul die hoogste offer in die uitvoering van hul pligte betaal het – toegeken. Die enigste lid wat hierdie medalje persoonlik kon ontvang, is ‘n toekenning wat aan luitenant M.J. Slabber gemaak was vir sy besondere en buitengewone dapperheid wat hy gedurende ‘n nag in 1973 langs die oewer van die Zambezi openbaar het. Langs loodregte kranse, onder uiters gevaarlike toestande, is die lewe van konstabel Heydenrich gered. Selfs vir die helikopter was dit te gevaarlik om ‘n reddingspoging aan te wend.
Onder buitengewone omstandighede is die Suid-Afrikaanse Polisiester vir Voortreflike Diens aan konstabels G.J. van Zyl en P.W. Pretorius toegeken ter erkenning van besondere heldhaftigheid en deursettingsvermoë aan die dag gelê toe drie persone, wat by rioolwerke deur gas oorweldig is, van ‘n gewisse dood gered is.
Ongekende dapperheid het veral ‘n groot voorkoms waar lede van die polisie ander van ‘n gewisse waterdood red. So het sersant J.G. Pietersen te Pafurigrenspos tydens ‘n ongewone vloed by die sameloop van die Limpopo- en Levuburiviere ‘n leeue-aandeel in die redding van 67 lewens gehad. Hy is vereer met die Suid-Afrikaanse Polisiester vir Voortreflike Diens. Op dieselfde wyse is aan nog ‘n sersant Pietersen, te wete sersant J.P.H. Pietersen, dank betoon deurdat hy twee persone uit die ontstuimige branders by Drie-ankerbaai gered het.
Tonele van dapperheid, wat die omstanders aangegryp het, het hul op 21 Augustus 1971 afgespeel toe boere en hul werknemers in die Oos-Kaap deur vloedwaters oorweldig is. Die hoofspeler in die rol van Wolraad Woltemade was sersant J.W. Fouche. Aanvanklik het hy die mense teen die vloed gewaarsku en met raad en daad gehelp. Ander was verplig om gedurende die nag op die dakke van hul huise en in bome deur te bring. Toe die eerste sonstrale die toneel begin verlig, was daar in ‘n besondere geval 31 mense wat tot by hul bene op die dak van ‘n plaasopstal onder water was en diè het begin tekens toon om inmekaar te tuimel. Hy het uit die helikopter gespring en hule skouerhoogte die helikopter ingehelp.
Nog later het ‘n Kleurlingvrou en haar kind uit ‘n boom in die water geval. Sersant Fouche het uit die helikopter in die watermassa gespring en die kind opgeraap net toe die moeder die kinder verloor het. Beide is gered. So is altesaam 104 lewens gered. Wat ‘n uitputtende operasie moes dit nie gewees het nie. ‘n Landdros het eenmaal gevra: “Waarom is polisiemanne bereid om deur vuur te loop as dit moet, ten spyte daarvan dat juis hulle bewus is van die gevare daaraan verbonde?”
‘n Sprekende voorbeeld hiervan en hoedanig samewerking en onderskraging tussen kollegas in die Suid-Afrikaanse Polisie kan wees, het hom in die Strand in 1974 afgespeel. ‘n Huis was in digte rookwolke en vlamme gehul – die deure en vensters gesluit. ‘n Weduwee was vermoedelik binne vasgevang. ‘n Aantal omstanders, waaronder ‘n lid van die Brandweer, het op daardie stadium reeds, sonder sukses, gepoog om die vuur met ‘n tuinslag te blus. Trots die versengende hitte of enige ander hulpmiddels om suurstof te kry het luitenant J.J. Dowd, sersant J.C.M. Hanekom, Kleurlingkonstabels B. Swart en H.G. Joseph, die huis sonder aarseling deursoek maar dit was soos om botter aan ‘n galg te smeer. Hulle moes telkens buite kom asem haal om net maar weer al die gevare van nuuts af te trotseer. Oplaas in ‘n bewustelose toestand terwyl die plastiese-ventilasiestene en elektriese bedrading al smelt, het hul die bewustelose mevrou Heyns vir mediese behandeling na buite gebring. Die span het vir hierdie dienste van voorbeeldige aard, elk ‘n Suid-Afrikaanse Polisiester vir Verdienste ontvang.
So ook sersant J.A. du P. Marè en konstabel J.P. Botha wat op die Leslie-Delmaspad ‘n verbete stryd gevoer het om ‘n brandende plofstofvoertuig te blus. Sersant Marè het op ‘n stadium probeer om die voertuig uit die beboude gebied te neem, maar die enjin het gestol en hy kon nie wegkom nie. In die proses om die vuur te blus, moes beide polisielede onder die voertuig inkruip. In die voertuig was 295 sakke plofstof. Uiteindelik met die vuur geblus, kom die bestuurder, ‘n Blanke man, en sy Swart passasier soos mosterd na die maal daar aangesit – hulle wou glo aankomende voertuie voorkeer.
En so kan daar gedurende die afgelope 70 jaar van die bestaan van die Suid-Afrikaanse Polisie baie medaljes aan lede van die Mag uitgedeel word vir heldedade verrig, te veel om op te noem. Baie het alleen op verafgeleë plekke hoë offers gebring en sonder dank het hul dapper dade vergete geraak.
Hoe afgryslik moes die dood nie vir sersant L.J. van Staden en A.J. Greyling gewees het nie toe hulle tydens die onluste van 19 September 1937 in die Swart woonbuurt van Vereeniging tot die dood toe gestenig is. Hul lyke was onder hope klippe uitgehaal.
In ‘n voorportaal van John Vorsterplein polisiestasie is ‘n gedenkplaat ter ere van die 24 jarige Cornelius Johannes Veldtman aangebring – hy het sy eie moordenaar op 19 November 1938 gearresteer. Hy wou ‘n Blankeman, ene Scott, arresteer op ‘n klagte dat hy dames gemolesteer het. Scott skiet Veldtman egter in die maag en ontsnap. Die wond in sy maag ten spyt kon die ware polisieman nie van sy plig weghou nie. Hy het Scott te voet agterna gesit en op ‘n brug vasgekeer, waar Veldtman ‘n tweede skoot en wel deur sy kop toegedien was. Ondanks dit het hy nog deurgedruk, Scott gearresteer en aan homself vasgeboei. Veldtman is 3 dae daarna oorlede. Selfs op die randjie van die dood het hy nie sy plig versaak nie.

Uitgesaai deur die Afrikaanse Radiodiens (SAUK) in die program “In my kontrei”.
DEEL HIERDIE BLAD