"WAGTERS OP DIE MURE"
deur Majoor Tiaan Crafford

In landmynontploffings, vuurpylaanvalle op basisse, hinderlae en alle slinkse sette van die terroris het die Woltemades, Dirkie Uyse en Louw Wepeners hul onderskei deur dapper die hoogste tol te betaal, letsels op te doen of onmenslik moeilike druk te weerstaan.
Die Silvertonbeleg is, byvoorbeeld, nog vars in ons geheue.
Die Suid-Afrikaanse Polisie kyk ook trots terug na dienste gelewer op ons gevaarlike kuslyne, verafgeleë grense en in die destydse Rhodesië waar vreeslose optredes sonder inagneming van eie veiligheid aan die orde van die dag was. So het ‘n Swart konstabel, K.L. Chaka, sy onverdeelde lojaliteit en trou betoon toe hy op die Zambezirivier deur ‘n terroris in die linker bo-arm en kop geskiet is nadat hy homself in die pad van die koeëls gewerp het om sodoende die lewe van ‘n blanke adjudant-offisier te red.
By ‘n ander geleentheid is besondere dapperheid en buitengewone volharding aan die dag gelê toe die polisiebasis van luitenant A.T. Meiring op 26 Januarie 1973 om 19h30 deur terroriste met vuurpyle, mortiere en geskutvuur aangeval is. Met die ontploffing van die eerste vuurpyl binne-in die basis, is luitenant Meiring en sersant F.J. Strydom in die lug geslinger – beide doen harsingskudding op. Bloed het uit die luitenant se ore gestroom, hy kon nie beweeg nie maar het sy bewussyn behou. Hy het sy manne bly aanmoedig en later orent gesukkel om sersant Strydom wat in die maag getref was, te help. Luitenant Meiring is ook deur verskeie kartetssplinters getref en het langs ‘n brandende grasskerm geval wat trouens ‘n tent laat ontvlam het. Val al die wonde was hy nou verlam en kon nie beweeg nie. Sy uniform het aan die brand geslaan. Ondanks sy eie menigvuldige wonde en veiligheid het sersant Strydom vir luitenant Meiring na veiligheid gesleep om sodoende nog twee vuurpyle wat in die basis ontplof het, te ontkom. Terwyl die kragte van die twee lede afgeneem het, het sersant N. Terblanche en konstabel C.R. Duvenhage bevelvoering aangevul deur aan te moedig, ammunisie uit te deel en brande onder beheer te kry.
Konstabel Duvenhage het die veiligheid van sy skuiling verlaat en het trots hewige geweervuur, ontploffende vuurpyle en kartetsskerwe wat hom in die proses getref het, voortgebeur ten einde die radiotent te haal waar radioverbinding vir versterking gemaak kon word. Die aanval het ‘n uur geduur, dog die aanvallers is uiteindelik teruggedryf.
In die anale is, soos baie soortgelyke gevalle, ook daardie bloedige warm dag in die Zambezi Vallei opgeteken waar Dirk Hattingh met twee verwonde makers byna van die dors versmag het terwyl die polisie en die terroriste oor hul koppe heen op mekaar gevuur het. Bloed het gevloei en verhale van dapperheid word vandag nog vertel.
‘n Vreemde ondervinding is die wat Chris van den Bergh met ‘n andersoortige terroris gehad het – hy is net so slinks en agterbaks en maak baie seer. “Krokodil” van den Bergh, soos hy herdoop is, was toe maar net 19 jaar oud, maar groot en sterk soos ‘n reus en mans genoeg vir ‘n leërskare Filistyne. Op diè dag wat hy sy skottelgoed ‘n bietjie dieper in die rivier staan en was het, had hy die ondervinding van vele konfrontasies sonder om ‘n enkele skrapie op te doen. Toe ta, ‘n uitgegroeide knewel, sy bo-been vasvat, sit Van den Bergh hom vinnig kis deur met brute krag die oë van die krokodil in hul kaste weg te druk – sy duime stukkend tot op die been. “Krokodil” Van den Bergh het 70 steke in sy bo-been gekry en sien glo alweer kans vir die volgende rivierbewoner om ook die krokodiltrane te laat huil.
Dit was nie die enigste geval waar die vyand onverskrokke die loef afgesteek is nie. Die legendariese “Rooi Rus’ of te wel brigadier Theuns Swanepoel van Foxstraat-faam het by geleentheid met ‘n handjievol lede van die Mag by ‘n omsingelde polisiekamp, waar ‘n woeste en verbete geveg met terroriste gewoed het, opgedaag. Doodsveragtend, met wapens vlammend op die vyand, het die polisie se Gideonsbende ingestorm en verkies die terroriste om eerder holderstebolder die hasepad te kies. Vir hierdie manne het hulle nie kans gesien nie. Dit is dade soos hierdie, al die ander en selfs die wat in die gees van polisieman-wees heers wat Danie Stegman, ‘n oud polisieman, noop om te skryf:-

“Wees gewaarsku, jy die vyand, Vyf van die ses Suid-Afrikaanse Polisiekruise vir Dapperheid is postuum toegeken. Ons salueer hul nagedagtenis.
Uitgesaai deur die Afrikaanse Radiodiens (SAUK) in die program “In my kontrei”.
|
DEEL HIERDIE BLAD