South African Mirror
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us

DIE VROUEPOLISIE (II)

deur Kaptein M. de W. Dippenaar
Nongqai Vol 7 No 6
Dit is ‘n voorvereiste tot toetrede in die Mag dat dames oor ‘n St. 10 sertifikaat moet beskik en voor ‘n Keurraad moet verskyn.  Dit is ‘n groot dag as die keuring gedoen word en die Keurraad word gewoonlik begroet met ‘n stil, skoon en netjiese groep dames – hetsy Wit, Kleurling, Swart of Asiër.  Gewoonlik is hulle in hulle beste en mooiste rokkies met langkouse, hakskoene en ‘n handsakkie.  Die atmosfeer is gespanne en soms lol die senuwees maar baie.  Eenvoudige vragies kan dan nie beantwoord word nie en as die lede van die Keurraad soms nog waag om ‘n vraag in Engels te vra, skiet die oë sommer vol trane en die bolip begin bewe.  Toe aan ‘n dame gevra is om die eerste reël van die Volkslied op te sê, was sy stom.  Die Keurraad het probeer help deur te sê dit begin met die woord “uit” en toe kom die antwoord “Uit dieptes gans verlore”.  Aan ‘n Kleurlingdame is gevra “Can you bake a cake?”.  Toe sy bevestigend antwoord, was aan haar gevra om te verduidelik hoe sy te werk gaan.  Geen geluid het oor haar lippe gekom nie.  Toe die onderhoud afgehandel is en sy meer op haar gemak gevoel het, het sy baie gou ter verduideliking gese dat sy ‘n koek net “in Afrikaans kan bak”.

In die werksituasie doen vroue dieselfde werk as hulle manlike kollegas.  Baie van die take kan soms tragies of skreeusnaaks wees.  Een van die dames se eerste arrestasie na opleiding was ‘n man wat in die openbaar sy broek uitgetrek het en sy moes hom al die pad na die polisiestasie vergesel.  ‘n Ander dame moes ‘n driejarige blondekop seuntjie na ‘n huis van Veilige Bewaring neem nadat hy die hele nag buite moes deurbring omdat sy moeder hom vergeet het toe sy elders die nag met haar eie genietinge besig was.  Met koue modderhandjies en voetjies het hy die polisievrou vasgeklem en aanhoudend gesmeek “Ek wil na my mammie toe gaan”.  Selfs die gehardste polisievrou vee dan so skelm-skelm ‘n traan weg.

Daar is ‘n groot groep vroue-musikante in die Polisie-orkes en groot was die konsternasie toe die uniformromp te nou was vir die tjellospeelster.  Met ‘n bietjie dinkwerk en aanpassing kon die instrument ook later akkommodeer word.
Tyd vir ontspanning en beoefening van sport is daar ook en ‘n groepie dames het reeds Springbokkleure verwerf in atletiek, skiet, judo en karate.
​
Met lief en leed het die Vrouepolisie na 11 jaar gegroei tot bykans 1 700 lede en staan sy saam met haar manlike kollega in die stryd teen misdaad.  Nou nie meer ‘n nuwigheid of ‘n aardigheid nie, maar ‘n onmisbare deel in dienslewering aan die gemeenskap en haar land, Suid-Afrika.



Hierdie praatjie – en die vorige een wat oor die vrouelede van die Mag gehandel het – word met respek opgedra aan brigadier Duveen Botha, die eerste vroulike polisiebeampte en die groot aansporing agter ‘n suksesverhaal.

Uitgesaai deur die Afrikaanse Radiodiens (SAUK) in die program “In my kontrei”.
Polisie-Praatjies en Pensketse
DEDIKASIE EN VOORWOORD
INHOUDSOPGAWE
Volgende hoofstuk:
LUDI NOS EXCOLUNT

DEEL HIERDIE BLAD
SEARCH THIS WEBSITE
EXPLORE CATEGORIES
Equality before the Law
Equality before the Law
Former SAP Members Benevolence Trust
Former SAP Members Benevolence Trust
Publications
Publications
NONGQAI - Your national security history magazine without malice.
Free monthly publications
Former SA Police: 1913 to 1994
QUICK LINKS
Press Releases - Equality before the Law
Persverklarings - Gelykheid voor die Reg
Publications / Publikasies
Nongqai Magazine Latest Editions
Historical Documents
Police Commissioners
Police Memorials and Buildings
South African Mirror - Logo
South African Mirror
DISCLAIMER
CONTACT US
UPLOAD FILES
www.samirror.com

Website by Elsden Design Services
  • Home
  • Justitia
    • Donations - Foundation for Equality before the Law
    • Membership Application - Foundation for Equality before the Law
    • Press Releases >
      • Press Release 08 June 2022
      • Press Release 14 April 2020
      • Media Statement 02 December 2019
      • Press Release 12 April 2018
      • Press Release 12 June 2017
      • Press Release 12 May 2017
      • Press Release 27 April 2016
      • Press Release 22 May 2015
    • Persverklarings >
      • Persverklaring 14 April 2020
      • Persverklaring 26 Januarie 2020
      • Persverklaring 02 Desember 2019
      • Persverklaring 12 April 2018
      • Persverklaring 18 Julie 2017
      • Persverklaring 12 Junie 2017
      • Persverklaring 12 Mei 2017
      • Persverklaring 30 April 2016
      • Persverklaring 22 Mei 2015
    • The Conflict of the Past
    • The audi alteram partem rule
    • Church Street Bomb Incident
  • Benevolence
    • Generaalsklub' Nuus
    • Boodskappe vir Oordenking
    • Jaarlikse Byeenkomste >
      • Byeenkoms 2019
      • Byeenkoms 2018
      • Skaapbraai 2017
  • Nongqai
    • Historical Background
    • Nongqai Latest Editions
    • Previous Editions >
      • 2022 Nongqai Editions
    • Special Editions 2020
    • Special Editions 2019
    • Special Editions 2018-2015
    • History of SERVAMUS
  • Historical
    • Publications
    • Historical Documents
    • History of the Former South African Police >
      • Articles of Historical Significance
    • Police Commissioners
    • Mounted Police
    • SA Police Medals
    • Police Memorials and Buildings
  • About Us
  • Contact Us